Kopkrap oor TPL

Post Reply
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Kopkrap oor TPL

Post by pietjacobs »

Naand almal,

Ek is nou regtig moedeloos gesukkel. 'n Vorige besoek aan die skietbaan het ek my ladings gekry en toe besluit om net te "fine tune" op die TPL. Ek het 0.5 op en 0.5 af gestel. Die resultaate is verstommend. Groepeering bestaan nie, die gate is oor die hele teiken tot so ver as 6-8 cm op 100m van mekaar af. Die lading en TPL van die vorige toets is die enigste wat wel gegroepeer het. Nou my vraag is, kan 0.5mm op TPL regtig so verskil maak of is ek maar net nog nie op die perfekte lading wat ek gedink het ek is wel op?

Groete,
Piet
Last edited by pietjacobs on Sun Mar 06, 2011 1:32 pm, edited 1 time in total.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Kop krap oor TPL

Post by Jagtersdok »

Piet
As jy gaan rond lees sal jy sien al die groot manne s? moenie inkremente groter as 0.2mm gebruik nie.

En ja dit kan regtig
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Kop krap oor TPL

Post by pietjacobs »

So leer mens elke dag.

Nou as jy 'n lading het wat jy nou dink is jou beste lading, hoeveel gr moet so lading +- jou toelaat om op en af te gaan sonder om regtig 'n groot verskil te maak op groepeering en hoeveel mm op die TPL, 0.2mm dan seker.

Hoekom ek vra oor die TPL is, ek het gesien dat van die punte is nie almal ewe lank nie en oor die lading, ek kan sien op die spoed dat party lyk of hy bietjie meer of bietjie minder kruit het.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Kop krap oor TPL

Post by Jagtersdok »

Okay hier kom ons nou by die lekker dinge.

Die manne praat van dat as jy die swwetspot 100% geslaan het kan jy 0.5gr op en af gaan sonder om beduidende verskil te sien. Ek en baie van die benchrest manne met wie ek al gepraat het werk op 0.3gr weerskante toe.

Nou wat die Tpl betref. As jy super akuraad wil skiet meet jy die koeels elkeen en klas hulle en laai klas vir klas. Die ander goue midde weg is om van die TPL ogive af te meet want dit is die gedeelte wat die loop se lande erste slaan. Solank as wat die jump van die lande na die ogive van die koeel min of meer konstant is sal jou timing mooi werk want jou tpl tot by ogive  is konstant
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Kop krap oor TPL

Post by Jagtersdok »

Oor die spoed wat varieer.

As jy bv nie doppe fireform nie. Elke dop sit anders uit werks verharding etc al is die load presies dieselfde.

As jy koeels krimp as jy seat is die krimpsterkte nooit dieselfde nie.

hoe langer vryboor is hoe meer invloed het ander veranderlikes op spoed variasie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Gerard

Re: Kop krap oor TPL

Post by Gerard »

As 'n geweer so sensitief is vir tpl, is daar fout met die geweer wat moet reggemaak word.  Watter fabrikaat is die geweer?
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Kop krap oor TPL

Post by pietjacobs »

Dit is 'n Ruger .270

Wat ek nie klein kry is dat die Nosler punte baie goed werk, maar natuurlik duurder is. Kan dit wees dat die geweer maar net nie dalk van die SST hou nie? Dit is 'n 22" loop.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kop krap oor TPL

Post by Wouter Roets »

Hallo Piet
My ondervinding is dat die TPL van n ronte wel n baie groot invloed op akkuraadheid het. Dit is wel so dat indien jy op die sweetspot is dat n 0.2mm op of af wel nie die kind van die katel af gaan gooi nie maar met inkremente van 0.5mm die verskil oor die algmeen opmerklik is. Kom ons begin en kry die sweetspot en dan speel ons so n bietjie met die TPL om hom net te finetune. Gee vir my asb jou dopkapasiteit van n gevuurvormde rondte, doplengte, TPL na die groewe toe en die maksimum TPL wat in jou magesynkas sal inpas dan werk ons n lading uit wat jou node/sweetspot sal slaan. Indien ons daai spoed bereik het en die groepering is nog steeds nie na wense nie dan weet ons jou geweer hou nie van die koeel nie. Maar eers doen die volgende. Vat jou geweer en gaan hom deeglik deur. Draai die skroewe van die aksie en teleskoop ordentlik vas. Maak die kamer en loop mooi skoon en maak seker daar is nie koper in die loop nie.
Wanneer jy daarmee klaar is dan sal ons die lading toets wat ek vir jou gee.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Kop krap oor TPL

Post by pietjacobs »

Dankie Wouter vir jou hulp wat jy aanbied.

Ek is hopenlik die naweek terug by die huis dan sal ek jou PM met al die info.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Kopkrap oor TPL

Post by pietjacobs »

Middag alamal,

Ek wil net vir Wouter en Jagtersdok dankie se vir die hulp wat hulle my gegee het. Wouter het vir my 2 spoed opsies gee waarvan die een ooreen gestem het met die wat dok vir my gegee het. Ek het toe gelaai en gaan meet op die baan tot ek beide spoed opsies behaal het. Ek het toe ook gister die kans gehad om saam met 'n vriend die "Sweat Spot" metode wat op Safarian and Outdoor se website is te gaan doen.

En....wat is toe die lading volgens die Sweat Spot manier, presies in die spoed range wat Dok en Wouter aanbeveel het. Dankie manne!!!! Mense kan gerus meer luister op die forum en die raad volg, hier is manne wat weet waarvan hulle praat, party van ons is maar net partykeer bietjie hardegat en hou van sukkel, lol.

Ek sal nou hopenlik volgende naweek die ladings kan gaan toets en hopenlik my probleem oplos. As ek dan nog steeds nie groepeer kry nie, dan.....nee vrek dan hou ek maar by bier of ek moet dan maar 'n tweede opinie gaan kry oor my roer.

Groete,
Piet
Last edited by pietjacobs on Sun Mar 06, 2011 5:50 pm, edited 1 time in total.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Kopkrap oor TPL

Post by Jagtersdok »

Net plesier ou maat
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Kopkrap oor TPL

Post by Izak H »

Hi Piet

Jong ek is nou nie 'n pro nie, maar gehoor as die manne wat ken van praat, dat as jy met die sweet spot-metode 'n lading kies jy met die "punt-diepte" moet rond speel om die groepering reg te kry. So probeer dit ook, ek is self besig met die metode, die weer en tyd bly maar net 'n probleem.

Groete IZak
Post Reply