Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ludwig, as ek 'n loop moes kies sou dit 'n 5C Broughton wees. Hulle presteer darem net te goed in die long range (f-klas en 100yrd BR) kompetisies as mens so bietjie op die net lees. Daarmee saam die Stiller tac 338.
Ek het nou die dag met oom Chris van Niekerk gesels en hy is nogals beindruk met die Stiller aksies.
Ek mag dalk bietjie bevooroordeel wees aangesien ek nou 'n broughton loop en Stiller aksie aanmekaar laat sit het
Ek dink hulle was op special vir R4950 toe ek gekoop het, kan nie onthou nie maar anders sou dit R5500 gewees het.
Die defiance aksie sal ook nie 'n sleg roep wees nie, het nou weer so bietjie na hulle geloer. Ek dink hier maak keuse nie so erg verskil nie.
Die roer gaan mos nou spesifiek vir v?r skiet wees en die vat mos tyd, het jy al 'n enkelskoot oorweeg? Dan sou ek Defiance gaan.
Kyk net voor jy besluit op aksie na die volgende dinge ...
Watter sneller gebruik hy (seker enige rem 700?)
Watter magesyne en bottom metal werk saam met die aksie
Is die picatinney rail slegs bekombaar vanaf hulle of kan hy ook 'n gewone REM 700 rail, scope mounts gebruik.
My aksie is presies soos die Rem 700 kort aksie behalwe vir die scope mounting. Die stiller is rond agter waar die Rem 700 afgeplat is. So ek kan nie gewone Rem 700 scope mounts gebruik nie.
Ek gaan CDI bottom metal en 'n AICS magesyn gebruik.
Ek weet S&O het 'n tyd terug 'n Surgeon kort aksie vir iemand ingebring.
Die ouens by S&O is regtig behulpsaam en as jy so iets soek moet jy maar met die manne daar gesels.
Ja, die scope mounts is nie 'n deal breaker nie maar mens moet net daarvan bewus wees.
Kry tog maar die 20 MOA rail, jy wil mos v?r klip gooi. Ek sal self ook vir my die 20 MOA rail moet kry aangesien ek net die standaard een het. (Dit is nou as die f-klas gogga hard byt as ek begin skiet )
Ek gaan 'n NXS 8-32X56 op hom sit sodra ek die lisensie kry. Die scope doen nou maar diens op my 308 wat dan seker 'n 300 sal word
Was nog nie by oom Chris om my goedjies te gaan optel nie, maar met nuwe verwikkelinge op die horison (huis koop) dink ek nie dit gaan gou gebeur nie. Ek sal elkgeval vir oom Chris vra en laat weet maar ek dink dit self gaan 'n lang proses wees want soos ek lees is McMillan maar vol geboek. Eers sal ek maar 'n Boyds varmint thumbhole kolf opgooi.
In F-klas word jy beperk tot 'n 8mm kaliber so die 338 is uit. Hiervoor sou ek ook eerder 'n 7mm voorstel want daai 180gr Berger se BC is moeilik om te klop.
Omdat my aksie dieselfde is as die REM 700 SA, bestel ek eenvoudig die kolf vir die aksie met die sekere bottom metal inlet en die loop inlet. Dit sal net tyd en geld kos.
Iemand het my aanbeveel om die 5.5-22X50 te vat. Nou is ek spyt ek het dit nie gedoen nie. daar is nie 'n groot verskil in van 50-56 vir dit wat ons die gewere voor gebruik nie en die 5.5-22 het baie meer beskikbare interne verstelling. Miskien wen ek eendag die lotto en dan koo pek sommer vir my 'n US optics scope
Ludwig wrote:
Hy sit darm so bietjie laer op die geweer ook wat net 'n goeie ding is en met daai 100 MOA interne verstelling gaan hy mooi werk vir die lang afstande.
Daai is nou my einste probleem. Ek weet nou nog nie maar ek dink in plaas van lae monteringe gaan ek nou mediums moet gebruik ... dit is 'n ekstra 6mm hoer wat nie na baie klink nie maar dit maak nogal 'n verskil in jou cheekweld as dit nie reg is nie. As mens 'n verstelbare wangstuk het maak dit natuurlik nie saak nie.
Kyk bietjie hier hoe 'n scope moet pas . Dit is lynx basise met lae ringe en 'n 4.5-14X42 Burris op my Howa 223. Ek het hom so opgesit dat hy net net nie aan die loop raak nie.
Met lae ringe op my nuwe geweer moet die loop se profiel net 2.5mm onder die aksie se buite diameter wees, sodat die 56mm objective scope pas.
Ek dink ek kan dit dalk met 'n kat snor se dikte maak want die aksie behoort 1.35" te wees en die dikste deel op die loop is 1.25". So daar is klaar 1.27mm. Dan kort ek net nog 1.27mm op die loop se profiel ...