Jag op Queenstown
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Jag op Queenstown
Sondag middag in Queenstown aangekom, mense ontmoet en gewere gezero, ons het tuis gegaan in ‘n pragtige 1901 kliphuis by Wayne se ma en Boet. Sondag aand was ons bederf met n groot braai en tonne vleis. Plase Cloetendale en Peninsula sou ons huis wees vir die volgende 4 dae.
Maandag oggend was ons so 7am in die veld, en sonder gidse was dit net ek in die veld, Peet was berge toe op soek na eland. Ek het tweekeer Ribbokke gesien maar geen skoot gekry nie. Laat oggend het ek die Kei rivier se systroompie bereik, seker so 3.5-4km se stap en ‘n mooi Vlakvark sog inni kop geskiet op 83m van bo die kranse. Die koeël was ‘n 165gr Perigrine en is in by die vrat, deur die kop en net onder die oorkantse poot in die kieliebak herwin. Die ot het nooit eers besef ek is daar nie en so paar rukke gegee, ek moes haar kranse uitdra maar het toe eerder vir die bakkie en helpers gewag. Peet het sy Eland gekry en ons het dit entjie later met die trekker loop haal.
Die Middag is ek uit vir Blesbok op ‘n ander deel van die plaas en ‘n ram binne 1km gevind..so 20m bekruip vir ‘n oop skoot en op 60m n baie swak skoot gegee, te vêr agter die blad, hy het wel gebriek en kop oppi grond rongeloop en het n tweede skoot gekry. Was weer Perigrines maar is nie herwin nie. Peet het daai middag niks kon kry nie.
Tweede oggend was effe warmer en eks in 4grade met n kortbroek uit, veld was nat gedou en mis het heeltyd ingerol..Takbokke het my en die gids ontduik en ons is koppie toe om vir die mis te wag en die vlakte te bekyk. Het niks gesien nie en het die pad weer terug gevat vlakte toe, regs gedraai en tot volgende hoogte gestap. Vandaar ‘n Ribbok gesien daar waar ons eerste koppie stop was en weer terug geloop tot so 300m waar ons die bok laas gesien het, vandaar om die wind geloop en bekruip tot ons die bok raakloop op so 40m, hy het ons nie gesien nie en eers onraad bespeur toe hy in die 308 se kruishaar is. Ek was op my kniee en gras was effe lank en het nie stabile genoeg gevoel vir n kopskoot nie. Die nek was n groter teiken reg van voor af en die koeël is net bo die rug weer uit. Was Perigrine 165gr. Ek moes die jong gids terughou,,,hy wou hol na die skoot maar ek het hom laat wag tot die bok stil geraak het. Loop en stapwerk was seker so 3km en die skull sal ek mooi laat mount.
Die middag is ek en die selle gids weer uit en na so 2km se loop, vind ons so 15 takbokke onder die bome op so 140m. Daar was geen skoot nie en ek het hande 3 voet bekruip to op 93m waar ek n mooi ooi net agter die blad geskiet het..effe optraande met ‘n 130gr GSC koeël wat nie herwin is nie. Net toe eers sien ek die Stag wat verder skuins agter die trop verskuil was, hulle het nie weggehol nie en maar verder om die dooie ooi gewy..toe ek opstaan storm hulle daarweg…..my kiee bietjie moertoe maar kwaai trots op my bekruip vernuf..maar moet toegee dat die wild by Wayne net nou en dan vir tafel gejag word so hulle is nie onnodig wild en skrikkerig nie.
Het darm ook kans gehad vir tarentale, blou aap en ‘n wilde bul wat moes slagpale toe. Peet het ook n Ribbok, Blesbok en Takbok ram gekry….bekruip tot op 29m. Ons is ook uit vir ‘n jakkals jag maar kon niks kry nie.
Dit is ‘n harde jag plaas met geen bakkie jagte nie en as jy hou van stap en jag, is die jou plek, die mense is baie vriendelik en die staf is netjies en skoon. Die plaas is baie mooi en het genoeg wild om te skiet mits jy hard werk. My plek is reeds vir volgende jaar geboek.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jag op Queenstown
Nog n paar fotos

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Jag op Queenstown
Goed gevaar met harde werk. Baie geluk!! Dis 'n mooi deel van ons land daardie. Ek glo baie goed dat jy weer sal wil teruggaan soontoe. Hoe het jy toe die vleis oor die lang afstand terug Jhb toe vervoer? Het jy enige uitdagings in die verband gehad?
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jag op Queenstown
Nog fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jag op Queenstown
Nog

