Ek dink nog steeds jy moet n Tasco 4x40 probeer.
Wie het nou al hierdie fancy moderne goed in elk geval nodig...
Nightforce of Swarovski
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Nightforce of Swarovski
Murray wrote:Jis
Gawie, ek het noggals na die hawkes gekyk, maar toe ek sien die airgun manne bemark hulle toe bly ek maar weg.
Heinz, bly daai hawke werk vir jou, ek gaan nie weer n kans vat met n goedkoop scope nie. Jy is reg, mens gaan nie verder as 500m met n 22-250 die verf van n plaat kan af skiet nie, wat nog van om hom om te skiet, dalk as die wind van agter is.
Daar is ook n 30-06 wat geackley is in die pyplyn waarop ek die scope dalk wil sit as ek hom reg gekry het.
Ek wil so ver gaan om n scope met n bakkie te vergelyk. Vat nou maar n cruiser en n Mahindra. Altwee sal die job gedoen kry, maar die een gaan dit net baie beter en makliker regkry en langer hou en meer punch kan vat.
Goeie glas en akurate stel? Watter scope?
Rustige dag
Sako gewere het mos gewoonlik baie goeie oop visiere op, moenie jou geweer onnodig swaar en van balans af maak met n swaar teleskoop .......Sangoma (IAN) wrote:Ek dink nog steeds jy moet n Tasco 4x40 probeer.
Wie het nou al hierdie fancy moderne goed in elk geval nodig...
Buk en hardloop.......
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nightforce of Swarovski
Vir jou aanwending tot op 500m, beslis die Swarovski.
Ek sien jy het slegte goed van Zeiss gehoor. Kan jy se watse modelle?

Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
Re: Nightforce of Swarovski
Jis manne
Was afgesny gewees van die buitewereld vir twee dae, maar is weer terug op die lug.
Piet, ek het gehoor die ouens kla n bietjie oor die Zeiss Conquest HD 5. Weet nie hoe erg dit is nie, maar as n merns daai sort geld betaal vir n produk, soek jy nie foutjies nie.
Ek het toe maar besluit op die NF scope vir my doel. Baie dankie vir almal se opinies en hulp. Die NF klink na die taaier een wat bietjie meer punch kan vat, want hy gaan maar baie voor in die bakkie rond ry en stamp en skud. My gewere werk maar hard, hulle word nie in n glaskas uitgestal nie.
Hou die lood in die lug

Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
-
GerhardV
- Full Member

- Posts: 127
- Joined: Mon Nov 28, 2011 2:39 pm
Re: Nightforce of Swarovski
More Murray,
Ek was laasweek in julle kontrei, maar soos altyd was tyd bietjie min om jou op te soek! Perreman en sy gesin kuier nou by ons in die Kaap.
Die Zeiss het slegte publisiteit gekry weens sekere ringe wat nie lekker op hulle werk nie, veral Warne, as ek reg onthou. Die vraag is hoekom is hy meer sensitief vir die tipe ringe wat gebruik word, en ander fabrikate nie?? Ek kan beswaarlik dink dat Zeiss 'n swak produk sal maak. Hul lense is baie goed.
Die NF is goed, maar moenie dink sy lense gaan teen die Swaro kers vashou nie. Die SHV modelle klink na baie goeie waarde, en hulle het ook 'n tipe Zero Stop funksie.
Ander opsies om te oorweeg is March, soos Geno genoem het, of Kahles, wat soos ek verstaan familie van Swaro is. Vortex en Sightron is effe goedkoper opsies, maar ek weet nie of hulle illuminated reticles het of Zero Stop funksies op het nie.
Dit is 'n geval van horses for courses. Indien jy slegs tot 350m gaan jag, gaan die Swaro die beter keuse wees. Indien jy 600m+ wil skiet en die knoppe gaan draai vir elevation of windage, dan gaan 'n NF of Sightron beter keuses wees.
Bel my as jy Kaap toe kom; sal lekker wees om julle te sien.
Gerhard Doornkloof

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Nightforce of Swarovski
Kahles word deur die Swarovskigroep besit. Ek was in 2013 einde van die jaar weer in die Swarovskifabriek en het gesien dat Swarovski enkele komponente vir Kahles maak, maar Kahles scopes word nie in geheel deur Swarovski gemaak nie.
Mooi loop
Mooi loop
-
Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
Re: Nightforce of Swarovski
Jis Gerhard
Hoop daar het darem weer n paar bokke geval laas naweek.
Dankie vir die raad. Soek beslis n scope waarmee ek kan dial. Soos n goeie friend van my gese het, n sniper gee nie toe nie, hy dial. Ons skiet gereeld 500m plate. Huidig het ek n Leopold vxl op my 243 en dit sukkel om te dial en raak gereeld deermekaar, maar sy stel soos n droom en hulle val altyd.
Sal bietjie kyk na die ander opsies.
Groete daar

GerhardV wrote:More Murray,
Ek was laasweek in julle kontrei, maar soos altyd was tyd bietjie min om jou op te soek! Perreman en sy gesin kuier nou by ons in die Kaap.
Die Zeiss het slegte publisiteit gekry weens sekere ringe wat nie lekker op hulle werk nie, veral Warne, as ek reg onthou. Die vraag is hoekom is hy meer sensitief vir die tipe ringe wat gebruik word, en ander fabrikate nie?? Ek kan beswaarlik dink dat Zeiss 'n swak produk sal maak. Hul lense is baie goed.
Die NF is goed, maar moenie dink sy lense gaan teen die Swaro kers vashou nie. Die SHV modelle klink na baie goeie waarde, en hulle het ook 'n tipe Zero Stop funksie.
Ander opsies om te oorweeg is March, soos Geno genoem het, of Kahles, wat soos ek verstaan familie van Swaro is. Vortex en Sightron is effe goedkoper opsies, maar ek weet nie of hulle illuminated reticles het of Zero Stop funksies op het nie.
Dit is 'n geval van horses for courses. Indien jy slegs tot 350m gaan jag, gaan die Swaro die beter keuse wees. Indien jy 600m+ wil skiet en die knoppe gaan draai vir elevation of windage, dan gaan 'n NF of Sightron beter keuses wees.
Bel my as jy Kaap toe kom; sal lekker wees om julle te sien.
Gerhard Doornkloof
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: Nightforce of Swarovski
Ek stem 100% Swarovski vir wat jy wil doen. Ek het n Z5 5-25X52 BT op my .260 Sako Hunter. My clicks hardloop uit op presies 500 meter...gaan jy verder as 500m skiet met jou 22-250....nie sommer nie! Hy dial presies en ek skiet skoot vir skoot 150mm valplate tot op 500m raak!