Naand almal
Ek wil bietjie hoor wat dink julle sal gebeur of en ek dit so kan gebruik.
Ek maak so nou en dan my muzzle break skoon en dit is nogal 'n werkie om in al die gleuwe en gate by te kom.
Kan ek nie my MB in die sonic cleaner gooi nie, onthou dit is aluminium MB.
Ek is net bang ek doen dit met die "doepa" waarmee ek doppe skoonmaak en dan is daar niks meer van die MB oor as ek klaar skoon gemaak het nie. Ek gebruik huidig Lyman se Turbo Sonic vloeistof vir doppe.
Dalk miskien iets ligter probeer soos sunlight liqued seep met 'n druppel "carbon remover"......
Verskoon asb die engelse woorde......
Voorspoed
Johan
Sonic cleaner en aluminium
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Sonic cleaner en aluminium
Ek weet nie, ek glo nie die Al sal iets oorkom nie, om die waarheid te se Al sal niks oorkom nie! die verf is 'n ander saak. my cz 75 het ek ingegooi en hy het vol borrels uitgekom wat so sleg gelyk het dat ek al die verf afgekrap het(na nog 'n sessie in die cleaner. toe dit laat ceracote. ek gebruik egter nie meer sonic cleaner nie, SS tumbler is wat nou die truuk doen en dan gewone tumbler vir blink hou.
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Sonic cleaner en aluminium
Maak net seker dat daar nie Caustic Soda in die doepa is nie. Daai goed vreet Alu. 3k het onlangs matryse in Ultrasonic bad ook gewas met Prepsol en die Matryse het mooi skoongekom, maar die Forster lockrings is dof gevreet deur dit.
Jannie Welman
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Sonic cleaner en aluminium
Gooi net skoon water in die soniese skoonmaker.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sonic cleaner en aluminium
Dankie manne.
Ek het 'n rukkie terug weer die sonic cleaner vir doppe gebruik, maar ek dink dit was die laaste keer. Vlekke op die doppe ens sit my af.
Tuimel maar net van nou af die doppe, maar ek sal die sonic cleaner hou vir snaakse items om skoon te maak soos die MB.
Ek gaan maar aan die veilige kant begin met net skoon water en kyk wat daar uitkom.
Voorspoed
Johan
Ek het 'n rukkie terug weer die sonic cleaner vir doppe gebruik, maar ek dink dit was die laaste keer. Vlekke op die doppe ens sit my af.
Tuimel maar net van nou af die doppe, maar ek sal die sonic cleaner hou vir snaakse items om skoon te maak soos die MB.
Ek gaan maar aan die veilige kant begin met net skoon water en kyk wat daar uitkom.
Voorspoed
Johan
