Planne vir 'n herlaai bank
-
OomKobus
Planne vir 'n herlaai bank
Goeie naand al jul boffins,
Ek hou jul al geruime tyd dop.
Nou is dit my beurt om raad te vra. My baas het sopas die hele huis herbreeek en herrankskik nou het ek my eie vertrek vir my kluise, trofees, lessenaar en rekenaar. Hier trek ek die deur toe skakel my musiek aan en gaan slaap baie later. Nou het ek spasie vir 'n permanente herlaai bank. Dus hoef ek nie elke keer alles wegpak nie. Ek het swaar sleeper planke van 75 mm dik en 300mm breed beskikbaar.
Alle planne en raad sal verwelkom word.
Oom Kobus

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Kobus ek gaan met aandag luister wat die manne vir jou se, ek is met min of meer dieselfde projek besig. terwyl dit nou jou eerste post is wil ek jou sommer aanmoedig om so iets oor jou self te se. nou nie iets soos jou ingroei toonaels nie
eerder watter kaliber(s) jy voor herlaai em wat is meeste in jou teleskoop maw jakals of bokke? welkom
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Oom Kobus
Selfde kano is oom in gewees, ek het ook nou my eie PRIVAAT KANTOOR. Ja hier kan ek die blik kruit, doppe, tumbler en koele sit waar ek dit wil sit en NIEMAND sal hom skuif nie. Ek hou hom skoon en ek hou die sleutel.
Oom moet maar die bank bou soos dit Oom gaan pas. Kyk planne en idees maar op die ou einde is dit Oom wat daar gaan werk. Ek het myne so gebou dat ek op een tafel herlaai en dat die doppe ens op 'n ander plek gestoor word. Alles is binne reik-afstand

Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
- Robert
- Sr. Member

- Posts: 425
- Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Oom Kobus. Welkom by ons. Stel oom so bietjie bekend. Van waar en so aan. Ek het my tafel van hoek yster gebou en stewige planke bo op vas geboud. My presse daarop vas. Ek het rakke onder in gebou vir al my boeke en tools en bo op n rak vir skale en gooier. Kyk vir die boek"ABC OF RELOADING" daar is baie info in. Lekker laai en wees veilig. Robert
Oorwining deur opleiding
-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
OomKobus
Welkom by die forum.
Ek het ook vir my n instap kluis gebou.Alles is by mekaar en ek kan die deur toesluit!
Skryf iets oor jou self- van waar is jy?
Groete
Flip

.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
-
OomKobus
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Baie dankie aan almal se reaksie, veral Beyers Cronje met volledige planne,
Ek gaan nou nie soos more begin nie maar sal julle op hoogte hou van my vordering.
Ek stel voor dat Beyers ook 'n finale voor en sy-aansig teken wat die groter afmetings, skarniere en laaie aandui en dit aan almal beskikbaar maak.
Ek is 58, skiet steeds met dieselfde 7X57 wat ek in 1961 vir 'n .303 Lee Enfield Poena (nog in my kluis) verruil het. My jaggeweer is egter deesdae 'n .375 (Mauser K98) H&H Mag. pasmaak met Blenheim visier en korrel ("Ghost Rings"). Ek herlaai, 9mmP, .357Mag, .308 Win., 30.06 Springfield, 7X57 Mauser, .375 H&H Mag. en 12 boor (hoofsaaklik no 7's)
Ek is egter 'n jagter nie skieter nie. Het self-opgeleide Duitse Korthaar Pointer, Snip. Goed met Duiwe, Fisante, Tarentale en bloedspoor. Seker een van die bestes in die veld. Gaan haar volgende hitte weer laat dek as daar werklike honde manne is wat 'n super werkshond soek @ R2500 (3 babas reeds betaal en verkoop).
Ek gebruik RCBS Rock-chucker al baie jare met verskeie aanvullings.
Vandag se tariewe maak dit egter baie moeilik. Behalwe vir elke maand se klub "tabel" papier skiet, jag ek en my 4 seuns net een maal per jaar in die week naaste aan 1 Julie.
Het in 1992 as PH by Mel du Plessis, Sterkrivier, gekwalifiseer en 6 jaar as PH probeer oorleef. Maar om 4 kinders op skool en Universiteit te hou met 8 mde se werk per jaar, is moeilik. Is sedert 1998 weer voltyds Veekundige by Dept van Landbou Noordwes.
Ek soek steeds werklik bekostigbare jagplek. Net water en baie biltongwild en geen ander geriewe is nodig nie.
Groetnis,
Kobus du Toit
Stilfontein

Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Kobus
Ek haat laaie met 'n passie dis net 'n plek waar 'n mens bollie vergader. Die kaste is oop, jy kan jou toerusting sien, en dit forseer jou om die plek skoon en netjies te hou.
Hoeveel moet die bank langer en dieper?
Beyers
ps die files is in PDF hoe kan mens dit op die forum beskikbaar stel

