Chrony raakskiet!

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Chrony raakskiet!

Post by Benman »

More Kerels

Ek het nou al by verskeie manne gehoor van manne wat hulle eie of hul vriende se Chrony vlenters geskiet het... Myne le nog in die boks, maar ek sal graag by by julle wil hoor oor die opstel van die chrony om te verseker dat jy hom nie vlenters skiet nie.

Loer jy deur die bore? Ek sal hulp wardeer, wil nie graag nou al nuwe parte koop nie...

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by Arnold »

Ek kyk altyd deur die loop of ek veilig is. Pasop as iemand gou 'n skoot oor jou chrony wil skiet. Omdat dit vir jou geweer reg opgestel is beteken dit nie dat dit veilg gaan wees met sy geweer nie. Vat daai ekstra 5 minute en maak seker.
Last edited by Arnold on Thu Feb 17, 2011 12:09 pm, edited 1 time in total.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Chrony raakskiet!

Post by THOMAST »

Dis 'n goeie idee om deur die loop te kyk om te sien dat die skerms nie dalk in die pad is nie. As jou teleskoop verstelbaar is, stel hom af na sy laagste vergroting en loer ook maar deur hom. Stel die kronograaf ten minste 5 meter van die loop af op, veral met die raserige tipes, anders gaan die skokgolf jou rondneuk met vals lesings.
Dis nie altyd die skut se fout nie..wel nie direk nie.
My eerste Chrony het sy g*t gesien jare terug to 'n vriend sy 6mmSUPER (270 afgenek na 6mm, gebou deur Peter Mesarich) se spoed por hom getoets het. Ou 100 (105?)gr Sierra koe?ls  met moerse lading.
Eerste een lees amper 3500pfs! Tweede een - geen lesing, maar chrony steier bo op die driepoot! Mantel van koe?l het losgetrek van die kern agv ho? revolusies en is deur die skerms. Loodkern is deur die masjientjie. Ek kan nie die spiraal van die loop onthou nie maar ek vermoed dit was maar aan die vinnige kant en as ek reg onthou was dit teiken koe?ls gewees.
Laat die manne met vinnige willekatte hulle eie kronograwe aanskaf en gebruik.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by Robert »

Ek is maar bang vir crony's raak skiet.

Ek het 2 rooi plakkiers so 85mm bo die chrony aan die regop staan pennetjies geplak. Voor ek skiet kyk ek eers deur die bore en dan deur die scope, Ek maak seker die horisontale kruishaar van die scope is gelyk met die plakkertjies. dws jou bore is dan tenminste 25mm bo die sensors van die chrony.

Dit kan jou chrony spaar.

Wees maar oor versigtig

Robert
Oorwining deur opleiding
Gerard

Re: Chrony raakskiet!

Post by Gerard »

Jeff Cooper het by geleentheid gese:  "Anything that goes downrange will eventually get shot."  Die enigste manier om te verseker dat hy nie geskiet word nie is om hom agter 'n staalplaat, wat 45 grade agtertoe leun, te sit.  Dan moet mens opstaan en gaan kyk wat die lesing vir elke skoot is.  Dit is beter om maar 'n kronograaf te kry wat die lesings op die rekenaar by jou op die bank gee en net die meetstelsel voor die geweer plaas.  Ek ken manne wat al op hulle 4de Chrony is.  Hulle het al meer spandeer as wat 'n CED met vier stelle meetstelsels sou gekos het.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by Christo »

Ek het nog altyd seker gemaak. Maar wonder of 'n 5 meter stuk staal pyp 8" opstel voor die crony en daardeur skiet ???
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Chrony raakskiet!

Post by Stefan764 »

Christo.... kan werk ma dit gan maar neuk om dai pyp elke keer skietbaan toe aan te ry... ???

Sag slaap
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by Christo »

Ja, ek het vergeet nie almal se skietbaan toetse gebeur sommer by die huis op die stoep nie. My gong baan is ook hier naby genoeg maar ver genoeg dat ma nie kla van die geskiet nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by Hein M. »

Christo wrote: Ja, ek het vergeet nie almal se skietbaan toetse gebeur sommer by die huis op die stoep nie. My gong baan is ook hier naby genoeg maar ver genoeg dat ma nie kla van die geskiet nie.
Ai, partner, nie almal woon in die Bokveld met sy heerlike oophede nie ;D 

Jou plan lyk in elk geval die beste medisyne.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by IndianLima »

Ek is seker een van die mense wat meer ervaring het met die raakskiet van chronys as ander, al vier skote!

Wat ek gevind het wat werk, koop n ced M2 met die infrarooi sensor sodat jy in die middel van hom kan deurskiet, dan hoef jy ten minste net een chrony te koop. Al my raak skote het gekom van swak ligtoestande en dan ek wat al hoe nader aan die sensor wil skiet tot wanneer ek hom uiteindelik raakskiet!

Stel jou teiken ook sommer naby op, so 20m, solank jou scope net kan fokus en skiet dan eers op hom sonder die chrony. Stel dan jou chrony op en staan by jou teiken en kyk loop toe. Dit is wat vir my werk.

Groete
Ivan Lamprecht
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by Jagtersdok »

Wat Arnold s? is waar.

Vir vreemde manne as hy gou wil spoed lees dan skiet ek maar sy roer.
Vir vriende. Dis maklik if you break you pay
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by BLOK »

Thys het gevra ek moet die vir hom opsit.

Blok.

Image
Image
Image
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by erx »

Hi daar Benman

Kyk bietjie op Bladsy 53 van die Maart uitgawe van die Magnum.
Daar is 'n test report op 'n sogenaamde "FS Chrony Shield".

Groete
erx
bullseye

Re: Chrony raakskiet!

Post by bullseye »

HALLO MANNE

ERX JA DAAI SKERM IS NETJIES, BAIE LIGTER AS MYNE

MOOI DAG
BEN.
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Chrony raakskiet!

Post by erx »

Hi Ben

Ek wonder of ek dan nie eerder jou skerm sal verkies, 'n man trek mos eerder kruisbande en 'n belt aan om net dood seker te maak! ;D ;D

Groete
erx
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Chrony raakskiet!

Post by Stefan764 »

Benman wrote: More Kerels

Ek het nou al by verskeie manne gehoor van manne wat hulle eie of hul vriende se Chrony vlenters geskiet het... Myne le nog in die boks, maar ek sal graag by by julle wil hoor oor die opstel van die chrony om te verseker dat jy hom nie vlenters skiet nie.

Loer jy deur die bore? Ek sal hulp wardeer, wil nie graag nou al nuwe parte koop nie...

Groete
Benman
As ek my 2c hier kan ingoi asb...

Sit die chrony 5m (15ft) weg soos minimum vereiste. Maak seker voor elke skoot jy gaan hom  mis. Op 5m kan n ou darem mooi sien jy mis alkante, kyk sommer hier langs die loop verby. Dis maar die grootste fout dink ek, die manne vergeet hys daar.

Dis darem baie goedkoper om elke keer voor die skoot net self seker te maak as om n duur skerm te bou.

Of so dink ek maar  :)
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
bullseye

Re: Chrony raakskiet!

Post by bullseye »

ERX

DAAI SKUINS PLAATJIE VOOR LYK VIR MY DUN. DIE SKYSCREENS MOET OOK NIE OP "O?: GEMONTEER WORD NIE, DAAR IS WEL PLEK MAAR HET AL GESIEN DAT SKYSCREENS RAAK GESKIET WORD,NET SO GOED JY SKIET DIE CRONY RAAK.

MOOI DAG
BEN
Post Reply