Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
29e September R10230 aan hulle oorbetaal vir nuwe scope, nou sit ek sonder scope, sonder my my geld, hulle antwoord nie my eposse nie en die telefoon word doodgedruk....
Ek het maar vrede gemaak dat my geld weg is, maar dit is nou vir my 'n beginselsaak om Lydia van Zyl (as dit ooit haar naam is) se lewe moeilik te maak.
Regtig jammer om te hoor dat hulle jou so ingedoen het.
Ek het verlede week op baie goeie pryse afgekom by n plek met die naam van Sound City. Hulle gebel en n "Chinese" vrou het geantwoord. Rooi ligte het dadelik aangegaan. Het bietjie verder Oom Google geraadpleeg en hyt my op die spoor gesit van "Hello Peter". Dink die mense doen presies dieselfde. Daar is net een Sound City en dit is in Silverton, Pretoria. Die vrou se sy is in Wolmaranstad. Volgens die mense van Hello Peter is die vrou in PE. Cell nommer presies dieselfde.
Mens kan deesdae nie te versigtig wees nie.
As jy met jou kridietkaart betaal het is daar n manier wat die banke die transaksie kan reverse. Hulle adverteer dit nie maar kon dit doen met One Time flug kaartjies wat ek gekoop het.
Sterkte.
Adriaan
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
Jammer om van jou skade te hoor. Dit is sleg een daai as 'n ou so ingeloop word. As dit beginselsaak is en jy wil iets doen, wat van 'n bedrog saak oopmaak by die SAPS en 'n wenk aan die Handelsmisdaadeenheid
RiaanKriel(Duracell) wrote:Jammer om van jou skade te hoor. Dit is sleg een daai as 'n ou so ingeloop word. As dit beginselsaak is en jy wil iets doen, wat van 'n bedrog saak oopmaak by die SAPS en 'n wenk aan die Handelsmisdaadeenheid
Dit is my plan Ek sal begin November terug wees in SA en gaan dan saak oopmaak by SAPS. Ek verwag nie om my geld terug te kry nie, maar as ek hulle lewe moeilik kan maak, dan sal ek rustiger slaap. In die bedryf waar ek "my geld verdien" het ek gelukkig ook 'n paar maniere en kontakte om sulke "probleme op te los". Die wiel draai stadig, maar hy draai.....
Maar kan iemand nie daai nommer trace nie. Ek het vanoggend met MTN gesels oor n probleem en hulle kan baie goed sien op hul stelsel, wie is waar en wat hulle doen. Ek is seker met n lasbrief kan hulle jou presies se waar daai nommer is.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Nickvn wrote:Maar kan iemand nie daai nommer trace nie. Ek het vanoggend met MTN gesels oor n probleem en hulle kan baie goed sien op hul stelsel, wie is waar en wat hulle doen. Ek is seker met n lasbrief kan hulle jou presies se waar daai nommer is.
Ek het die sel nommer, hul bank besonderhede asook hulle besigheids registrasie nommer. Ek het reeds paar toutjies getrek om dit te laat trace
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Ek het hulle per EFT betaal van my Nedbank rekening. Het hulle sommer by Nedbank se bedrogafdeling ook gerapporteer. Ek het verwag om te hoor "sorry, ons kan niks vir jou doen nie", maar was nogal verbaas toe ek binne 10 minute na my epos aan hulle 'n versoek kry van hulle vir die bedrag asook rekening waarin betaling gedoen is.
Askari wrote:Dankie manne! Ek wil nie nou te veel sê nie, maar die ratte het klaar begin draai..... hierdie sakie gaan ek nie sommer so los nie
Hierdie tipe mense is baie geslape, meeste mense gee op na n ruk, dit is hoekom hulle wegkom. Moenie opgee nie. Het daai nommer geskakel, geen antwoord. Hulle verander heeltyd sel en banknommers.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."