.300'S

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

.300'S

Post by Speelmansjagter »

Naand almal.
Krap bietjie kop oor 'n Custom build.
Ek wil nie eintlik na 'n .338lapua toe gaan nie en kom ons los maar eers net vir nou die 7mm's uit die gesprek.
Wat is tussen in? 300win mag, .300wsm?
Die twee is al wat tans vir my sin maak. Ek soek 'n geweer wat 1000m+ kan skiet, maar nog 'n bietjie foem het as hy daar uitkom. Wil gong skiet en af en toe jag.
Dan is daar ook die vraag van akkuraadheid. Kan 'n ou goeie akkuraadheid verwag? Hoor die win mag het 'n kort nek, hoe beinvloed dit die laai proses?
Sal natuurlik 'n swaar punt met hoe BC wil gebruik.
Het al 'n paar gesprekke met Terri Harrison gehad, want ek het hom ingedagte vir die projek, maar wil graag by julle hoor wat julle dink.
Het nog lank nie besluit op die kaliber nie. Ek kry baie info op die 7mm's en het hulle nog nie heeltemal weg gegooi nie, maar worry net bietjie oor hoeveel skop gaan oorbly.

Luister graag
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .300'S

Post by Capt. Yoda »

300Wm met n 208gr amax/200gr Hybrid of 215gr Hybrid sal jou tot by 2000y kan kry.Kry net een met n min 26" loop om me te begin.As jy n remington Sendero kan kry koop hom net daar en laat terry hom somer net vir jou blue print
Last edited by Capt. Yoda on Mon Mar 07, 2016 7:52 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: .300'S

Post by alecjohnson »

300WSM gaan dieselfde doen as die 300WM(ek het 'n 300WM gehad en was baie lief vir haar) maar die 300WSM se doppe sal langer hou, gebruik minder kruit ebn werk op korter aksie as die 300WM.

Basies gaan dit neerkom op smaak, maar soos ek ook verstaan sal dit makliker wees om goeie ladings te kry met die 300WSM as met die WM.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: .300'S

Post by Nico Harris »

Ek het onlangs n 300wsm gekoop en wag nou vir die lisensie. Ek het n paar vereistes gehaad toe ek myne gekies het-
1- ek hou van die dop.
2- hy kan die 208gr amax teen vinniger as 2700ft/s skiet onder 60k psi druk.
3- met die bogenoemde kombinasie het hy meer as 1000ft-lbs op 1000yds.
4- hy bly met die bogenoemde kombinasie supersonies tot op 1600yds.
5-die kort vet kruit kolom is goed vir ontbranding.
6- ek het minstens 2 somchem kruite wat goed sal werk(s365ens385).
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .300'S

Post by Armand Steenkamp »

Nico, as ek mag vra watse 300WSM het jy gekoop?
Ek het ook na n lang afstand roer gesoek. Koop toe n Savage 300WSM VLP. Vandag begin om loop in te breek. Op 200 het 2 skote mekaar gesny en die ander so 15mm weg! Moet se hy trap noggal. Sal hom woensdag n demper laat opsit.

Groetnis
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: .300'S

Post by Nico Harris »

Ek het n tikka t3 supervarmint. Daai savage is ook baie nice. My 243ai is n savage lrp. Wat skiet jy in joune armand?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: .300'S

Post by ruaanb »

druk net stywer vas Armand
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .300'S

Post by Armand Steenkamp »

Nico nee jong ekt vandag die eerste 2 skote geskiet. Die enigste koels wat ek toe hier het was 150 Nosler BTs. Die plan is om een of ander hoe bc 180greiner te skiet. Sal maar sien wat ek kry, hie by ons het man maar nie n groot keuse nie!

Ruaan, ek sal hom gwoond raak jong. Ekt te gewoond aan die kleiner kalibers geraak!

Groetnis
Jammer vir die Hijack
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: .300'S

Post by henning »

Ek is versot op my 300 WSM en sal hom vir niks verruil nie. Hy het al 250 skoote deur die loop en begin nou net meer akkuraat skiet.

Met n knaldemper en n "skokbreker " in die kolf trap hy liggies sonder bekommernis oor recoil.

Regtig n lekker kaliber waarmee jy omtrent alles kan doen.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: .300'S

Post by ruaanb »

stem saam Henning ek is net so mal oor myne.
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: .300'S

Post by Speelmansjagter »

Dit klink of julle wsm's julle baie gelukkig maak. Skiet julle swaar punte?
Hoe gaan loop-lewe wees?
N vriend van my het die tikka t3 in die wsm, volgens hom hou sy doppe nie so lank nie? Ek vra maar.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .300'S

Post by Capt. Yoda »

Hoe lank is julle manne met die WSM se max TPL met n lang koel tot teen die lands? Mat n geboude roer sal dit seker nie te veel saak maak nie
Last edited by Capt. Yoda on Tue Mar 08, 2016 6:43 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: .300'S

Post by Dirkvh »

Interrsante video op YouTube gesien waar die man verduudelik dat 'n 260Rem meer energie het as 'n 300WM na 700yds.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .300'S

Post by Capt. Yoda »

Dirkvh wrote:Interrsante video op YouTube gesien waar die man verduudelik dat 'n 260Rem meer energie het as 'n 300WM na 700yds.

