Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
-
SeeMoNsteR
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Wed May 16, 2012 11:58 am

Dagse julle.. Soos ek al elders hier op die forum kom deel het besit ek een van die bg wapens.
Dis n stainless Sabatti Rover tactical in 6.5x47 Lapua en oor die algemeen kan ek regtig nie enigsins meer tevrede met my geweer wees nie. Uit die boks het dinge al aanvaarbaar gelyk, maar ek moes toe bietjie geld spandeer om die kroon oor te laat sny en ook bedding op pillars te doen om die beste uit die geweer te kry. Moes ook al die firing pin vervang nadat hy op n manier gebreek het, maar na daai skiet die wapen dag in en dag uit fantasties goed met watokal ammo ek hom voer, hy funktioneer foutloos, maak bitter maklik en vinnig skoon ens ens, so in skiet terme is lewe great - geen klagtes en baie komplimente.
Ding is op grond van my persoonlike ervaring het ek klomp vriende en wieokal anders sou vra aanbeveel om baie ernstig na die Sabatti Rover Tactical reeks te kyk. In my opinie was dit nie net goeie waarde vir geld nie maar ook n geweer wat jy nie sommer itv akkurasie en verrigtring sou klop nie. Hul bied ook die regte kalibers aan wat die besluit om een aan te skaf nog meer vergemaklik.
Hiers nou die ding.. ek begin al meer nagmerrie stories oor die spesifieke gewere hoor. Gevalle van kamers wat horribaal skeef gesny is, swak lope, gewere wat met gekraakte kolwe by hul eienaars aankom en klomp van hulle wat eenvoudig nie met die beste komponente en herlaai tegnieke gemaaak kan word om mooi te skiet nie. Die 6.5x47s blyk om meestal mooi te skiet, maar van die 6xc's, 300wm's en 308s blyk om van die probleem kinders te wees. Dan is dit glo ook bo op als die grootste frustrasie om oplossings by die agente (National Cartridge) vir sulke probleme te kry.
Was dit een of 2 gevalle sou dit een ding wees, maar vir my blyk dit deesdae of die soort foute al hoe meer algemeen voorkom. My panarie is nou soos volg.. my wapen is AWESOME, maar ek is nou baie skugter om vir enigeiemand aan te raai om sommer een te gaan koop. Ek het al met gunne gesukkel en weet wat dit aan n man se gemoedsrus doen.
Dit bring my by die rede van die plasing.. ek sou die draad graag wou gebruik vir enigeiemand wat so n wapen besit om te kom se presies hoe tevrede / ontevrede hul met hom is. Ons gaan die goed saam met die sleg hoor en ek glo dis belangrik genoeg om die verbruikers daar buite die nodige gemoedsrus te bied voordat hulle koop. Dit sou goed wees om te weet watse probleme daar al was, ernstig of minder so.. hoeveel vreugde jy gehad het toe jy enige sulke foute met die winkel waar jy gekoop aangemeld het. Dan ook indien dit nodig was hoeveel geld jy aan verbeteringe moes spandeer om hom te skiet soos hy nou doen.
Dit mag ook die agente / retailers iets gee om na op te let voordat hulle net verkoop en dan natuurlik ook bewus te wees van problematiese trends, wat met die vervaardigers opgevat kan word en sodoende die gehalte van hul produk te verbeter. Ek stel meer belang in eerstehandse ervarings en die gedeel deur 'credible' individue..dis stories wat mens kan vertrou eerder as net hoor-se.
By voorbaat dankie aan almal wat hier n inset sal lewer en ervaring kom deel
Groete
Johan

birklec
- Sr. Member

- Posts: 369
- Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Hi Seemonster.
Nou laat worry jy my!
Ek het n 6.5x47 Wat mooi skiet, agv dit het ek in January vir my so 6xc ook gekoop. Hoop nou nie ek gaan ontevrede wees nie.
Ps!
Wat was fout met jou crown?Kon jy fout sien op hom?

ljoubert
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Fri Dec 04, 2015 10:45 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Hi ek het n sabatti 308 win SS met gelamieneerde kolf. 11 5 mrr loop en het van dag 1 probleme gehad. Met nuwe ammo en nuwe lapua doppe geskiet Nie baie mooi gegroepeer nie. Na ek begin het met lading ontwikkeling wil doppe nie in kamer pas. Dis eers as my laaivernuf aangese ma na vele ander persone probeer het is da nie n oplossing gekry nie. Lee dies het toe die skuld gekry Het toe saburban of na cart gebel. My geweer nou al 2weke daar nog niks gehoor. Ek nou al baje geld gemors op nuwe dies. Het nou al 3stelle dies vir 308. Ek nie tevrede met geweer ma moet ma wag om te hoor wat is vout
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Die ondersteuning van die agente wissel maar tussen zero en treurig...... Net as gevolg van hulle houding oor probleme, sal ek nooit daaraan dink om eers 'n Sabatti te koop nie....ljoubert wrote:Hi ek het n sabatti 308 win SS met gelamieneerde kolf. 11 5 mrr loop en het van dag 1 probleme gehad. Met nuwe ammo en nuwe lapua doppe geskiet Nie baie mooi gegroepeer nie. Na ek begin het met lading ontwikkeling wil doppe nie in kamer pas. Dis eers as my laaivernuf aangese ma na vele ander persone probeer het is da nie n oplossing gekry nie. Lee dies het toe die skuld gekry Het toe saburban of na cart gebel. My geweer nou al 2weke daar nog niks gehoor. Ek nou al baje geld gemors op nuwe dies. Het nou al 3stelle dies vir 308. Ek nie tevrede met geweer ma moet ma wag om te hoor wat is vout
Aim small, miss small
-
SeeMoNsteR
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Wed May 16, 2012 11:58 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Hi birclec.. sou jy omgee om bietjie meer van jou ervarings en algemene tevredenheid met die 6.5 hier te deel asb?
Ja my wapen se kroon het sigbare skade gehad. Glo dit was meer n gevolg van die vervaardigings metode as enigeiets anders. My geweersmid oor die saak geraadpleeg en hyt aanbeveel om daai deel te verwyder en dan sommer n 11grade kroon te sny. Ek het so 4mm van die loop verloor.
Daarna het dinge beter gelyk reeds maar ekt geweet dit kon NOG beter. Besluit om bedding op pillars te doen en van daar af was dit happy days.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Manne, julle maak dat Twinhunter die muur tussen ons twee se fabrieke gaan uithardloop om vir my die plasing te wys
. Hy gaan Vrydag sy 308 SABBATI TACTICAL se liksens optel.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
birklec
- Sr. Member

- Posts: 369
- Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Seemonster ek het net aksie gebed. Die geweer skiet mooi met 130vld en met 140hybrid.Ek kry so dan en van flyers.Ek kry ook nie naastenby selfde spoed as ander manne nie.Ek moet self tot 4grein dryfmiddel meer gooi om selfde spoed te behaal selfs op warm lotte dryfmiddel.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Eugene wrote:Die ondersteuning van die agente wissel maar tussen zero en treurig...... Net as gevolg van hulle houding oor probleme, sal ek nooit daaraan dink om eers 'n Sabatti te koop nie....ljoubert wrote:Hi ek het n sabatti 308 win SS met gelamieneerde kolf. 11 5 mrr loop en het van dag 1 probleme gehad. Met nuwe ammo en nuwe lapua doppe geskiet Nie baie mooi gegroepeer nie. Na ek begin het met lading ontwikkeling wil doppe nie in kamer pas. Dis eers as my laaivernuf aangese ma na vele ander persone probeer het is da nie n oplossing gekry nie. Lee dies het toe die skuld gekry Het toe saburban of na cart gebel. My geweer nou al 2weke daar nog niks gehoor. Ek nou al baje geld gemors op nuwe dies. Het nou al 3stelle dies vir 308. Ek nie tevrede met geweer ma moet ma wag om te hoor wat is vout
Ek wou ook een gekoop het toe hulle die flavour was maar het ook verstaan die ouens wat sukkel sukkel maar met die agente, n pel van my en sy broer het elk n 308 gekoop en die een het toe ook gekom sonder dat die loop eers n kroon het en die ander een het net 3 gatjies gehad vir die rail op die aksie. Seker nie die grootste probleme nie maar dit is nie die tiepe ooglopende goed wat nie in die QC afdeling gemis moet word nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Ai, dit is jammer om te hoor. Ek het al die gewere in my hand houvas, en hulle be-indruk noggal, maar as jy nie n 308 tactical kan kry om te groepeer nie, dan is daar 308 rooi vlae wat opgaan!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 994
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Se vir twinhunter hy kan maar my 308 gebruik in die kalahari hy skiet reguit.Gawie(13mm) wrote:Manne, julle maak dat Twinhunter die muur tussen ons twee se fabrieke gaan uithardloop om vir my die plasing te wys. Hy gaan Vrydag sy 308 SABBATI TACTICAL se liksens optel.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Ja tog net nie Gawie se roer nie want die gaan net die horings afsny.Kallie Fernhout wrote:Se vir twinhunter hy kan maar my 308 gebruik in die kalahari hy skiet reguit.Gawie(13mm) wrote:Manne, julle maak dat Twinhunter die muur tussen ons twee se fabrieke gaan uithardloop om vir my die plasing te wys. Hy gaan Vrydag sy 308 SABBATI TACTICAL se liksens optel.
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Hehehe!ruaanb wrote: Ja tog net nie Gawie se roer nie want die gaan net die horings afsny.
Jannie Welman
-
ljoubert
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Fri Dec 04, 2015 10:45 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Ek hoop regtig dat da nie nog sulke probleme opduik nie. Dat al die probleem sabattis kla uitverkoop is
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Presies!!James Wilson wrote: maar as jy nie n 308 tactical kan kry om te groepeer nie, dan is daar 308 rooi vlae wat opgaan!
-
ljoubert
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Fri Dec 04, 2015 10:45 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Ek het ook vi sabatti n email gestuur ma ook nog geen antw gekry
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Die onder staande stuk het ek n tyd gelede geskryf vir iets anders. Dis hoekom datums ens dalk nie sin maak nie. Dis n mondvol maar hier gaan dit-
My 300wm in Sabatti tactical is goedgekeur die 09/01/2015. Ek het op dieselfde dag ook ‘n 204 Ruger in Howa opgetel. Ek het oor die volgende twee weke lading ontwikkeling met al twee gewere gedoen. Die 300wm se akkuraatheid was van die begin af wisselvallig om die minste te sê. Daar was absoluut geen konstantheid in die geweer se groepe nie. Ek het raad ontvang van Riaan Vermaak van die kooperasie in Humansdorp waar ek die geweer gekoop het, maar geen geluk met groepe nie.
Ek het aan die einde van Januarie/ begin Februarie die wapen na Suburban guns/ National Cartridge (die plaaslike agent) toe gestuur sodat hulle ondersoek kan instel. Hulle het my vertel hulle gaan die geweer na Bennie Laubscher stuur om te toets. Ek het in ‘n kwessie van amper 3 weke vir Jonathan Fourie amper 20 boodskappe gelos en eers toe ek gesê het ek gaan nou die storie op Jaracal sit, het hy my terug gebel- nie met inligting of oor ek so baie boodskappe gelos het nie , maar om te sê ek moet hom nie dreig nie.
Hy het, na ek en hy lank gepraat het vir my gesê hulle het ‘n paar foute gekry en die geweer is reg. Toe ek vra wat die foute was het hy gesê my kamer is gepolitoer en paar ander goedjies maar kon nooit vir my sê presies wat nie. Hulle het die geweer terug gestuur na my toe. Ek het terwyl die geweer op pad na my was gebel en vir Jonathan gevra of hulle my herlaai onkostes gaan vergoed in die tyd wat die geweer foutief was. Op dit het hy geantwoord dat daar niks fout was nie en hulle gaan niks betaal nie- " gaan skiet met jou geweer, hy is reg", was sy woorde.....
