Thunderhead
Daar is 1gr verskil tussen die twee rondtes in die guns van die African Express. So balisties is daar werklik nie n noemenswaardige verskil nie. TPL lengtes gaan maar bepaal wat jou beskikbare interne volume is en uiteindelik jou drukvlakke.
Ek oorweeg nou al n ruk om my 458 Lott na iets anders te verander. Vir my looplengte, wat ek nie wil verander nie agv nodespoed en balans van die geweer, neig die beste opsie vir my die 450 Rigby te wees. My aksie en magesyn kan ook die 95mm TPL van die Rigby hanteer. Nou in nodespoed terme wen ek 40 ft/sek op my huidige lading as ek die laer nodespoed kies. Nou ek kan die volgende node slaan teen 2350ft/sek waarmee ek dan 150ft/sek wen met n 500gr koeel op die Lott.
Nou vra ek my die volgende vra af. Waarmee is ek ongelukkig met die Lott met n 500gr teen 2200ft/sek? Is penetrasie n probleem? Nee glad nie. Gaan ek n groter wondkanaal kry met die ekstra 150ft/sek? Nee. Gaan ek n ekstra rondte in die magesyn kan kry? Nee maar ek is gelukkig dat dit gaan bly by drie in die magesyn. Nie almal kan dit se nie en in die meeste gevalle word n rondte ingeboet. Hoe gemaklik is doppe beskikbaar? Baie moeiliker as die Lott met almal. Gaan recoil dieselfde bly? Nee. Gaan dit my n hele klomp pitte uit die sak jaag? Ja verseker, 250 doppe is meer as wat baie mense bereid is om vir so n geweer te betaal in die eerste plek. Daarby moet die koste en moeite gevoeg word van die werk om die kaliber te verander, boltface oop te maak, voerprobleme uit te sorter, lisensiering en nuwe die set in my geval.
Nou ek sit al vir meer as drie jaar met die vraag en vir drie jaar jag ek met die Lott met geen maar geen drama nie. As ek eerlik is kan ek nie vir meer vra van die kaliber nie. Ja ek stem dat manne soos Richard Sowry wat baie spesifieke behoeftes het dalk n aplikasie vir die kaliber het, maar dit is nie ter sprake by Jan Allerman nie. Jan Allerman is beter af met die Lott of hy dit wil hoor of nie. Die goed wat teen die 450 Rigby tel is nog meer van toepassing op die 458 African Express en ander rondtes.
Natuurlik is al hierdie nie van toepassing op iemand wat n nuwe geweer wil koop of bou nie, maar n paar aspekte is wel. Ek wonder baie keer as die manne dalk net n bietjie meer met die Lott geskiet het of daar dan wel die behoefte sou bestaan vir ander ontwerpe in die kaliber.
Groetnis
Wouter
458 Lott projek/idee
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 458 Lott projek/idee
Lekker draad die!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: 458 Lott projek/idee
Hello Wouter
Jou situasie is baie anders as Frederik.Jy het klaar n Lott en as jy nie probeer om oor 2200fps uit hom te kry dan is dit n lekker kaliber wat baie akkurate is ek het al twee geskiet wat onder n duim skiet op 100m met 3 skote. Jy is heeltemal reg n 150fps gaan nie n verskil op wild maak nie. So in jou geval why change?
Ek het al baie met ,458 Lotts, 458 3 inch Express. Ek het nooit een gebou nie omdat hul net vir my teveel geskop en 416 Rigby het alles dood gemaak wat ek wou.
n Paar jaar gelede kuier ek by Hansie en ons is op die skietbaan doenig. Ek skiet n paar skote met my 416. Hy stop toe sy geweer in my hand. Na die eerste skoot is ek gehoek. Ek skiet n Barnes 500gr 2350 uit n 10 pond geweer met dieselfde of minder recoil as my 416. Ek ooreed n ander vriend van my om sy 458 na n 458 AE to te verander en hy doen dit direk na hy met Hansie se gun geskiet. Sy gun skiet net so lekker.
Ek is in dieselfde plek as Frederik ons wil graag n 458 he. Het ek die gun nodig?Nee my @%#^@ jeuk.
Ek weet nie wat kos die doppe, dies ect.Vir my maak dit nie saak nie. Na my ondervinding is dit die kaliber wat ek wil he na ek na al die ander gekyk en geskiet het.
So ek maak die goed stadig bymekaar.Ek het klaar 80 doppe en n blank kolf. Met die tyd sal ek n lekker aksie kry en n loop met n tighter twist as 14/1.
Life is too short to build a gun you wont stay happy with.
Groete
Pieter

More Pieter
Ek kan en wil glad nie met jou stry nie, Die 458 African Express is n uitstekende rondte sowel as ontwerp. Moet my nie verkeerd verstaan nie ek is al vir jare n groot voorstaander vir die ontwerp van Pierre. Vir iemand soos jy en Freek wat n geweer van scratch af wil bou is dit verseker nie n opsie om mis te kyk nie. Ons het n baie interessante gesprek gehad oor perceived recoil en jou stelling oor jou bevindinge sou ook daar aanklank gevind het. Baie mense het ook al die stelling gemaak oor die kaliber en dit druis in op die somme wat tot ons beskikking is.
Ek het net oppervlakkig daaraan geraak met my vorige skrywe maar daar is een ding wat baie sterk vir hierdie rondtes tel wat n 500gr solid teen 2350ft/seken meer kan skiet en dit is dat penetrasie noemenswaardig optel. Dit is nie snaaks om te hoor dat olifante van voor tot agter gepenetreer word nie. Soos reeds gese is hierdie n behoefte vir sekere mense en dus my verwysing na Richard Sowry en dies meer. Hierdie is wel nie n konsidirasie vir almal nie, maar verseker n lekker opsie om te he as jou rondte daartoe in staat is.
Die rede hoekom ek opkom vir die 458 Lott is oor dat baie mense die kaliber eienskappe gee wat nie regtig op hom van toepassing is nie. Of hierdie te wydte is aan n gebrek aan kennis of ondervinding is n ope vraag. Die kaliber het werklik baie wat vir hom tel. Die feit dat hy by verre die goedkoopste 458 is om te skiet het ook n baie groot invloed op baie mense se besluit.
Sterkte met die projek en ek hoop retig hy sien sommer gou die lug. Dit is waar wat jy se dat n mens gelukkig moet wees met wat jy het.