Goedkoop koeels anoniem

Post Reply
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Goedkoop koeels anoniem

Post by 308Win »

'n Vriend en ek sit nou die aand by die vuur en dink terug aan die dae wat bakkies 1800 en 2 liter (3y) petrol enjins gehad het. En praat oor die ou 2,4 diesel (2L enjin) van Toyota. Ons praat oor oor nuwe bakkies en wat hulle deesdae kos. Ook oor al die fieterjasies aan deesdae se bakkies. Elektriese stoele, klimaatkontrole, kameras na agter en wie weet wat nog. En die klient betaal.
Hy vra toe 'n interessante vraag: Gestel Toyota bou weer so 'n 1990 tipe bakkie. Wat kan WERK. (Ek praat nie van die chinese kopiee wat uitmekaarval en met minderwaardige blik gemaak word nie.) Sou so 'n bakkie verkoop?

Ek se toe vir hom ek dink nie so nie. Want 90% van bakkies wat deesdae verkoop in teerpadvoertuie. Dit is waar die geld(en volume) le. Nie by die boere nie. Ek praat laasmaand met 'n persoon wat 'n hele paar bakkies op die boeke het wat in die Kalaharie elke dag grondpad ry. Hy kla. Sy Ranger se bakwerk kraak op 35000km. En die nuwe Toyota bakkies met 25000km op die klok kraak by die wielboog.

Dit is doodeenvoudig ook nie lonend vir 'n karmaatskappy om 'n voertuig te maak wat 20 jaar kan hou nie. Want dan gaan niemand sy nuwe model aanskaf nie...

Wat my laat dink het oor koeels (vir gewere).
Daar is deesdae 'n reuse hoeveelheid premium koeels op die mark. Boutiek koeels.
Vir jag is daar solied koper, koeels met afskortings, koeels waar die lood aan die mantel gebind is.
Vir skyfskiet is daar HPBT's van meeste vervaardigers, Met G1's bokant 0.5. Ook met plastiekpunte, En hibriede koeels.
Meeste ouens wat 1x per jaar die geweer uit die kluis uit haal om te gaan jag, koop gewone winkelpatrone. PMP.s of S&B. Met gewone konvensionele koeelpunte. Maar selfs die manne koop deesdae hoe gehalte patrone. SST's Oryx'e ens. Ouens wat net 2x per jaar skiet, laai gewoonlik nie. Nie lonend.

Terug nie die herlaaier. Die manne wat "3 gun shoot" laai gewone koeels. want dit is die goedkoopste vir hul AR15's.
Maar die res? As mens op die baan skiet, soek jy goeie akkuraatheid. Dus goeie punte. As jy ver skiet, soek jy iets met 'n goeie BC en akkuraat. Dus HPBT. Of ballistic tip. En die Nosler CC is nie regtig soveel duurder as PMP se sagtepunt as jy 1000 koop nie.
Wanneer ons gaan jag is dit punte wat nie opbreek nie. Duur punte. En die wat oes, skiet met Custom comps.

Wie laai dan nog vir homself goedkoop koeelpunte? Is dit nou iets wat in volume verkoop? Is dit sinvol om deur die hele proses van doppies skoonmaak, uitgloei, terugsny, nekke sny, dryfmiddel uitweeg ens te gaan en dan 2 rand te spaar deur 'n gewone PMP punt met gemiddelde akkuraatheid in die dop te druk? (3 gun shoot uitgesluit)

Ek het 'n ruk gelede 1000 PMP 143gr FMJ punte vir spotgoedkoop gekoop. Maar die goed skiet nie na my sin nie. Nou le hulle in die kas en wag vir?
C
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3629
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Goedkoop koeels anoniem

Post by Fanta300 »

Laat weet maar as jy van die 143gr FMJ's wil ontslae raak ;D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Goedkoop koeels anoniem

Post by 243Songdaug »

308. Skiet daai 147s op die Bosveld tabel van SA Jag
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Goedkoop koeels anoniem

Post by LoveHenties »

Ek, my PMP SP's spandeer lekker kwaliteit tyd op die baan.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Goedkoop koeels anoniem

Post by Hein M. »

Ek het juis die naweek van daai 147gr honnebollie na 'n 350m ghong in sterk wind gegooi. Dit was vet pret ;)
Post Reply