DUTOITF
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Ek laai al van 1981 af en het op daadie statium vir my herlaai tafel laat maak met die volgende mates:
1,7 meter X 600mm. Die hoogte is van aller belang en die beste is om dit so hoog te maak om gemaklik op .n "bar" stoeltjie te sit en gemaklik die press tot op sy laagste punt te kan druk.
Ek het die "powder measurer" in die middel van die tafel geplaas en aan weers kante daarvan 'n press monteer om dan die porses maklik te maak. Die kruit skaal het ek 'n rakkie teen die muud gesit om sodoende gereeld seker te maak dat die regte hoeveelheid kruit gebruiuk word.
Indien jule 'm skes wil he of moontlik foto stuur epos aan faniedutoit30@yahoo.com.
1,7 meter X 600mm. Die hoogte is van aller belang en die beste is om dit so hoog te maak om gemaklik op .n "bar" stoeltjie te sit en gemaklik die press tot op sy laagste punt te kan druk.
Ek het die "powder measurer" in die middel van die tafel geplaas en aan weers kante daarvan 'n press monteer om dan die porses maklik te maak. Die kruit skaal het ek 'n rakkie teen die muud gesit om sodoende gereeld seker te maak dat die regte hoeveelheid kruit gebruiuk word.
Indien jule 'm skes wil he of moontlik foto stuur epos aan faniedutoit30@yahoo.com.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Beyers, as dit moontlik is wal ek graag daai planne sien.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Ek sal die programme probeer bluf en dit as BMP save.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Du Toit
Gaan op www.accuratereloading.com se forum. Daar is manne met interessante trofeekamers. Daar kan mens ook 'n paar idees kry. Dit is nou wel Amerikaners maar hulle het nogal oulike idees.
Groete
Gaan op www.accuratereloading.com se forum. Daar is manne met interessante trofeekamers. Daar kan mens ook 'n paar idees kry. Dit is nou wel Amerikaners maar hulle het nogal oulike idees.
Groete
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
[img width=560 height=318]http://i732.photobucket.com/albums/ww32 ... aibank.jpg[/img]
[img width=549 height=480]http://i732.photobucket.com/albums/ww32 ... aaiiso.jpg[/img]
[img width=549 height=480]http://i732.photobucket.com/albums/ww32 ... aaiiso.jpg[/img]
-
DUTOITF
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Dankie Spekieries,
Soos gemeld is myne dood eenvoudig en gebruik ek dit al sedert vroeg 1980's.
Vir my is die goue reel om dit wat jy werklik nodig het op jou tafel te he en die res elders te bere tot jy dit nodig het.
Die proses and gemak waarmee jy die doppe kan hanteer is vir my baie belangrik veral as jy baie patrone op 'n slag moet laai.
M.a.w hoe eenvoudiger hoe makliker!

grumpy
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Kobus, my naam is Johann. My vrou se eks man bly in Stilfontein en ons twee kom eintlik baie goed oor die weg. Ons het verlede jaar gaan jag en gaan nou oor twee weke weer jag. Ek gaan skiet Roibokke teen R 500 n ooi en Koedoe koeie teen R 2000. So 160km anderkant Klerksdorp.
Ons moet maar gesels as jy eendag wil saam gaan.
Groete en welkom.
Ons moet maar gesels as jy eendag wil saam gaan.
Groete en welkom.
-
OomKobus
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Naand manne,
Hierdie gespreksblad is ongelooflik. Ek haat facebook en daai twak en was bietjie huiwerig oor hierdie. Maar julle almal wat reageer is puik. Ek let ook op hoeveel ander ouens loer. Beyers ek het jou planne op A5 gedruk. Ek dink hierdie bank gaan baie gouer werklikheid word as wat ek gedink het. Fanie en Grumpy ek e-pos jul later.
Dankie. Ander idees en insette is steeds welkom.
Oom Kobus
Hierdie gespreksblad is ongelooflik. Ek haat facebook en daai twak en was bietjie huiwerig oor hierdie. Maar julle almal wat reageer is puik. Ek let ook op hoeveel ander ouens loer. Beyers ek het jou planne op A5 gedruk. Ek dink hierdie bank gaan baie gouer werklikheid word as wat ek gedink het. Fanie en Grumpy ek e-pos jul later.
Dankie. Ander idees en insette is steeds welkom.
Oom Kobus
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Hier is 'n paar ander ontwerpehttp://reloading-bench-plans.blogspot.com/
Die een wat ek hierbo wys is gebaseer op die laaste een op die webblad.
http://www.shotgunsportsmagazine.com/downloads/bench_plans.pdf
http://www.bullnettlenews.com/forum/yaf_postst1540_Blue-prints-for-reloading-bench.aspx
Die volgende een het baie goeie idees
http://www.zjstech.net/gunstuff/reloadbench.html
en nog een
http://sniperrifle.org/hand-loading-and-reloading/reloading-bench/

Last edited by Beyers on Fri May 06, 2011 10:04 am, edited 1 time in total.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Ons ouens wat gelukkig genoeg is om 'n ten volle uitgeruste herlaai kamer tot ons beskikking het besef eers hoe gemaklik/gelukkig ons is as ons bietjie moet sukkel sonder al ons toerusting.
Help gereeld manne met die opstel van hul eerste herlaai stelle en dit kan nogal frustreerend raak om alles elke keer uit te pak en weer weg te pak.
Vroulief het al aanvaar - sy moet oordentlik dreig of g..lek om my uit my geweerkamer uit te kry as daar iets om die huis gedoen moet word.
Oom Koos - welkom by ons op Jaracal.
Beyers - jou planne lyk reg ou maat - my herlaai bank lyk baie dieselfde - ek monteer net nie my perse(waarmee en sizing doen) op my herlaai bank nie, maar wel op stewige staal raamwerke aan weerskante van die herlaaibank. Die pers waarmee ek die punte seat kan wel op die herlaaibank monteer word.
Groete.
Jaco

Dont tell me, show me......
-
OomKobus
Re: Planne vir 'n herlaai bank
Goeie naand,
Julle manne roer hierdie gespreksblad,
Dankie weer Beyers vir jou moeite. Hou van jou oorspronklike idees. 243Songdaug dankie ook vir jou idee. Jagbehep, ek werk in Potch. Kontak my gerus.