Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
wlmpi
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Jul 12, 2016 1:37 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by wlmpi »

Gawie(13mm) wrote:
PWV wrote:Welkom, Willem.
Wat is 'n Sosiale jagter?
Oom moet oplet in die klas! Die "s" is met 'n hoofletter gespel. Dit werk seker soos 'n "skilpad braai"; meer dop as tjop? >:+
Welkom Willem.
Thanks Gawie. Eintlik moes SOSIAAL in hoofletters gewees het. Wanneer die geleentheid hom opdoen. En indien daar nie 'n geleentheid is nie dan skep jy bitter vining 1. Maar met deesdae se wilds pryse is dit ook maar moeilik.
Stucki
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Wed Jul 13, 2016 8:53 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Stucki »

More Menere,

Dankie vir die toelating tot jul geledere!

Ek woon in Port Elizabeth en geniet hierdie natuur (..amper net so baie soos Namibie s'n!!) ..vandaar my gereelde staptogte op vriende se plase in die omgewing. Gedurende jagtyd (of as daar bobbejaan- of soortgelyke probleme is) neem ek 'n skietding saam.

My dra-goed is gewoonlik van die volgende:
- Musgrave .243
- Musgrave .30-06
- Accuracy International .308 (vir lang afstand skiet)
- Browning .22 (1912 model)
- Daystate Windbuks
- Hand gewere....

Dankie!!
Groete
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by ruaanb »

welkom!
Stucki
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Wed Jul 13, 2016 8:53 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Stucki »

ruaanb wrote:welkom!
Baie dankie!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom, Stucki!
Sien jy het genoeg vuurstokke. Daai AI .308 kan jy maar na my kant toe laat kom!
flippie2
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Sep 01, 2015 7:47 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by flippie2 »

Goeie môre al die forum lede. Wil my graag uiteindelik voorstel nadat ek al lank kennis tap uit Jaracal.
My naam is Philip Coetzee en ek bly hier in die Noord-Kaap naby Niekerkshoop, is n skaap en wildboer en
Is gelukkig of ongelukkig een van die 243 uglie manne...
Baie dankie vir hierdie wonderlike forum
walvis2923
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Thu Jul 21, 2016 2:58 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by walvis2923 »

Hallo julle

Ek is Tertius Myburgh van Windhoek, Namibie. Dankie vir die goeie forum. Ek wonder of julle my sal kan help met ladings vir my 30.06.

Op die oomblik het ek die volgende info:
Nosler doppe en Nosler 180grein ballistic tip punte met CCI primers. S365
Ek laai op die oomblik 47,7 grein, ogive 66.10mm

Ek kry goeie groeperings, maar die petroon is baie stadig ek dink so tussen 1800 - 1900 per sekonde. (Weet nou nie of die foet of meter is nie)
Ek het gedink om vir die springbok jagte 150 grein punte te gebruik, maar dan moet ek weer van voor af begin speel met ladings en my scope (swarofski Z5 25x52 met 'n turrent) ook weer instel.

Enige hulp en voorstelle sal wardeer word.

PS Jammer as ek te veel hier gese het. Ek hou ook van visvang as ek die geleentheid kry.

Groetnis
Komasu
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Jul 23, 2016 7:35 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Komasu »

Dagsê almal

Die naam is Gerrit en ek woon in die Paarl (môresê Gawie).

Gebore in Cradock, Potchefstroom begin skool gaan, Kaap toe getrek en skool loopbaan daar voltooi.

Weermag toe en daarna natuurbewaring by Kaapse Technikon studeer, woon nou al omtrent 20 jaar in die Paarl en verdien my brood & botter & stukkie biltong as 'n "tuinboy".

Op 'n stadium erg mal gewees oor visvang en heelparty bote besit en dit baie geniet.

In 2006 eerste keer deur 'n vriend op 'n jagtog genooi en toe my enigste geweer op daai stadium die ou 303 wat ek by my oupa geërf het afgestof en skoongemaak en begin skiet. Na baaaaaie skote en paar "opgraderings" aangebring op die ou 303 was ek reg vir my eerste jagtog en is ons Namibië toe. Daar het ek ook my eerste koedoe en gemsbokke laat val en het die gogga my sommer paar keer diep raak gebyt.

Dis ook sommer net daar wat ek besluit het dis beter om eerder lood weg te skiet as om dit met 'n visstok weg te gooi en die boot is verkoop.