260rem met n 140gr Berger Hybrid wat die loop verlaat teen 2800fps gaan so 1295ft-lbs energie he op 700y en 964ft-lbs op 1000y

300WM met n 200gr Hybrid wat die loop verlaat teen 2880fps gaan so 1899ft-lbs energie he op 700y en 1494ft-lbs op 1000y
300WM met n 215gr Hybrid wat die loop verlaat teen 2800fps gaan so 2157ft-lbs energie he op 700y en 1671ft-lbs op 1000y

Ons skiet gereeld al 2 teen staal vas op 1000y en daar is nogals n groot verskil tussen n 140gr Amax (self uit n 264WM) en n 208gr Amax/200Hybrid/215gr Hybrid. Jy hoor en sien as daai 200+ gr koels uit n groot 30 die staal slaan.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: .300'S

Post by Dirkvh »

https://youtu.be/n6APMqMkikk

Video waarna ek verwys.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .300'S

Post by Capt. Yoda »

Dalk werk hy sy som maar anders uit maar as jy n swaarder koel met n hoer BC en SD waarde het wat jy teen dieselfde of vinniger spoed skiet kan ek nie sien hoe dit kan werk nie. Sal nou bq kyk hoe die man verduidelik
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: .300'S

Post by Speelmansjagter »

Wil se ek stem saam met Kaptein.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .300'S

Post by Capt. Yoda »

Ok soos hy hom verduidelik ja maar dan moet jy appels met appels vergelyk, n "180" koel uit n wm teen n 140gr amax tot en met 3000fps.Met sy redenasie kan jy dan net sowel se n 180gr koel uit n 308w gaan meer energie he as n 108gr koel uit n 260Rem.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: .300'S

Post by Nico Harris »

Nee man. Daai man is simpel. Hy gebruik die optimale kombinasie in die 6.5 kalibers en sommer n "ball park" kombinasie in die 300. As jy ook "high bc" koeëls in die 300 gebruik sal hy loshande wen.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .300'S

Post by Capt. Yoda »

Speelman sorry ons high jack nou maar dit is n lekker onderwerp.

Kom ons vat n 140gr Amax teen 3000fps uit n 264WM en n 140gr Amax teen 2800 uit n 260Rem teen n 300WM met n 208gr Amax teen 2880 en n 30.06 met n 215gr Hybrid teen 2560fps. Ons skiet al 4 die kombos dis maar hoekom ek hulle gebruik want ek weet min of meer so uit my kop wat ons getoetsde BC waardes is.

264WM 140gr Amax energie @ 1000y
1140ft-lbs

260Rem 140gr Amax energie @ 1000y
968ft-lbs

300WM 208gr Amax energie @ 1000y
1611ft-lbs

30.06 215gr Hybrid energie @ 1000y
1358ft-lbs

Vat nou n 7mm wat n 195gr EOL teen 2880fps skiet
1750ft-lbs, die Amerikaners skiet hom nader aan 3000fps dan lyk dit bq anders maar hulle stoot darem n 208gr Amax ook by die 3000fps uit n 300wm uit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: .300'S

Post by Dirkvh »

Capt. Oblivious wrote:Speelman sorry ons high jack nou maar dit is n lekker onderwerp.

Kom ons vat n 140gr Amax teen 3000fps uit n 264WM en n 140gr Amax teen 2800 uit n 260Rem teen n 300WM met n 208gr Amax teen 2880 en n 30.06 met n 215gr Hybrid teen 2560fps. Ons skiet al 4 die kombos dis maar hoekom ek hulle gebruik want ek weet min of meer so uit my kop wat ons getoetsde BC waardes is.

264WM 140gr Amax energie @ 1000y
1140ft-lbs

260Rem 140gr Amax energie @ 1000y
968ft-lbs

300WM 208gr Amax energie @ 1000y
1611ft-lbs

30.06 215gr Hybrid energie @ 1000y
1358ft-lbs
Dankie Oom, daar leer ek ook iets nuut!!! Dit was nou 'n interesante uitstappie, jammer vir die kaping.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: .300'S

Post by swc-tr »

Op watter een jy ookal besluit, maak net seker die reamer is ontwerp om jou gekose koeël optimaal te seat om die beskikbare dopvolume te gebruik.
.300WSM's het normaalweg baie kort TPL in fabrieksgewere.
.300WM's het weer groot inlei dimensies in fabrieksgewere.
Is die beskikbaarheid van .300WSM doppe nog 'n issue deesdae?

Met goeie kamer ontwerpe is beide baie goeie langafstand kalibers.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: .300'S

Post by Nico Harris »

Toe ek nou doppe gesoek het vir my 300wsm het ek nie gesukkel om te kry nie. Die norma doppe is net vrek duur.
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: .300'S

Post by Speelmansjagter »

Ja. Ek het dit ook so. Die doppe is beskikbaar, maar lekker duur.
Dis nou hoekom ek vra wat die lewe van die doppe behoort te wees?
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: .300'S

Post by swc-tr »

Die .300WM het ook groter dopvolume as die .300WSM, teoreties dus hoër snelhede as alles dieselfde is.
Doppe se leeftyd is 'n funksie van die kamerdruk en mate van werk verharding.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Post Reply