Langafstand Presisie Opleiding

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Langafstand Presisie Opleiding

Post by jjmare »

Vir die wat belangstel - Witzenberg tak van Kaapjag fasiliteer graag langafstand presisie skiet opleiding. Skakel JJ by 084 6133 767.

Module 1 - Basiese vaardighede

Program begin stiptelik om 0900 en sluit teorie asook praktiese skiet in. Hoofpunte wat behandel word is as volg:
1. Definition "marksmanship"
2. How does your attitude influence your shooting skill (bit of mental preparation)
3. The Integrated Act of Shooting:
Preparation
Firing Positions (Module 1 konsentreer op posisies wat gebruik gaan word om n geweer te "zero" - le en bankskiet tegniek)
Natural Alignment
Breathing
Trigger Control
Aiming
Follow Through
Declaration
Rhythm/Res
4. Ballistic Basics - including "Point Blank Range" zero distance concept
5. Meteorological Conditions Basic - (wind - velocity/direction/mirage, temperature, altitude influences)
6. Practical Musketry Coaching to confirm basics on shooting range at a distance of 100m
Coaching procedure
Fault Finding (shooter positions / group interpretation)
Fault Elimination
Conditioning

Module 4 - Langafstand Presisie Inleiding

1. 0900B - 1200B (Skietbaan) : "Integrated Act of Shooting" (fundamentals of shooting) BEGINSELS, Wat het jy, uitrusting gewys, nodig om op langafstand n presiese skoot te kan skiet, 100m Zero (Hoekom, Bankskiet en Le posisie (tweepoot/voorste rus), Basiese Ballistiese Konsepte, D.O.P.E en ander Ballistiese programme.

2. 1200B - 1500B (Veldskietbaan) : Praktiese Demonstrasie en Individuele Skietafrigting op staal gonge en Type E silhoutte teikens vanaf 400m tot 1600m.

3. Hierdie is slegs n Inleiding en ontwerp om as n bekendstelling aan die kuns en wetenskap van langafstand skiet te dien. Die fokus is egter op die basiese beginsels van skiet,onthou dat die pad na 1000m begin by 100m.

4. Bring eie verversings en baie water, stoel, wyerandhoed en sonskerm, notaboek en pen. Gewere opsioneel (in geweersak met slot verwyder asb, verkyker, LRF)

Die volgende Langafstand Presisie Inleiding is 03 Aug 2016 te Witzenberg Tak se klubskietbaan 10km buite Ceres op die R46 na Touwsrivier. skakel vir groepe en ander datums. As jy belangstel skakel bogenoemde nr om te bespreek.



Groete
Last edited by jjmare on Thu Jul 21, 2016 8:49 am, edited 2 times in total.
User avatar
ThinusD
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by ThinusD »

Hi JJ

Jis man ek wens om op so kurses te gaan. EK is ongelukkig bo in JHB.
As ek kan vra, Hoeveel sal so kurses uitwerk en is dit net n 1 of 2 dag kurses?
Groete
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS


[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by jjmare »

Hallo Thinus, Bogenoemde is n inleiding (0.75dag). Volledige kursusse is 3 dae maar kan in modules afgehandel word.
marco

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by marco »

JJ ek stel belang maar wat is die koste?
User avatar
VX70
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Jun 20, 2013 7:21 am

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by VX70 »

Ek sal ook baie graag so kurses wil by woon. Gaan/ is daar so iets vir jhb?

Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Glock 9mm
1898 Lee Enfield Long Lee 303
Sako Finnbear Super Deluxe Edition 7mm Rem Mag
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by jjmare »

skakel my asb direk vir kostes en datums. Besoek Western Cape Precision Rifleman se groep op FB vir nog info. en onthou "we are not teaching THE way, only A way..."
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Nico Harris »

Gooi maar pryse hier ook. Eks nie op facebook nie.
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by hennief »

Nico Harris wrote:Gooi maar pryse hier ook. Eks nie op facebook nie.
+1
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Grenslyn »

+1
Hein
FDV
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Tue Jan 15, 2013 8:31 am

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by FDV »

Ek kry nie die facebook blad nie. Het jy 'n link?
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Charles.308 »

Prys
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by jjmare »

Francois, die blad is "secret" - stuur vir my n FB friend request dan add ek jou.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by ruaanb »

so die prys is ook secret lol
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Grenslyn »

Ons het nie facebook nie. Kan jy ons dalk hier help???
Hein
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by jjmare »

Bel of whatsup - 084 6133 767 asb.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Nico Harris »

Prys asb?
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Grenslyn »

Nico, lees die post bokant joune. Dit is die tweede keer dat die man vra jy moet hom bel. Hy is 'n boer en doen die opleiding nie vir 'n lewe nie, maar uit die liefde van die saak. Daar is 'n dosyn faktore wat die prys beinvloed. Hoeveel weet jy reeds, watter modules wil jy dus bywoon, hoeveel mense is op die kursus, gaan jy na hom of kom hy na jou, ens...(Wat kos 'n kar???)