Ek het die geweer afgehaal en die wapensmid se verslag in die boks gekry. Eerste ding wat my opgeval het is dat dit ‘n ander smid was as wat hulle gesê het hulle gaan gebruik. Die man Sean Newman (Precision Gunsmithing Services) is geniaal- hy kon met net 7 skote die volgende afleidings maak- die geweer skiet uitsonderlik, die eerste twee skote was was bont( hy het telefonies gesê 3) en na die loop ge-“foul” was het die geweer n 11mm 4 skoot groep geskiet. Ek het egter die geweer met n vuil loop na hulle gestuur en hulle het hom ook nie skoon gemaak nie!?!?. Hy het ook die “ejector spring” verslap want hy was te hard en verder is alles reg.
Hy het ook gesê die geweer is n sub moa geweer en is akkuraat genoeg vir benchrest. Toe ek die geweer uit sy tas uithaal wou die slot nie terug in die geweer pas nie, want Sean het dit nie reg aanmekaar gesit nie. Ek het dit toe maar self gedoen, die geweer mooi skoon gemaak en weer probeer groepe skiet. Die geweer se gemiddelde groep met ’n beproefde lading wat ek by Riaan Vermaak gekry het het niks kleiner as 33mm geskiet met n gemiddeld van 45,26mm. Ek het 5, vyf skoot groepe geskiet op 100yds.
Hierna het ek Jonathan gebel en hom uitgetrap oor die geweer nie reg is nie. Hy het toe vir my gesê Sean is onafhanklik van hulle en hy kan nie pa staan vir wat Sean doen en sê nie, alhoewel dit die geweersmid was wat deur hulle (Suburban) gekies was. Ek het Riaan Vermaak van die kooperasie gekontak (waar ek die geweer gekoop het) en soos normaal was hulle diens puik en flink. Die koerier het die volgende dag die geweer opgetel, Riaan het dit binne 4 dae getoets en dieselfde bevindinge as ek gekry.
Die bewyse van my en Riaan se toetse, was vir die manne by National Cartridge steeds nie genoeg nie. Ek het hulle intussen laat weet ek soek n nuwe geweer of my geld terug. Op dit het hulle geantwoord hulle sal met Sabatti in Italië sal praat. ( Geen ag is geslaan op die Suid Afrikaanse Verbuikerswet nie...) In die twee maande en 30 oproepe later het Jonathan my nog net drie keer terug gebel om my in te lig dat hy weer n verskoning het. Ek het 3 keer met Charles Montgomery gesels( blykbaar die "baas") en hy is ook nie n man wat terug bel of beloftes hou nie.
My en Jonathan se laaste gesprek was Vrydag die 27ste Maart 2015 en hy het my belowe hulle stuur op die laatste, Maandag, die 30ste Maart 2015 my nuwe nommers, papiere ens, na hulle 3 gewere getoets het en my die beste een gee. Dit is nou Woensdag , 1 April 2015 en dit is weer elke dag net nog ‘n verskoning. Dit hulle nou al drie dae gevat om 10 skote met elke geweer te skiet.
Eks moedeloos en weet nie meer hoe om te werk te gaan nie. Sulke swak diens het ek nog nie in my lewe tee gekom nie. En moenie kla oor die diens nie - die manne maak dan net nog meer beloftes wat hulle nie na kom nie.

.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
.
Last edited by Geno on Thu Mar 03, 2016 5:17 pm, edited 1 time in total.
Reason: Nico se skrywe gepost.
Reason: Nico se skrywe gepost.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Ek dink die redakteur van 'n nuwe tydskrif, het meer met daai geweer geskiet as Nico..... Maar hy sal seker self kom vertel van sy nagmerrie.....Geno wrote:Nico.
Hoe skiet jou Sabatti. 300wm?
Aim small, miss small
-
SeeMoNsteR
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Wed May 16, 2012 11:58 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Sjoe...moet se dat ek gedink het dat daar darm al n paar manne sou wees wat wel tevrede met hulle gewere sou wees. Wil sulke manne (wat wel tevrede is) aanmoedig om hierso so te kom se asb.
Vir diegene wat dan wel moeilikheid opgetel het... hoe tevrede was jul met die agente se support en voorgestelde resolusie?
Vir diegene wat dan wel moeilikheid opgetel het... hoe tevrede was jul met die agente se support en voorgestelde resolusie?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Nico se stuk ingesit.
