Kameelperd Jag

User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by G-force »

Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by VdWalt »

sako 30-06 wrote:So is R8000 vir n jong bul n goeie prys?
:o Met die pryse soos dit nou is is R8k vir 'n koedoe bul al 'n goeie prys.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by sako 30-06 »

G-force wrote:Hier is n foto van n bul wat ek geskiet het se vel.
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Hunting/IMG_0352.jpg~original[/image]
Bliks@m!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by VdWalt »

Ek sou graag so karkas met die 6.5 wou skiet om te sien tot waar
gaan hy kom..
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by tau »

G-force wrote:Hier is n foto van n bul wat ek geskiet het se vel.
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Hunting/IMG_0352.jpg~original[/image]
As dit nie 'n ligte benoudheid in jou opbring nie, het jy nog nie lankgenoeg 'n kwesdier gesoek nie. ++>:

Premium koeels, skootplasing en hoek van die skoot kan alles nogals baie belangrik raak.

Ek het laasjaar 'n Gemsbok op 20 m teen 'n skynste geskiet.Die bok se eerste reaksie was nie soos die van 'n lekker hartskoot nie en hy het dadelik weggehol. EK het hom "quartering away" van agter geskiet om seker te maak. Hy het omgeslaan en toe ek by hom kom binne 20 sekondes was hy dood van die eerste skoot wat deur die Hart was. Steeds was ek geskok om te sien hoe die dik vel die koeel gedeflekteer het.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_6708_zps031b0633.jpg

Ja dit was nie 'n Premium koeel nie (Nosler 150gr BT), maar in perporsie het die vel die koeel sleg seer gemaak. Die koeel het gepentreer, maar nie in die hoek wat die skoot geneem is nie en die koeel was sleg gebreek.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Kameelperd Jag

Post by Sangoma (IAN) »

G-force wrote:Hier is n foto van n bul wat ek geskiet het se vel.
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Hunting/IMG_0352.jpg~original[/image]
Lyk of jy pragtige french tips op jou naels het....

WHAHAHAHAA!!!
Mozibite
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Aug 14, 2014 12:02 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Mozibite »

Hi daar, ek het 'n paar jaar terug 'n groot bul geskiet (uitgeslag 800kg) met my 375 en 300gr Nosler Partition, deur die hart (so groot soos rugby bal). Ek sal ook bietjie lugtig wees vir kleiner kalibers.

Die vleis het ons van biltong, steaks, wors, patties, ens gemaak. Die grein is grof en die vleis het 'n tipe soet smaak, maar glad nie sleg nie. Van die pote kan jy mooi lampies laat maak.

Sterkte
22 Lr, 243 Win, 2506 Rem, 3006, 300 WM, 8x68S, 338 WM, 338 Lapua, Heym 9.3x62, 375 H&H, Truvello 404 Jeffery, Sako 416 Rem Mag, Franchi 20 Br, Miroku 12 Br, Fabarm 12 Br, Blackhawk 357, Taurus 44 Mag, Beretta 90-Two 40S&W
Rolf
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am

Re: Kameelperd Jag

Post by Rolf »

Ek het twee jaar gelede n bul geskiet, ek het eintlik die vel gesoek so wou nie n kleintjie skiet nie om darm n groot vel te kry maar wou ook die vleis gebruik so wou ook nie n 'swart' bul skiet nie. Ek het 2 bulle by mekaar gekry na 4 dae se geloop, die een het n mooi donkerder vel gehaad en die ander een het ma nog jonk gelyk, soos vroeer genoem kan mens gewoonlik redelik naby kom en ek kon ook so 60m kom en skiet hom toe met my 404 met 400gr claw punt reg voor die kop - hy het net daar dood neer geslaan maar punt het nie deur die kop gegaan nie. Die vleis lyk absoluut wonderlik so het toe die hele dier self bewerk met die idee as die vleis so lekker smaak ek vorentoe nog van hulle sal skiet en dan beter weet watter dele om te vermy waar die bene die swaarste is. Soos julle kan sien op die fotos hier bo is daar n baie lekker duk laag vet oor die hele lyf so jou steaks lyk soos n c graad bees sn, al probleem is daar is n sening tussen die vleis en die vet wat jy nie moet dink jy net gaan eet nie, hy is so taai soos daai geel sening op n kudu se rugstring..... die ribbes gekook is absoluut die lekkerste wat ek nog ooit geeet het en sal enige tyd ribbes koop as ek dit in die hande kan kry. Biltong, droewors, braaiwors ens was alles lekker maar die twede batches wat ek gemaak het was wel beter as die eerstes, daar is n paar goed wat jy eers leer as jy kameelperd werk.... dan daarna gaan dit beter. Die smaak van die vleis was vir my lekker maar die senings in die vleis is n krisis, die wors vleis kan jy net 2 keer maal dan is dit baie beter anders kou jy heeltyd sulke taai stukkies sening. My bul ,alowel nog nie baie donker nie was reeds heel te oud vir lekker eet vleis, ek is nie seker presies hoe jonk een jy gaan moet skiet vir baie sagte vleis nie maar glo as jy na die vel kyk sal hy nog geensins donker geel moet in he nie. Die jag was wel so n belewenis dat ek nou ook nie te veel oor die vleis gekla het nie, ek het fotos geneem stap vir stap hoe die ouens die bul geslag en tot binne in geklim en met byle op gekap het ( as iemand soek kan ek vir hom mail.) Dit alles gese , die vel hoog op die nek (so net onder die kop)was heel dun en daar sal jy hom met meeste medium kalibers kan dood skiet ,of dalk nog aan die kant van die kop maar uit wat ek gesien het sal ek met daai 7mm hom onder die kop in die nek skiet.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Ashley »

:laugh: baie intresant Mossie, dankie!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Re: Kameelperd Jag

Post by Eland »

Biekie laat, maar sal ook my ervaring deel.

Het 3 weke terug n lekker ou stinkbul geskiet daar in Vaalwater.
Ek herlaai nie self nie, my vader met al sy jare se kennis doen wel en sal een of ander tyd begin klas loop by die oubaas.

Dit gese het ek maar kafee koelle gebruik, Piet Maak Patrone se 300gr. my groepering is heel gaaf met hulle en ek kon die bul op sowat 70M met n bladskood pragtig deur die long en aorta of hoof hart aar laat tuimel met die 375 H&H.
Dadelik nader gegaan en opgevolg met n kopskoot terwyl hy gele en skop het. my biekie misgis met die baie naby afstand, en die skoot is eintlik biekie laag in ongeag, die patroon is nie regdeur die kop nie, daai kopbeen is taai! Die eerste skoot se patroon was net onder die vel an die oorkant en het pragtig "gemushroom" met relatief min tot geen vleis skade. die organe was kis.

Wat ek wel voorstel is dat jy genoeg hulp het of ordentlike laai geriewe. Twee handlangers, ek en die plaasboer moes afslag, opsny en laai. die messe sukkel met daai vel en die pens is nie n grappie om uit te haal nie. sterkte met die boude "split" sonder n goeie vleis saag of byl. Myne het 680kg uitgeslag

En ja, smeer maar genoeg dettol of bosluis middel, ek was oortrek met hulle agv daai lang opsny en werkskaf terwyl die bosluise van die perd afgeklim het.

Spyt ek het nie meer foto's geneem nie, maar daai vel is vreeslik dik.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
Post Reply