Ek het hom gister gebel. JJ is 'n baie aangename ou en het 'n groot passie vir skiet. Bel hom, jy sal nie spyt wees nie.
Hein
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by NicovanderMerwe »

Grenslyn is doodreg.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Nico Harris »

Hein goed om jou hier te sien. Ek het twee keer probeer bel maar lyn sny net af. Piep peip piep en weg. Ek glo dit sal ten voordeel van Jj en die ander forum lede wees as hy dit hier uit een kan sit. Maar hy kan self besluit wat hy wil maak.
Nou moet ek Jj bel. Die inligting kry en dan dit in email formaat sit om vir al my pelle te stuur wat dalk belangstel. Of Jj sit dit alles hier uit een en alam wat wil weet kan sien. Maak vir my meer sin. Maar almal dink nie dieslfde nie.

Groete

Nico
jjmare
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri May 23, 2014 3:31 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by jjmare »

Nico, stuur my jou epos adres dan stuur ek die info vir jou.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Nico Harris »

NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by NicovanderMerwe »

Wil net byvoeg en sommer die kursus en JJ homself "bemark". JJ is 'n vaardige skut wat telke male aangeprys was as goeie Infanterieskool Instrukteur tydens sy militêre loopbaan. Hy het baie goeie vaardigheid in die oordra van sy kennis met groot selfvertroue
Tans is hy 'n boer vir 'n groot boerdery organisasie in SA en meer spesifiek in Ceres area. Die kursus inhoud loop hand aan hand met leiding van topskuts in die VSA. Die inhoud is opgestel met JJ se vaardigheid en kennis. Vra uself af, wat is jy bereid om te betaal vir so 'n geleentheid en dan vra jy hom 'n kwotasie. Jy sal nie teleurgesteld wees nie. Lees my stukkie genaamd "eerste keer op 1600m" en dit is net 'n vinnige inleiding. Die man wil nie ryk raak uit die aanbied van die kursus nie. Hy het 'n liefde om met mense te werk en sy kennis te deel en kies hierdie platform daarvoor. Belangrik dat jy as voornemende student sal weet watter vereistes daar is met uitrusting en geweer om teleurstelling te verhoed. Kontak JJ. Hy is baie aangenaam.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Nico Harris »

Hallo Nico

Die onderwerp op Jaracal forum tov lanafstand skiet het betrekking

Baie dankie vir jou navrae. Gun my net om te se dat ek eerder op forums wegbly van pryse vasmaak vir enige tipe opleiding.

Eerstens wil ek net weer beklemtoon dat ons n spesifiek metodiek volg en dit is maar geskoei op my en ander se militere ervaring - ons fokus op robuste "KISS" tipe metodes en probeer regtig om die "marksmanship / riflemanship" deel skerp te hou - bv skat ons eers die wind op kursusse en dan meet ons om te kyk hoe naby aan die waarheid ons kan kom , selfde met afstand, DOPE ens. Ons fokus is daarop om in die kortste moontlik tyd vanuit enige posisie n presiese skoot te kan skiet op enige afstand enige plek in die wereld, o ja en ons het nie meer egos nie (ons leer elke dag en by alle skuts iets nuuts by)

Langafstand Presisie Inleiding is R400/persoon en duur ongeveer n 0.75 dag (meestal voldag) - dit hang ook af van hoeveel skuts julle is en die prys kan dan minder raak. Ek is gemaklik om n groep van 6-8 maks te hanteer. Eie eet en drinkgoed vir die dag.

Langafstand Presisie Vlak 1 is rondom R1000/persoon en kan aaneen 3 dae (my tyd is ook maar beperk) of in modules voltooi word (ek stuur n epos aan jou met die verskillende onderwerpe en die tyd wat daaraan spandeer word - dit kan gepasmaak word deur jouself as daar sekere onderwerpe uitgelaat moet word)

Skakel of Whatsup my asb op 084 6133 767 as jy meer inligting verlang.

Baie groete
JJ
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Nico Harris »

Dankie JJ. Ek gaan laat alle belagstellendes in my area reageer hier op. Ek praat met jou as daar geonoeg beanlgstellendes is.

Groete

Nico
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Langafstand Presisie Opleiding

Post by Barry Loock »

Nico.
Stel belang. Jy kan my naam op sit. Dit gaan ook natuurlik afhang van baie faktore soos wanneer, waar en hoeveel belange uit die gebued sal kom.

Aim small, hit big.
Post Reply