Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Smitstertjies wrote:Was gou vanoggend by ons DFO om nuwe lisensie aansoek in te dien. Hulle werk nou net op afspraak basis. Eerste opening is eers September om aansoek in te dien. Belaglik!!!
Nou die is nuwe streke...waar gaan dit eindig? Ek raak al lekker bang om nog nuwes te koop
Alle sterkte Smitstertjies!
Volgens die CFR is my lisensies 07 Julie ge-print. DFO se nog nie by provinsiaal nie. Enige manier dat ek hulle kan bel & as dit daar is self gaan optel? Of moet ek nou maar wag vir die DFO?
Kry n verrassing vanaand toe my Dfo aan die deur klop met die 222 se kaartjie. Hy is besig met ondersoeke in die area toe bring hy dit sommer saam! Dankie Wessie!
ruaanb wrote:Kry n verrassing vanaand toe my Dfo aan die deur klop met die 222 se kaartjie. Hy is besig met ondersoeke in die area toe bring hy dit sommer saam! Dankie Wessie!
Ruaan - Ou Wessie is die beste en bakgatste DFO in die land!! Altyd bereid om daardie ekstra myl te loop vir 'n man. Maar hoe hy dit regkry weet ek nie - het jy gesien hoe daai man se lessenaar lyk
En moet nie vergeet van die dames in sy kantoor nie - hulle is net so hulpvaardig!
Bel vandag
Nog geen aandag geskenk aan my aansoek nie. Ek het nog nie eers n verwysingsnommer nie
Dries, selfde hier, ingedien 1 Maart 2016. Geen SMS nie. CFR gebel en hulle sê hy is nog by die stasie. Stasie gebel en hulle beweer hy sou laas week CFR toe gaan, maar nog geen SMS nie. Ek't rerig hoop gehad om hom nog die jaar te kry maar dis ook nou Mike Tango.
My .204 se lisensieaansoek ingegee op 29 April en 19 Julie goedgekeur. Vandag is ek darem laat weet kaartjie is ook gereed om afgehaal te word.
So dit lyk my mens moet maar so vir 3 maande geduldig wees. Dis moeilik...
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
My .243 se aansoek 31 Mei 2016 ingedien by plaaslike DFO. Lisensie is 25 Julie 2016 goedgekeur en kaartjie is volgens CFR reeds geprint. Wag nou in spanning vir oproep vanaf DFO om kaartjie af te gaan haal.
Ek was nou die dag gou in by SAPS Garsfontein.
My oë het amper uit my kop uit geval toe ek die bokse vol aansoeke sien..
...vloer tot ceiling, 4 of 5 rye breed.
Myne gaan nog laaaannk vat.
Net 'n vragie, ek het my aansoek ingedien 12 Julie, nog geen sms ontvang nie.
Ontvang mens nie gewoonlik sms om te se aansoek is in of so baie vining nie.
Of is daar van julle wat nog nooit daai eerste sms ontvang het nie?
Ek moet deur Wierdabrug werk. My pistool se lisensie verval einde Augustus. Toe ek die vorms vir hernuwing einde Mei wou gaan afhaal word ek ook ingelig dat dit nou op afspraak werk, eerste oop dag was 14 Julie. Wel die vorms gekry. Op 14 Julie die oggend gegaan. Daardie selfde middag sms gekry wat sê dit is in vir "consideration". Wag nou vir verdere inligting.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Rooster1089 wrote:Net 'n vragie, ek het my aansoek ingedien 12 Julie, nog geen sms ontvang nie.
Ontvang mens nie gewoonlik sms om te se aansoek is in of so baie vining nie.
Of is daar van julle wat nog nooit daai eerste sms ontvang het nie?