Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
So 'n paar maande gelede het my vriend, Joe, onderstaande uitlating hier op die Forum gemaak:
Ek het vandag gaan skiet. Wil die geweer zero op 200 m skiet op 25 vergroting. Die teiken kom eers in fokus as die parallaks op 400 yards gestel word. Mirage was erg. Skiet een skoot lyn reg maar hoog. Stel scope af dan is hoogte reg maar skiet 6 duim links. Stel niks skiet die geweer regs. Draai vergroting af na 12 dan skiet ek die A 4 papier mis. Parallaks werk beter van 18 vergroting af. Die aksie skroewe is vas, die geweer is gebed, die koeel raak nie die demper nie, basis en ringe is vas en die loop raak nie die kolf nie. Kan daar iets fout wees met die scope? Ek was vandag n provisiale skut, elke skoot was in n ander provinsie. Ek het die scope januarie gekoop. Julle hulp sal waardeer word want ek is nou raad op.
Die teleskoop is dof, terwyl Hawke se lense baie beter as die van Zeiss s'n. Nie lank daarna nie was hierdie Zeiss Conquest 5-25x50 te koop aangebied op die Forum. Kry dit nie verkoop nie.
Hy besluit toe maar om die teleskoop in te handig - moes Duitsland toe. Om 'n lang storie kort te maak: Hy kry die teleskoop na 2 maande terug. En wat was die fout? Hy het nie die sticker van die voorste lens af verwyder nie!
PWV wrote:So 'n paar maande gelede het my vriend, Joe, onderstaande uitlating hier op die Forum gemaak:

PWV wrote:
Skiet een skoot lyn reg maar hoog. Stel scope af dan is hoogte reg maar skiet 6 duim links. Stel niks skiet die geweer regs. Draai vergroting af na 12 dan skiet ek die A 4 papier mis.
Die plakker kon mos nie die rond skietery veroorsaak het nie?

Fokus,maat fokus!
In die klas en ook met die teleskoop.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Waar was die verkoopsman in die prentjie? Sekerlik is hy ook geflous deur die sticker. Nie eens te praat van al Joe se Paarl vriende nie, magies manne julle is mos ou hande en moes mos dit geweet het
PWV wrote:
Skiet een skoot lyn reg maar hoog. Stel scope af dan is hoogte reg maar skiet 6 duim links. Stel niks skiet die geweer regs. Draai vergroting af na 12 dan skiet ek die A 4 papier mis.
Die plakker kon mos nie die rond skietery veroorsaak het nie?
Die scope is reggemaak, maar ek het ook gekla oor helderheid.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
PWV wrote:
Skiet een skoot lyn reg maar hoog. Stel scope af dan is hoogte reg maar skiet 6 duim links. Stel niks skiet die geweer regs. Draai vergroting af na 12 dan skiet ek die A 4 papier mis.
Die plakker kon mos nie die rond skietery veroorsaak het nie?
Fokus,maat fokus!
In die klas en ook met die teleskoop.
Nee ou Gawie - jy sal dit asb vir hierdie onosele ou moet verduidelik. Ek kan nie sien hoe 'n plakkertjie wat die beeld effe dowwer gaan maak, kan veroorsaak dat jy 'n A4 blad misskiet nie. Leer nou asb vir my ook iets nuut
Eks 1 van hulle, ek het definitief nie n sticker afgetrek nie, maar dit het ook nie gelyk of daar n sticker is om af te trek nie. Gaan nou gaan seker maak!
Ok hier is bietjie verwarring. My scope is nie ingestuur vir helderheids probleme nie dit is ingestuur omdat die "point of impact" verskil het as ek vergroting verander. Dit het zeiss reggemaak. Ek het ook gekla dat die zeiss se beeld wat nie helder is nie, dit is nou waar die sticker storie in kom, of hulle vergeet het om die sticker te verwyder toe die scope vervaardig is wanneer dit uit die fabriek kom dit weet ek nou nie, maar ek moet sê die scope is nou mooi helder .
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
joe rocket wrote:Ok hier is bietjie verwarring. My scope is nie ingestuur vir helderheids probleme nie dit is ingestuur omdat die "point of impact" verskil het as ek vergroting verander. Dit het zeiss reggemaak. Ek het ook gekla dat die zeiss se beeld wat nie helder is nie, dit is nou waar die sticker storie in kom, of hulle vergeet het om die sticker te verwyder toe die scope vervaardig is wanneer dit uit die fabriek kom dit weet ek nou nie, maar ek moet sê die scope is nou mooi helder .
Nee daai verstaan ek nou heeltemal Joe - dis mos wat ek probeer sê het, maar toe sê ons wakker vriend ek moet fokus in die klas en daai verstaan ek nie Die plakkertjie is toe nie die rede vir die rond en bont skietery nie
Groetnis - en ek hoop jy geniet die scope nou sommer baaaaie!
madako wrote:
Nee ou Gawie - jy sal dit asb vir hierdie onosele ou moet verduidelik. Ek kan nie sien hoe 'n plakkertjie wat die beeld effe dowwer gaan maak, kan veroorsaak dat jy 'n A4 blad misskiet nie. Leer nou asb vir my ook iets nuut
E k s a l s t a d i g t i k. Hy skiet met 'n 30- 06. Dit is sy eerste fout. Oor die plakker kan ek nie kommentaar lewer nie, maar as jy nie kan sien nie, draai jy daai "side focus" soos 'n opwen orrel.
Joe vat dit soos 'n man op die ken. Ek is bly om te hoor die glase is reg. Nou gaan daai 06 amper so goed soos Oom Pieter se 308 skiet.
Dawie, my tong is stewig in my kies maat. Jammer as ek jou te na gekom het.
Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Met sulke "vriende" het n mens nie vyande nodig nie! In dieselfde asem wil ek net dankie vir Oom PW se, want ek het nou lank laas so lekker gelag! Joe jou selfoon het ook nog seker daai sticker op waarmee hy uitkom het?
Boys nou so gepraat oor jou naam lekker bollie maak. n Klomp jaar terug voor die kinders, is ek en my broer af see toe saam ons poppe. Die Saterdag oggend 9:00 speel die Bulls teen die Crusaders in Christchurch in die Super12. Die Bulls speel verbete en ons is halftyd voor. So loop ek oor na die kas om die volgende botteltjie te gaan haal om te vind daar is nie nog nie. Ons twee jaag na die naaste hapteek om nog n paar te gaan optel in halftyd en maak dit wragtig net om so minuut of twee te verloor van die tweede helfte.Twee weke daarna het ek wel n lekker verrassing in die pos gekry. Die vrouens het intussen die feeste vure aangesteek vir die braai en die volgende bottle antibijotike word oopgemaak.
Die spanning is onuithoubaar en ons bederf ons self mildelik en deurlopend met die medikasie. Die plek het so verskoning vir n braaier en ons sukkel behoorlik om die steaks gaar te kry so deur die tweede helfte, Daar word verskeie kere vuur gemaak en weer gebraai. Ons wen toe die dag en ons vreugde ken geen perke! Die vrouens tower n lekker mushroom sousie op en uiteindelik word daar aan tafel gesit vir die oorwinningsmaal. Ek vind toe die steak bitter taai en sukkel my dinges af om hom gesny of gekou te kry al het ek my skerpste valstande in. Op n stadium wys my vrou toe uit dat dit eerder daai vellietjie wat saam met die vleis kom in die verpakking wat die oorsaak is as die Natalse steak self. Ook maar n sticker van soort. Die sticker het wel niks aan my visie tedoen nie en moes ek dalk meer noukeurig die gebruiksaanwysing agter op die medikasie gevolg het!
Joe ek dag ek deel maar die storie sodat jy nie so eensaam en alleen voel nie.
Dankie vir die deel Wouter het nou self lekker gelag! Eensaam en alleen sal ek nooit wees nie, ek is n bok vir sports, my pelle ken my so, so as ek nou maar bietjie my naam gat maak en almal lag saam is dit mos lekker, ek hoop net iemand leer iets uit my foutjie .
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.