Ek het vir 5 jaar slegs met die 303 gejag, ek onthou nog goed dat as ons by 'n jagplek opgedaag het en daar was nuwe manne by dan was daar altyd daai ...... O jy skiet met 'n 303 of....... gradeboog grappies............. daai selfde monde het baie gou ander deuntjies begin fluit. Ek het net die 303 gehad, en ek het hom geken! Ek het geweet wat my perke en beperkings is en dit het vir my gewerk en ek het elke jaar my bokke gekry en nie kwesbokke gehad nie. Daai 303 het my eerste eland by Burgersdorp laat val.

Het so bietjie begin kleiduif skiet saam met 'n vriend en baie vinnig pleisters geplak daar waar daai gogga gebyt het, want daai is 'n duur prettige speletjie.

Ek het aangesluit by Kaapjag en SA Jag en so bietjie aan veldskiete begin deelneem.

Maar 'n man se kennis brei mos uit en jou gat jeuk as jy so na al die ander manne se mooi gewere kyk. Toe laat bou ek vir my 'n 300 H&H en 'n jaar later 'n 25-06 Rem.

So het my "behoeftes" met tyd gegroei en vandag besit ek 'n 12 Br Moroko O/U, .22 LR, 223 Rem, 25-06 Rem, 303, 300 H&H en 'n 375 Ruger.

Ek jag bitter graag en geniet altyd die paar dae in die veld om so bietjie kop skoon te maak. Ek probeer om jaarliks ten minste 2 - 3 jagte te doen en het al paar keer in Namibië, Oos Kaap en heelparty kere in die Wes Kaap gejag, maar die wiel is rond en myne rol baie maklik en sal met graagte nuwe plekke gaan uitprobeer as die pryse reg lyk. Ek het al 'n verskeidenheid spesies van klein (steenbok) tot groot (kameelperd) gejag maar my gunstelinge bly eland en gemsbok.

Ek het vir myself 'n buitekamer in 'n klein slaghuisie omskep en probeer (as tyd dit toelaat) al my wild self bewerk, en dit is nogals pret op sy eie. Dis lekker om na die tyd self jou karkasse te bewerk en sommer terselfdertyd terwyl jy met 'n bok werk weer sy hele jagtog te staan en herleef in jou gedagtes. Deur self met die karkas te werk sien ek ook watse skade die spesifieke geweer aangerig het en verskil in vleis skade vir verskillende kalibers en waar die skote was en hoe die punte lyk wat ek uithaal.

Ek is baie gelukkig met 'n vrou wat nog nooit gekla het wanneer ek gaan jag en soms vir 'n week van die huis af weg is nie, en sy eet nie eens rooivleis nie en verkoop nog meeste van my biltong & droëwors vir my.

Soos meeste jagters het ek ook 'n buffel op my wenslysie, maar daai is op my langtermyn wenslysie. Vir nou is dit Waterbok en vlakvarke, het dit nog nooit geskiet nie en wil bitter graag.
Ja dit klink seker snaaks vir meeste van die manne hier, maar ek het nog nooit 'n vark geskiet nie, nie vlakvark of bosvark of wilde vark nie. Ek het nog net nooit op 'n plek gejag waar dit beskikbaar was om te jag nie. Maar my kans sal kom, hopelik gou, hopelik vanjaar nog as ek net weet waar om te gaan.

Ek geniet enige vorm van jag. Loop & bekruip, voorsit en bakkiejag het almal 'n tyd en 'n plek in my boeke.

Een van die belangrikste dinge om 'n jag vir my 'n sukses te maak is die regte geselskap. Dit werk nie as die manne halfpad deur die jag begin om aan mekaar se gatte te krap en daar 'n ongemaklike atmosfeer is nie. Ek verkies 'n jaggroep van 2 tot maks 4 persone, tensy voorsit gedoen word waar meer gewere meer kanse kan gee. Ek jag die afgelope 10 jaar elke jaar ten minste een keer saam met twee van my beste vriende, en dit verruil ek vir niks nie.

Ek is oop daarvoor om saam met nuwe mense en op nuwe plekke te gaan jag, as die geselskap reg & betroubaar lyk. Ek is nie 'n groot drinker nie maar geniet wel 'n paar lekker biere om die vuur, maar 'n dronk mens was nog altyd vir my net vir 5 minute snaaks en daarna raak hy irriterend.

Nou maar ja, dis dit. Dink julle kry die prentjie, al wat julle nou nog nie weet nie is my onderbroek grootte en kleur.

Dankie & groete

Gerrit

Ns: Komasu beteken Silent Hunter/ Silent Killer................ al my gewere het kneldempers op, ek hou nie van goed wat onnodig skop of raas nie.

Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Hein M. »

Welkom Gerrit!

Dankie vir jou volledige bekendstelling! Aan jou skrywe kan ek sien dat jy dit hier baie sal geniet!

Mooiloop!
Komasu
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Jul 23, 2016 7:35 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Komasu »

Dankie Hein

Het maar so deur die vorige bekendstellings gelees en toe gesien die manne kla maar as jy jouself nie behoorlik bekendstel nie, toe probeer ek dit maar volledig doen.

Kon net nie blad skud nie. Maar dit sal seker nog kom.
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by mossie »

Komasu, baie welkom. As jy graag wil kan jy maar jou onderbroek se grote met ons deel - dan sal ons kan help as daar dalk langdurige hoofpyn ontstaan! ++>:
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Gerrit.

Dit is wraggies die meeste wat ek jou nog ooit hoor praat het. ;D
Welkom op Jaracal. Hier gaan jy erg vashaak. ;D
Groete by die huis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Komasu
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Jul 23, 2016 7:35 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Komasu »

Mossie daai sal maar my geheim bly.

Maak so Gawie, selfde daar.

My nou in trane gelag vir van die grappies.

Krap so tussendeur rond en kyk of daar nie 'n jagplek is nie, ons Namibië jag het nou deur die mat geval. Sal nou graag my waterbok wil skiet maar sien nie vars advertensies nie.

Ek is ook hopeloos tegnologies te gestremd om 'n avatar foto opgelaai te kry, lyk my my fotos is te groot, of dalk is ek te groot.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by ruaanb »

welkom Gerrit !
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom, Gerrit. Bly jy het jou so deeglik voorgestel - weet nou amper watter kleur onderbroek jy dra :P .
Herlaai jy? Skiet jy soms by Durbanville skietbaan?
Groetnis.
Komasu
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Jul 23, 2016 7:35 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Komasu »

Dagsê PW

Ek herlaai nie self nie maar het 'n vriend gehad wat vir my herlaai het.

Ongelukkig het hierdie Maandag baie blou begin met die slegte nuus dat daardie vriend van my Saterdag aand in 'n motor ongeluk was en vanoggend 3 uur in die hospitaal oorlede is.

So ek sal nou ander plan moet maak, maar daai is 'n ander dag se kopsere.

Ek het in die verlede gereeld by Durbanville skietbaan geskiet, maar toe die pad verbouings daar begin het het 'n paar van ons vir ons skiettafels op 'n vriend se plaas hier in die Paarl opgerig en is dit nou baie geriefliker om sommer gou deur die dag of naweke daar te gaan teikens of ghongs skiet.

Groetnis

Gerrit
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Jammer om van jou vriend te hoor.

Oor die herlaai kan jy maar met my gesels. Ek het 'n hart soos 'n Soweto-taxi. Altyd plek vir nog een. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Komasu
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sat Jul 23, 2016 7:35 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Komasu »

Dankie Gawie

Ek sal dalk op jou nommer moet druk.

Op die oomblik het ek nog genoeg gelaaide rondtes vir alles, maar ek sal so paartjies van elk moet uithou sodat mens net daarvanaf sal kan "copy & paste".

Punte, kruit & primers het ek als by my, maar my dies is nog by sy huis en ek gaan definitief nie nou daarvoor loop vra nie. Die regte tyd sal kom.

Hartseerste van als is die ou het nou vir omtrent 2 jaar moedig teen bloedkanker geveg en was op die punt om binnekort 'n beenmurg oorplanting te kry, en toe is dit op die ou end nie die kanker wat hom geneem het nie.

En so val nog 'n groot boom.

Nogmaals dankie vir die aanbod Gawie, ons praat weer.

Groetnis
johan99
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Jul 27, 2016 12:16 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by johan99 »

Hallo span. Ek as altyd johan1 maar het nou weer aangesluit as johan99. Was vir lank bietjie afgesny van eletroniese media maar is weer in posisie om bietjie deel te neem. Hoor gou van julle
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Ja, welkom terug, maar vertel van die moerse sprong van Johan1 na Johan99?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Hein M. »

PWV wrote:Ja, welkom terug, maar vertel van die moerse sprong van Johan1 na Johan99?
98 Stories...

Welkom terug ;)
User avatar
kragvark
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Aug 14, 2016 7:31 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by kragvark »

Middag almal!

My naam is Malcolm aka kragvark ;D

Eks 26jaar oud en is nog maar nuut in die stokperdjie.

Ekt skiet i Howa .308

Ek hoop ek kan nog baie by julle leer... :-[
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom, Kragvark.
Benewens jou "sterk" naam, skiet jy met 'n sterk geweer ook!
Ons wonder natuurlik waar kom jy vandaan?
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Eduard Venter »

Welkom kragvark. Hier gaan jy nog baie leer.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Post Reply