Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Het hier op afgekom en goed gedink om dit met julle te deel.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Jaco B
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Dankie vir die deel, sal gebruik met volgende scope opstel
- Gideon S
- Full Member

- Posts: 208
- Joined: Tue Jun 23, 2015 2:40 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Lekker manier. Dankie vir die deel Heinz. Ek het nog altyd gesukkel met daai klein Wheeler scope levellertjies. Hierdie lyk soos 'n lekker praktiese failsafe metode.
-
edwill
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Google Tall target test also!
Sent from my PSP5508DUO using Tapatalk
Sent from my PSP5508DUO using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13639
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Baie goeie video dankie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Ek het 'n magneet stel waarmee ek eers die geweer level. Daarna level jy die teleskoop met die 2de magneet. Tenspyte hiervan was my telekoop nog steeds skeef toe ek op die skietbaan kom. Wat ek wil sê is dat die magneet levels nie altyd so akkuraat is nie en 'n mens se oog kompenseer baie keer vir 'n skewe ding. Daarom is dit altyd goed om die teleskoop te stel en dan vir 'n dag in die kas terug te sit. As jy die volgende dag weer kyk moet jy soms weer stel.
Hierdie video is baie waardevol, maar jou geweer moet steeds "level" wees. As die geweer uit is, gaan dit nie help nie.
Hierdie video is baie waardevol, maar jou geweer moet steeds "level" wees. As die geweer uit is, gaan dit nie help nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Belangrik om te weet is dat jou kruishaar nie noodwendig level met jou scope se turrets is nie so daai level oo die turret werk nie altyd nie.
Oulike video!
Oulike video!
- vbd
- Full Member

- Posts: 207
- Joined: Wed Mar 06, 2013 9:16 am
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
interessant veral die manier hoe die scope gemount is.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Net so! Ek gebruik ook daai Wheeler stelletjie, maar bevestig dit maar met 'n loodlyn op die baan!Arnold wrote:Belangrik om te weet is dat jou kruishaar nie noodwendig level met jou scope se turrets is nie so daai level oo die turret werk nie altyd nie.
Oulike video!
Aim small, miss small
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1652
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Aai tog nou wonder Ek. Ek weet al my gunne is reg en skiet reg. Maar nou moet Ek alles weer op n nuwe menier bevestig.Arnold wrote:Belangrik om te weet is dat jou kruishaar nie noodwendig level met jou scope se turrets is nie so daai level oo die turret werk nie altyd nie.
Oulike video!
Dankie vir hierdie draad. Lekker nuwe "tricks" geleer
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Ek het ook so 'n Wheeler stelletjie, en het ook agtergekom dat die montering van 'n scope se kruishare nie altyd perfek loodreg is nie. Toe toets ek die waterpas van die Wheeler, en kom toe agter dat sy lesing verskil as jy hom 180 grade roteer op 'n 100% waterpas oppervlak. Hulle werk nou perfek nadat ek hulle "gekalibreer" het deur hulle op 'n 100% waterpas marmerblad op fyn skuurpapier af te werk, todat daar geen verskil was as ek hulle 180 grade roteer het nie. Dan toets ek ook finaal met die loodlyn metode soos in die video. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Nou die is waar my probleem inkom. Hoe doen julle manne dit?? En hoe sorg julle dat geweer so bly terwyl julle aan die scope se montering werk??Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Ek gebruik 'n waterpas op 'n gelyk vlak erens op die aksie en as dit waterpas is, draai ek die levertjie van die harris of F-klas bipod vas, sodat dit daar bly. Dan stel ek die teleskoop op tot die kruishaar waterpas is en dan sit ek die scope level op.Pvdw wrote:Nou die is waar my probleem inkom. Hoe doen julle manne dit?? En hoe sorg julle dat geweer so bly terwyl julle aan die scope se montering werk??Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Aim small, miss small
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Die enigste effektiewe manier is om die geweer maar te klamp. Ek gebruik sommer cable ties waarmee ek die geweer aan die geweer-rus vastrek. Ek trek hom net styf genoeg vas sodat ek nog fynere verstellings kan doen tot die geweer-aksie perfek waterpas is. Dit beskadig ook niks op die geweer nie, en dit hou hom styf genoeg vas dat hy nie weer skuif as ek met die monteer van die teleskoop besig is nie.Pvdw wrote:Nou die is waar my probleem inkom. Hoe doen julle manne dit?? En hoe sorg julle dat geweer so bly terwyl julle aan die scope se montering werk??Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Miskien moet jy dit verduidelik. Sommige kenners se gewere is effens gekantel om aan te pas by sy/haar aanlê van die skouer af. Wat belangrik is, is dat die kruishare van die teleskoop waterpas (loodreg) opgestel moet word. Jou "anti-cant" waterpas is dan opgestel volgens jou teleskoop en nie volgens jou geweer se kanteling nie.Jean Marais wrote:Ek het ook so 'n Wheeler stelletjie, en het ook agtergekom dat die montering van 'n scope se kruishare nie altyd perfek loodreg is nie. Toe toets ek die waterpas van die Wheeler, en kom toe agter dat sy lesing verskil as jy hom 180 grade roteer op 'n 100% waterpas oppervlak. Hulle werk nou perfek nadat ek hulle "gekalibreer" het deur hulle op 'n 100% waterpas marmerblad op fyn skuurpapier af te werk, todat daar geen verskil was as ek hulle 180 grade roteer het nie. Dan toets ek ook finaal met die loodlyn metode soos in die video. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat die geweer 100% korrek waterpas opgestel is by die monteer van 'n teleskoop.
