Ek wonder so bietjie. met die droogte daar in die noorde, hoe lyk die jakkalse se getalle ( getalle kleintjies ook) oor die algemeen en hulle kondisie.
vrek hul uit van honger of floreer hul juis nou met groter diere en vee wat vrek van droogte. is daar enige jakkalse wat onlangs geskiet was wat maer en uitgeteer is. Of lyk dit maar normaal?
Invloed van droogte op jakkalse
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 629
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Invloed van droogte op jakkalse
Ekself het nog nooit 'n maer jakkals geskiet of gevang nie. Ek het wel maer rooikatte geskiet. Ek reken dit het te doen met die feit dat jakkalse nie slegs vleis vreet nie,maar ook sekere soorte plante en bessies en tipes vrugte. Ek het al stukke turksvyblaaie rondom jakkalse se teelgate opgetel.
Ek het egter nog nooit opgemerk dat rooikatte enige tipe plante vreet nie.
Ek hoop die slim manne kom deel hul kennis met ons.
Groete
Ek het egter nog nooit opgemerk dat rooikatte enige tipe plante vreet nie.
Ek hoop die slim manne kom deel hul kennis met ons.
Groete
-
GERHARD 3
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm
Re: Invloed van droogte op jakkalse
Goeie More. My ondervinding van jakkalse geskiet in NW en Oos Vrystaat die laaste drie weke is dat hulle lyk goed en in top kondisie. Waar daar water wel is , is daar insekte en paddas en voels en natuulik plante. Op gestroopte lande is nog niks geplant nie en daar is baie kos soos springkane en kewers. Kiewiete en tarentale is volop. Muise en klaasneuse loop ook nog in getalle merkbaar met die oog. In Ladybrand vir die eerste keer op tierboskatte afgekom en hulle is in die vleie en op droee lande wat le en nie geplant is nie.
Weereens die vermoee van die jakkals om aan te pas en te oorleef is baie goed.
Weereens die vermoee van die jakkals om aan te pas en te oorleef is baie goed.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1893
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Invloed van droogte op jakkalse
Die drie jakkalse wat ek nou die aand geskiet het was rond en gesond. Ek wil dit amper waag om te se dat hulle baat by die droogte. Verswakte diere wat vrek voorsien kos vir hulle.
Maak 'n verskil
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Invloed van droogte op jakkalse
So 'n kos roepie gaan hulle aandag trek
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas