Turksvye

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Turksvye

Post by Chuck »

Goeie middag manne

Na aanleiding van die droogte wat ons ervaar, oorweeg ek om turksvye te plant om die voerbank bietjie aan te help. Het iemand dalk ondervinding van die plante i.t.v watter kultivar is beter en waar kry 'n mens plante? Die plan is om turksvye te plant waarvan die vrugte ook eetbaar is.

Groete
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Turksvye

Post by FHM »

Chuck,

tik "turksvy planting in suid afrika" op google in - daar is n hengse klomp informasie ;)

Laaik hom darem self as hy so koud uit die yskas kom - eishhh!

Sterkte
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Turksvye

Post by Chuck »

Dankie oom, ek sien daar is omtrent lekker baie inligting!

Ek sien daar word gepraat van om en by 40 variëteite- so deeglike huiswerk sal gedoen moet word voor ons begin aankoop...
User avatar
ivanlotter
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Wed Feb 03, 2016 8:21 pm

Re: Turksvye

Post by ivanlotter »

Probeer hidroponiese gars vir voer alternatief
.177, .22, 270WIN, 38SPCx2
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Turksvye

Post by tripodmvr »

ivanlotter wrote:Probeer hidroponiese gars vir voer alternatief
Ivan, dankie vir jou hulpvaardigheid so met die intreeslag. Gaan kyk onder die post hieronder en vertel ons meer van jou doen en late. Baie welkom ook.

http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Turksvye

Post by Chuck »

Ivan dit is iets wat ons baie graag wil doen, dit is egter 'n lang termyn projek met die huidige droogte in ag genome.

Die rede hoekom ek kyk na turksvye is daar is heelwat grond rondom die krale en ou geboue wat onbenut lê. Dit is te klipperig vir aangeplante weiding soos bloubuffel of borseltjie.

Groete,

Izak
Post Reply