Goie dag...
Nog 'n lekker dag saam met my gesin in die veld is verby...
Ek het lekker vroeg die oggend begin stap en so na 30 minute kon ek sien my brak ruik iets volgens die manier hoe hy op sy agterpote gaan staan en sy lang neus in die lug druk....ek het gesien voor my is lekker vars spore van 'n blouwildebees...net toe ek om die volgende Rosyntjie bos stap het 'n jong Blouwildebeesbul my staan en inwag ...hy het weggespring en so 70m verder op hulle kenmerkende manier so effe gebokspring met die stert in die lug en kop- in-die- grond houding...hy was baie mooi maar nog effe klein. Ek het hom lank staan en dop hou en die versoeking was groot, die bok het heeltyd na sy regterkant gekyk en die volgende oomblik het die effe grootter bul aangedraf gekom en dis vir hom wat ek wou hê....
Die kat en muis spelery het vir so 'n uur en 'n half aangehou in die digte rosyntjie en vaalbos met kameelbome...ek het hom lekker dwars sien staan in 'n oop vlakkie op so om en by 200m... hy en die jonger bul was nogsteeds bymekaar en lekker rustig, hulle is mos lief om net so te staan en staar in die vêrte...toe ek deur die teleskoop kyk het hy so effe skuins na my toe gestaan en ek kon die kruisaar mooi op die regte landmark sit met sonlig wat voor op sy bors skyn. Die skoot het mooi geloop en hy het lekker dubbeld gefou en sommer dadelik begin struikel net om 10m verder mooi te herstel en soos 'n gesonde bok regop te begin hardloop...ietwat verslae maar tog verseker het ek die prentjie wat voor my afspeel staan en aanskou en net voor ek die hond wou losmaak omdat die bosse baie dig is daar het ek gesien hoe die bok se voorbene so 70m verder onder hom invou en stof opslaan uit die aarde....ek het dadelik gevoel hoe die druk in my bors effe verlig. Toe ek die blouwildebees geslag het kon ek sien die skoot is deur die dik are bo die hart.
Die springbok was ok net so onder die 200m en het op die plek geval na die skoot.
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_134647_resized_zpsmlw0wdlw.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_134335_resized_zps1wzvpncr.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_134342_resized_zpseqwqdfwc.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_1346520_resized_zpsbsuppdzs.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_1047370_resized_zps1dva77ze.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_104447_resized_zps2fayjfsr.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_104619_resized_zps8fdoohiy.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_071227_resized_zps9vnxict8.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_071737_resized_zpsjlopastj.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160312_071628_resized_zpsinmtpghu.jpg
Lekker gesinsdag in die veld....
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Lekker gesinsdag in die veld....
Ben jy sal moet stadig, jy gaan moeg wees vir biltong en droewors nog voordat die jag seisoen regtig begin het
Mooi geskiet Ben!
Mooi geskiet Ben!
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Lekker gesinsdag in die veld....
Ag lekker! Ek sien Barney het die dag net so geniet!
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker gesinsdag in die veld....
Hallo Chris...
Dis darem nie heeltemal so erg soos wat dit lyk nie....ek skiet in verskillende wildkampe vir vriende paar bokke uit...jy sal my seker nie glo nie...ek skiet vir myself nie meer as 3 bokke 'n jaar nie....maar danksy 'n paar goeie maats kry ek baie geleenthede vir skiet.
Groetnis
Dis darem nie heeltemal so erg soos wat dit lyk nie....ek skiet in verskillende wildkampe vir vriende paar bokke uit...jy sal my seker nie glo nie...ek skiet vir myself nie meer as 3 bokke 'n jaar nie....maar danksy 'n paar goeie maats kry ek baie geleenthede vir skiet.
Groetnis
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 589
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Lekker gesinsdag in die veld....
Vdwalt..
Omtrent lekker gewees ja.
Omtrent lekker gewees ja.
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1703
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Lekker gesinsdag in die veld....
Well done! Daai kiekie met sussa en barney kan werk vir buffelsfontein baardolie...
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Lekker gesinsdag in die veld....
Dis baie mooi wild. Lekker om on sulke stories op 'n maandag te lees. Dankie vir die deel.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Lekker gesinsdag in die veld....
Jissie Ben,waar in die Kalahari is dit so mooi. Ek neem aan daar het defnitief 'n opvolg reentjie geval. Die veld lyk bitter mooi daar!