Ek is Bertus van Alberton.
Baie bly om die forum te ontdek.
Ek is aan jag en skiet verslaaf, lyk my soos meeste van die lede
Ek het begin met n 308 norma magnum, a.k.a Naas-montgomory, skop jou enamel van jou tande af
Omdat fabrieks ammunisie nie besikbaar was vir die kaliber nie moes ek begin herlaai.
Hier het oom Cassie my baie mooi gehelp.
Vandag is dit my "go-to-gun". Dankie oom.
Na die vreeslike gogga gebyt het, het ek natuurlik nog n paar roere aan geskaf!
My volgende roer was toe n .243win Howa 1500 .
Die roer se bene het ek al gerek tot op 1000m met bietjie sukses. 87gr Berger loop soos stroop!
Omdat ek n kort mannetjie is het ek toe vir my n .416 Ruger aan geskaf om op te maak vir my lengte
Ek het die jaar met hom blouwildebees laat bakkie ry.
Ek sien baie uit om saam te gesels en te leer van manne wat kan!
Groete
Kleinbaas

