Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Christo 300Winmag dankie, dis wat ek gehoop het om te hoor. Ja ek glo dat as ek deur al die stappe en onkostes gaan om die KD op te sit en in te stel sal dit seker die manier wees hoe ek die geweer gaan gebruik. Beplan om my ore ook so effe te spaar.
More Manne
Ek was gister op die skiet baan daar stop toe n man met 280 cal wat skiet soos n .22 cal . Dit is van die sagste Suppressor wat ek nog gehoor het.
Wel ek gaan een bestel.
Gaan kyk maar na die web blad. http://moosesuppressor.com/index.php?si ... 0&pageid=2
Hunter xxx wrote:
More Manne
Ek was gister op die skiet baan daar stop toe n man met 280 cal wat skiet soos n .22 cal . Dit is van die sagste Suppressor wat ek nog gehoor het.
Wel ek gaan een bestel.
Gaan kyk maar na die web blad. http://moosesuppressor.com/index.php?si ... 0&pageid=2
Lekker jag
Hunter xxx
Hunter is daai moose suppressors rerig so goed????
Ek sien as jy hulle web blad oop maak sit daar 2 manne by 3 springbokke al 2 die manne se gewere het suppressors op, maar die man sit met oormowe op.
Nou wonder ek maar net?
Manne,
Ek het al saam met Dirkie( regs op die foto ) springbokke op Bradley se plaas gejag en ek kan met gemak se hy maak 'n goeie knaldemper wat doeksag is.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ook nogal daai een gesien, moet se ek het ook saam met daai ou links al gejag, Jurund Lien, hy skryf vir die europese tydskrif JAKT, en jy sien hom selde sonder daai ore, skiet sommer n bakgat skoot homself ook.
Hunter xxx, ek is nou maar kort met die kd skiet doenig, die man wat vir my knaldemper deur 'n gunshop in windhoek moes laat maak kon lyk nie bykom met die tyd nie. Toe ek weer sien (na ek nie meer kon wag vir geweer) tikka varmint s/s 22.250, kry ek die gweer met die moose kd op. wetie hoe moes die oorspronklike een gelyk het nie, vermoed dit is Dirkie wat dit sou gemaak het. Ek het nie vorige ondervinding van kd nie, maar ek kan op my geweer nie van die moose kd kla nie, regtig by sag. Ek is heel tevrede met die kd.
Is weer terug by die huis.
Hunter, ja ek het die hele setup (geweer,scope en kd) by Gunshop gekoop. Raven het daardie betrokke dag in die winkel gestaan ook, kon ook nie besluit tussen remington vtr, sako en die tikka nie. Raven het so van die kant af baie sterk aanbeveel vir die tikka . Ek is nog nie een dag spyt nie, maar daardie sako was darem ook baie mooi gewees, ss fluted barrel, laminated kolf ens, maar die ou redenasie van die spaargeldjies met ordentlike "ogies" en die feit dat sako te mooi is om mee te werk het toe gewen.
Sit tog asb vir ons die pryse by as dit moontlik is (van dirkie se kd's), wil bietjie vergelyk met wat ek betaal het vir die moose. Weet nie of ek dirkie se pryse betaal het en die moose dalk goedkoper kon gekry het nie. wetie
Naand se. Atta, daai pryse klink min of meer na wat ek betaal het. Die oorspronlike prys wat ek vir kd betaal het was $ 3800, maar ek vermoed dit sou een van dirkie s'n gewees het, maar nou weet ek nie meer so mooi nie, die moose het lyk my na die tyd eers opgekom nadat ek begin opdruk het om die geweer te kry. Weet egter nou nie vir watter kd ek daardie prys betaal het nie?
Andersyds is ek gelukkig met die hele setup, man vergeet mos laterhand van die hongerpyne so paar maande na daardie tipe aankope?
Nou ja, so maak elke man mos sy pond botter om die potte aan die kook te hou. Noggie van die hauskin gehoor nie, maar as die moose so mooi loop, dan moet die hauskin doeksag wees. Soos jy se, die tikka t3 uit die box is vir my baie goeie waarde vir die geld wat ek spandeer het.
Ek verstaan nou ook mooi, dirkie maak self die moose, het gedink dit kom so ingevoer van iewers.
Ek het my Terminator uiteindelik op
die plaas gaan probeer.
WOW, ek was skepties, maar
ek is regtig beindruk. Ek het geen
verwysingsraamwerk nie om die klank te vergelyk met ander KD nie,
maar ekkon sonder plugs skiet.
Ek het sommer gel? agter op die cruiser se bak in die
veld en kon darem die geweer vinnig instel
om R 5 grootte groep te skiet op 100m.
Sien uit om bietjie op 'n bank te skiet.
Recoil terwyl mens l? is nie altyd lekker nie,
maar die 30-06 voel soos 'n 243.
Al wat ek will weet, hoe maak julle as julle stap?
Ek jag nie van bakkies af nie en op 700gr gaan
daai roer swaar raak so laat middag. Dink julle mens kan die
KD in 'n Camelback dra en voor die stalk begin opdraai?
Haak dit nie vas aan takke as mens die geweer aan
sy belt oor die skouer dra nie?
Wyka
Dit is al nadeel van die kd. Daar is nie altyd tyd vir opskroef van die kd nie , en jy moet ook seker maak dat jou kd styf vasgedraai is , wat beteken dat jy sal moet regop staan om seker te maak hy is styf vas. Wat ek probeer se is dat al hierdie voorbereiding moet maar gedoen word voor jy met walk n stalk begin en ek dra gewoonlik my geweer in my hand waar dit bietjie bebos is want hy haak maar aan takke en goete.
O ja - net bietjie meer raad - maak maar gereeld jou geweer se kroon skoon dit kan jou rondneuk met groepering as dit aangepak is.
Cheers
WW
Ek het n Thor KD. Hoe vergelyk hy met die Terminator klank gewys asb. Ek wil niemand afkrap of pryse vergelyk nie asb. Ek wil net weet hoe vergelyk die twee met mekaar.
Ek het met Wouter se 7mmRM geskiet met die THOR op. Baie beindruk. Baie min recoil en goeie demp van klank.
Hy vervang hom toe met n Terminator en het toe weer die voorreg om op sy plaas n skoot te vat en ook langs die geweer te staan agterop die Cruiser toe ons in ntrop Bo-jane vasry en "triggerhappy-Jagtersdok" trek los!
Daai Terminator is beter (volgens my doof-geskiete ore) met klank-demping as die THOR. Recoil voel maar baie dieselle, maar ek dink my dik gat is meer hiervoor verantwoordelik. Ek voel skaars n 458 skop so dit pla my nie rerig nie, haha!! I.t.v loop-wip sal die 2 baie naby aan mekaar presteer raai ek.
Laaste groot voordeel is die terminator is kleiner (diameter) as die THOR. Maak dit bietjie meer beweeglik en dit vertoon ook mooier.
Het nou net met Wouter gepraat en hy se ook daar is baie min verskil tussen die 2. Ek het sy Thor gevat vir my 30-06. Ek wou net weet wat is die verskil tussen die 2 want die Thor is baie netjies. As ek die bok mis skiet dan gooi ek hom dood met die Thor teen die kop dan is daar geen vleis skade behalwe brein skade.
Lekker dag boet.
Het Geno nou net op facebook en nou kan ek darem gesig by naam sit.