Nagsig, ja of nee?

johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by johans »

Henry 7 wrote:As daai die pad is wat jy wil stap koop die kleinste model en sit net 'n ir filter op jou spotlight--hoekom?--want al drie modelle se screens is presies dieselfde,prysverskil is dat die duurder modelle meer ir ligte in het.
dis hoekom ek die vraag gevra het,jy kon die viper koop vir 7k en dan baie beter sien met n swart ir filter op lf as wat jy met die eagle kan sien
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Jackalsniper »

Kyk in groot oop veld soek ek mos eers di oe wat blink en inkom met gewone LF met gedimde lig. voor ek oorslaan na nite site sonder lig. As ek n IR filter opgehad het sou ek nie die jakkie se oe sien blink nie ne?
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by MEERKAT »

Ons skiet jakkalse al vir die afgelope vier jaar met nagsig toerusting en van hulle sou vandag nog gelewe het was dit nie vir nagsig, geen lamp sou hulle doodmaak. Dit wil voorkom asof jakkalse se sig baie beperk is in algehele donkerte en ek gaan sover gaan as om te se nie veel verder as 60m, wat hulle wel baie goed kan raaksien is n lamp wat swaai op 400m ongeag die kleur, hulle maak ongelooflik staat op hulle gehoor en reukvermoee en dis baie duidelik waarneembaar indien hulle dopgehou word met nagsig. n Hele klompie jakkalse het al binne 60m vanaf voertuig verby gedraf en geensins eers gekyk in voertuig se rigting wat nogal die idee skep dat hulle sou dink dis n bos of altans so tree hulle op.

Die sukses van nagsig hang grootliks af of jakkalse antwoord op roepe dat n rigting bepaal kan word waaruit hulle sou kom vernaamlik lampsku jakkalse . Van die nagsig scopes tel n oog baie gemaklik op op 350m en skiet gerieflik op 200. Die meeste van ons jakkalse word op 60m en minder geskiet met uitsonderings 150 tot 200m. Afstand word met nagsig baie moeilik geskat en die scopes met range finders maak dit net soveel gevaarliker vir die goggas.

Nagsig het seker n plekkie in die beheer van ongediertes.
Lekker jag
MEERKAT.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by johans »

Jackalsniper wrote:Kyk in groot oop veld soek ek mos eers di oe wat blink en inkom met gewone LF met gedimde lig. voor ek oorslaan na nite site sonder lig. As ek n IR filter opgehad het sou ek nie die jakkie se oe sien blink nie ne?
nee jy sien hom baie mooi blink
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Mac »

Meerkat,

Wat se nagsig gebruik jy?
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Armand9 »

Ek wou nou dieselfde vraag vra!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by NicoSmit »

Wat van jy gebruik nag sig om jakkals op te spoor en as hy naby is skiet jy met die witlig
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Suidwes »

Nico, is presies wat ek doen, maar net by voorsit van hulle drinkplekke. Ek soek met nagsig en LF met IR filter. Skiet dan met LF met groen lig as hy naby is. Die wit lig werk ook, maar vir skelm jakkalse is daardie wit lig wat skielik op hom val, asof jy hom met n sweep slaan. Hy draai so vining en hardloop, dat jy hom nie eers met die lig kan volg nie.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by NicoSmit »

Ek dink dis 'n goeie idee om die"lig tyd " so ver as moontlik te beperk en net die lig rooi/groen te gebruik as jy skiet as jy nie die scope gemonteerde nagsig het nie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by MEERKAT »

Hallo

Mac , ons het in 1989 die eerste nagsig gekoop , sy reikafstand was 60 m wat n ramp , toe n swak smaak ontwikkel oor die goete, nitesite mee gejag vir so jaar , handige stukkie gereedskap , toe Pulsar 750 was in heel ander klas net gesukkel met afstand skat , jag huidiglik met Pulsar 850 rangefinder scope, met versterkte illuminator baie lekker scope.

Indien jy lekker in die hardloop kan skiet soek met nagsig en skiet met die wit lig.

Lekker jag
MEERKAT
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Geno »

MEERKAT wrote: Indien jy lekker in die hardloop kan skiet soek met nagsig en skiet met die wit lig.
Beste raad nog op die thread!
Om met 'n lig te wil skiet terwyl jy nagsig het haal die hele punt van nagsig uit.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by prohunt »

Nou begin ek ook saamstem. As ek nie met die nagsig kan soek nie beteken dit vir my baie min. 'n Ligsku jakkals kom nie in as jy met die lig soek nie, dimmer of te nie!! As jy gelukkig is sal jy so 'n jakkals se oog net eenkeer sien "flash" op 400m + en dan sien jy hom nie weer nie.

Ek gebruik ook soms nagsig met IR versterkers vir die skelm ligsku jakke veral waar ek voorsit by plekke waar gereeld gevang word. Dit is dan effektief. Hier in die Klein-Karoo is in elk geval bitter min jakkalse wat nie skelm en ligsku is nie.
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Jackalsniper »

So wat se die manne van die ATN X site II ?
Alan D
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Alan D »

Middag Kerels

Cassie nagsig veral digital se vermoe is baie afhangend van die hoeveelheid Ir lig wat gebruik word. Die meeste stelsels wat verkoop word het maar pieperige Ir. Om te scan met n nagsig scope is ook maar n gesukkel.
Met die regte NV toerusting kan jy baie verder sien en ID as met enige lig.
Ek gebruik hierdie scanner en kan die hele nag werk sonder eyestrain. FOV is groter as lightforce en mag is 3-4x. As hierdie fotos post is die jakkals teikens op 340 m en sparre in die agtergrond 400m. Skiet dan deur die scope met mono NV.

AlanD

IMG-20160614-WA0008.jpg
IMG-20160614-WA0009.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Dewitt »

Hi Allan

Wat kos so setup?

Groete
Dewitt
Alan D
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm

Re: Nagsig, ja of nee?

Post by Alan D »

Hi Dewitt

Ek bou self soos ek lense in die hande kan kry. Afhangend van wisselkoers onder 10k.
Post Reply