Goed, beter, 6millimeter!
-
SeeMoNsteR
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Wed May 16, 2012 11:58 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Jammer om van die gesukkel te hoor Nico.. weet nie wat slegter in jou geval was nie..die feit dat jy met n foutiewe geweer moes sukkel en geld op ammo mors, of die skokkende diens wat jy vanaf NC ontvang het.
Jyt toe uiteindelik n vervangings wapen gekry? Hoe het hy toe geskiet? Seker lights out nadat hul vir jou die beste een gehand-pick het of hoe?
Jyt toe uiteindelik n vervangings wapen gekry? Hoe het hy toe geskiet? Seker lights out nadat hul vir jou die beste een gehand-pick het of hoe?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Nee genade Nico
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Vervolg van post hier bo- ek het toe ek my eerste geweer terug stuur ook my scope, silincer ens saam gestuur sodat hulle die "replacement " kan toets met al my komponente. Ek is toe belowe deur Jonathan dit sal so gebeur. Ek het in die omgewing van n maand en n half gewag vir die toets om afgehandel te word en vir die papierwerk. Ek het ook gevra vir n stainless gewwer- en het gese ek sal die verskil betaal- Jonathan het gese dis reg.
Daar is toe volgens Jonathan 4 gewere getoets (3 stainles en een blou) volgens hom het die stainless gewere nie mooi geskiet nie en hy het vir my papiere vir n gebloude geweer gestuur. Dit se hy eers vir my na ek aansoek gedoen het.
Ek sien op daai stadiun in die nuwe wildland is n sabatti getoets in 300wm. Ek sit 2 en 2 by mekaar en bel vir jonathan. Dit is my geweer wat hulle vir Andrê van Dyk gegee het - om te "toets" en sommer in die jagveld en sonder my toestemming. Ek was redelik opgewerk hieroor. Jonathan kon glad nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie. Ek het dit toe maar laat vaar en soos die engels man se- cut my loses.
My lisensie aansoek is weg en na n maand terug gestuur. Dit het 3 keur gebeur. Na n helse gesukkel kom ek agter die geweer is op iemand anders se naam - tydelikke permit- seker vir die "toets". Jonathan se dis ontmoontlik en ek kry gelukkig n polisie beampte wat dit vir my kon uitsort.
Lisensie is uiteindelik goed gekeur. Ek vra Jonathan of die geweer getoets is met my scope ens op- hy belowe dit is....so kom die geweer by my aan met die rail se skroefies verkeerd om in- voorstes agter en agterstes voor...slot kan glad nie beweeg nie....maar die geweer is getoets. Ek maak dit toe maar reg en begin skiet. Kry ongeveer 10" groepe op 100yds. Riaan Vermaak stel voor ek verwyder die silincer en probeer weer. Hier kom ek met n skok agter hulle het my silincer skeef opgesit en ek skiet hom raak. Na die silincer af is is groepe so 4" op 100yds, en as my scope heeltemal regs gestel is dan skiet die geweer nogsteeds 2" links. Geweer se gaaitjies is skeef.
Ek bel ontmiddelik vir Jonathan en se eks gatvol en soek my geld terug. Hy betaal my geld terug en na n gestoei ook my herlaai kostes. Riaan Vermaak van die ko-op bel my en bied vir my n tikka aan teen n baie goeie prys. Puik diens soos altyd.
Al wat ek kan se is- ek, sabatti, jonthan en national cartridge sal nie weer vinnig om dieselfde vuur sit nie.

Ek kan net beaam wat Nico hier sê. Nico het my op 'n stadium gevra vir raad en hulp met Suburban Guns en as daai mense sê hulle stuur Woensdag die papiere/geweer/ watookal, moet jy presies uitvind watter week of maand se Woensdag, want anders gaan jy lank wag....
Gelukkig het Nico besluit op 'n ander fabrikaat, anders het ons seker nou nog na stories en verskonings geluister....
Gelukkig het Nico besluit op 'n ander fabrikaat, anders het ons seker nou nog na stories en verskonings geluister....
Aim small, miss small
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Die "onafhanklike" Sean Newman werk dan op (ou) Suburban Guns se perseel!