Dit is maar dinge wat ek lees en dit maak vir my sin.
-
Albert84
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Na ek daai plastiek Wheeler waterpassies gebruik het se my vriend vir my dis die skeefste wat hy nog n scope gesien het wat met waterpassies op gesit is.
Nou maar toe het ek maar opgradeer na die aluminium stel. Een waterpas kan jy met twee "grub screws" kalibreer en die ander een klamp op die loop vas en kan ook stel, werk baie beter.
Nou maar toe het ek maar opgradeer na die aluminium stel. Een waterpas kan jy met twee "grub screws" kalibreer en die ander een klamp op die loop vas en kan ook stel, werk baie beter.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/Kruishare%20korrek_zpsoblytiiv.png
Dit maak nie saak hoe die "canting" van die geweer opgestel is nie. Die feit is dat die vertikale lyn van die teleskoop, perfek in die middel van die loop sal deurloop as jy 'n denkbeeldige lyn sou trek. Dis waar die loodlyn metode handig te pas kom, want indien die teleskoop korrek monteer is, SAL die loodlyn presies in die middel van die loop gesien kan word.
As jy die nie so doen nie, sal die regtekanste prentjie in die ullistrasie hierbo van toepassing wees, en sal die teleskoop nie korrek verstel nie.
Dit maak nie saak hoe die "canting" van die geweer opgestel is nie. Die feit is dat die vertikale lyn van die teleskoop, perfek in die middel van die loop sal deurloop as jy 'n denkbeeldige lyn sou trek. Dis waar die loodlyn metode handig te pas kom, want indien die teleskoop korrek monteer is, SAL die loodlyn presies in die middel van die loop gesien kan word.
As jy die nie so doen nie, sal die regtekanste prentjie in die ullistrasie hierbo van toepassing wees, en sal die teleskoop nie korrek verstel nie.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Hoekom moet die geweer level wees? Hoekom nie net die teleskoop level teenoor die aarde nie?
As jou teleskoop level maar nie die geweer nie hoekom sal hy nie dieselfde stel teen opsigte van swaartekrag en wind nie?
As jou teleskoop level maar nie die geweer nie hoekom sal hy nie dieselfde stel teen opsigte van swaartekrag en wind nie?
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar
Die kruis van die scope en die koeëlbaan gaan dan net op een plek mekaar ontmoet - by die zero afstand.Arnold wrote:Hoekom moet die geweer level wees? Hoekom nie net die teleskoop level teenoor die aarde nie?
As jou teleskoop level maar nie die geweer nie hoekom sal hy nie dieselfde stel teen opsigte van swaartekrag en wind nie?
Sien hier.....
https://bangsteel.wordpress.com/2013/05 ... ifference/
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
As ek reg lees moet jy maar net jou teleskoop level en die geweer kan maar effens af van level wees.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Arnold, ek het dit ook so. Maar ek het agtergekom dat ek gemaklik skiet as die geweer self ook "level" is, so ek doen dit nou maar so.... Anders gestel, moet die "anti-cant" level saam met die teleskoop werk en nie saam met die geweer nie.Arnold wrote:As ek reg lees moet jy maar net jou teleskoop level en die geweer kan maar effens af van level wees.
Aim small, miss small
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Eugene ek hou van jou bipod igee as stut/rus terwyl jy werk.
Jean ek gebruik huidiglik rofweg selle tegniek as jy maar ek het maar te gereeld daai effe skuif wat plaasvind voor ek klaar is en dan begin die twyfel my inhaal en ek begin als weer van voor.
Jean ek gebruik huidiglik rofweg selle tegniek as jy maar ek het maar te gereeld daai effe skuif wat plaasvind voor ek klaar is en dan begin die twyfel my inhaal en ek begin als weer van voor.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar "level" te kry
Ek stem met die artikel saam, en die deel waar die 90grade kantel van die geweer/teleskoop verduidelik word, som vir my die situasie perfek op. Daarom stem ek met Eugene hierbo saam. As die scope EN die geweer van die begin af vanuit 'n waterpas posisie met mekaar opgelyn is, word die inskiet van die scope in elk geval daarna op die koeëlbaan ingestel, ongeag tipe koeël. Al wat gebeur is dat die foutfaktor uitgeskakel word, m.a.w. die koeëlbaan sal ooreenstem met die vertikale lyn van die kruishaar, op enige afstand, en nie effe links/regs van die kruishaar lê nie.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Hoe om jou teleskoop kruishaar
Ek stem saam, die geweer kan maar effens gekantel wees solank die scope level is.Arnold wrote:Hoekom moet die geweer level wees? Hoekom nie net die teleskoop level teenoor die aarde nie?
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.