Wayne het skitterende slag fasiliteite met 'n amper "drivethrough" setup...slag, afwas en skoon karkaste kom eenkant in.....en kom anderkant gevries en gesny uit...alle vleis was yskoud en takbokke reeds gevries en deur bandsaag en in boxe verpak..in groot treiler gelaai en met grooooott lakens toegewikkel met komberse bo oor...in JHB aangekom was die vleise nog yskas koud en gevriesdes in boxe maar nog gevries.
Perigrine se % gewig verlies.
Skoot deur ribbe was GSC
Perigrine se % gewig verlies.
Skoot deur ribbe was GSC
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: Jag op Queenstown
Cobb / Peet.
It was a pleasure to meet and hosting you and glad you enjoyed your stay with us. Staff were impressed with your success over the 3 hunting days.
Looking forward to next year.
Michael very impressed with you being able to hunt and shoot with your disability.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jag op Queenstown
Cobb is 'n voorbeeld vir baie van ons!Wayne wrote: Michael very impressed with you being able to hunt and shoot with your disability.
Aim small, miss small
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Jag op Queenstown
Mooi rooi ribbok. Het julle hom gemeet?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13645
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag op Queenstown
Baie geluk Cobb, paar mooi skote daar
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Jag op Queenstown
Netjies geskiet Cobus!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Jag op Queenstown
lyk my jy hou van die Peregrines Ek het nog genoeg vir die seisoen maar daarna weet ek nie hulle het heeltemal by my budget veby beweeg
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jag op Queenstown
Albei horings ewe lankPappabeer wrote:Mooi rooi ribbok. Het julle hom gemeet?
19,3cm
Rowland is 17.46cm of 6 7/8inch
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Jag op Queenstown
Manne ek en Koos het verseker 1 van ons lekkerste jagte ooit gehad. Die mense die plek die veld als was net mens nodig gehad het om die trip nie net oor jag te maak nie.
Ek het soos reeds genoem 1 jongerige eland bul, 1 Rooiribbok ram, 1 takbok ram en 1 blesbok gejag en as ek sê gejag bedoel ek dit. Stap en bergklim was aan die orde van die dag. Vir die manne wat pakette by Wayne gevat het by Wayne se buurman wil ek net laat weet dat julle maar julle lekker loop tekkies of boots moet pak. Trek maar jul boepense in word fiks as jy tyd het. As jy 'n bakkie ,stoep, voorsit of of nie lus vir werk jagter is gaan jy heel moontlik sonder vleis huitoe gaan. As jy bereid id om te werk aan die ander kant gaan jy verseker van die mooiste natuur sien en van die lekkerste stapjag ervaar wat jy al van gehoor het.
Ek hglo julle wat pakette gekoop het by Garry(Wayne se buurman) gaan julsef gate uit geniet. Dis nou as jy hou van stap.
Ek het soos reeds genoem 1 jongerige eland bul, 1 Rooiribbok ram, 1 takbok ram en 1 blesbok gejag en as ek sê gejag bedoel ek dit. Stap en bergklim was aan die orde van die dag. Vir die manne wat pakette by Wayne gevat het by Wayne se buurman wil ek net laat weet dat julle maar julle lekker loop tekkies of boots moet pak. Trek maar jul boepense in word fiks as jy tyd het. As jy 'n bakkie ,stoep, voorsit of of nie lus vir werk jagter is gaan jy heel moontlik sonder vleis huitoe gaan. As jy bereid id om te werk aan die ander kant gaan jy verseker van die mooiste natuur sien en van die lekkerste stapjag ervaar wat jy al van gehoor het.
Ek hglo julle wat pakette gekoop het by Garry(Wayne se buurman) gaan julsef gate uit geniet. Dis nou as jy hou van stap.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Jag op Queenstown
Sal die ander fotos plaas sodra ek hulle kry.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- OupaZA
- Hero Member

- Posts: 588
- Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
Re: Jag op Queenstown
Baie netjies manne..!!
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jag op Queenstown
Lekker man. Geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jag op Queenstown
Netjies Cobus en Peet, geluk met 'n goeie jag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Langeraat
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Re: Jag op Queenstown
Netjies gedoen menere, geluk. Die wereld daarlangs lyk baie mooi!
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jag op Queenstown
Lekker Cobus, lyk my julle het dit omtrent geniet. Dankie vir die deel !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Re: Jag op Queenstown
Baie geluk. Ons was self laas jaar bevoorreg om by Gary te gaan jag danksy Wayne.
Lekker mense, pragtige plek. Hoop om volgende jaar weer te gaan.

300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Jag op Queenstown
Cobb/ Peet,
Registreer bietjie daai ribbok in RW. Minimum is nou 6" agv die sagte basis wat nie gemeet word nie. 'n rooi ribbok skedel montering op n mooi stukkie hout maak vir n mooi trofee.
Registreer bietjie daai ribbok in RW. Minimum is nou 6" agv die sagte basis wat nie gemeet word nie. 'n rooi ribbok skedel montering op n mooi stukkie hout maak vir n mooi trofee.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Jag op Queenstown
Baie geluk met julle goeie jagtrip Cobus! 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Jag op Queenstown
Koos laat juis die skedel doen by taxidermist. Daai 2 horings is so skerp soos spelde.
Myne het ins nie gemeet nie maar is maklik 2cm korter as sy bok sin. My bok se punte is lekker afgewerk met sulke ronde punte.