Regmaak vir springbok jag

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Regmaak vir springbok jag

Post by Pinkes »

More Manne

Wil graag die met julle deel want julle sal dit ook waardeer. ++>:

Het gister na werk besluit om trajectory validation op my 264WM te doen. As alles goed gaan,gaan ek in Mei maand
by 'n vriend springbokke jag. Maar hy se die goed is baie wild.300m sal naby wees ;D
Ek het dit goed gedink om my foon se app met die G7 te vergelyk en gesien dat hulle
meer as 1moa uit is op 800yards(dis die afstand wat ek op wil validation doen).Ek moes alles terug weer
na yards toe want G7 is in yards. FYI:Ek skiet Nosler 140gr Custom Comp.

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/64E4AA50-B45B-48C4-94C6-16E96953E670_zps8pdalgwr.jpg

G7 het my 'n val van 16.7MOA gegee.Spin drift 0.5moa en die wind gemeet wat tussen 3-4mph gewaai
het van 'n 7-8uur rigting. Het toe besluit om 1moa links te mik(ek is mal oor NF se MOAR).Besluit toe om
te kyk om ek die swart kol kan tref die eerste keer op die afstand....

http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/39BCABEB-0DE8-4538-AD3A-008A68E7004E_zpsn3zqyagm.jpg

Die 3 klein duikies is wat ek geskiet het op die gong...Ek was en is baie in my skik met die groepie,veral omdat
dit eerste tref skote is en dis belangrik vir jag! :police: Nadat ek gesien het ek skiet so effens laag het ek die
validation op G7 gedoen en my spoed is toe aangepas vanaf 2995fps na 2988fps.
Ek het al die info saam weerstoestande na my app toe verander en hulle stem nou presies ooreen.

Groete
P

PS:As iemand 140gr CC wil verkoop laatweet my asb.Ek kry nerens nie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Gawie(13mm) »

Knap gedaan. Die springbokke sal maar hulself moet ingrawe, met jou in die omtrek ;D

Watter app gebruik jy op jou foon?

Gebruik jy Brain Litz se getoetsde BC waardes?

Ek het self vroeër 'n bloutjie geloop met verkeerde BC waardes en verkeerdelik my spoed gekalibreer in plaas van die BC. Dit lyk egter of jy 'n A+ vir jou vraestel gekry het ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Capt. Yoda »

Mooi Ou Bul!
Daai ou wat daai lading gedoen het vir daai 264 is seker ook n slim kerel.

Daai geweer eet dam n gong! Baie mooi groep daai.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Pinkes »

Gawie,

Ek gebruik Ballistic AE en is baie tevrede met hom.Het altyd Litz se waardes gebruik en dit werk
maar was altyd so bietjie uit want die weer speel maar 'n faktor op daai afstande en het dan die
app se weer gebruik wat hy vanaf die naaste weerstasie ttrek so was maar altyd bietjie uit.Het onlangs 'n vriend se kestrel geleen en dis hoekom ek seker vir die eerste keer so vinnig die gong getref het.

Kaptein,

Ja die man wat help met QL weet darem iets...sal nie sê alles nie.Maar doen dit darem beter
as meeste. ++>: ++>: . Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Want 'n kestrel help niks binne 'n tonnel nie...
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Riaan Kriel »

Nie sleg nie Dirk, dit wil gedoen wees.......Mooi man!! Daai springbokkies gaan nie weet wat hulle tref nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Capt. Yoda »

Pinkes wrote:Gawie,

Ek gebruik Ballistic AE en is baie tevrede met hom.Het altyd Litz se waardes gebruik en dit werk
maar was altyd so bietjie uit want die weer speel maar 'n faktor op daai afstande en het dan die
app se weer gebruik wat hy vanaf die naaste weerstasie ttrek so was maar altyd bietjie uit.Het onlangs 'n vriend se kestrel geleen en dis hoekom ek seker vir die eerste keer so vinnig die gong getref het.

Kaptein,

Ja die man wat help met QL weet darem iets...sal nie sê alles nie.Maar doen dit darem beter
as meeste. ++>: ++>: . Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Want 'n kestrel help niks binne 'n tonnel nie...

Bere jy net my kestrel en maak seker die varke weet ons is oppad die einde van die maand.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by joe rocket »

Pinkes oom Pw sê ek weet niks van gewere nie maar wat ek wel weet is dat nosler n hoer bc adverteer as wat werklik is. Litz se bc waardes is akuraat. As ek n springbok was het ek begin wegkruip ++>:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Pinkes »

Ek weet Nosler oordryf... maar as jy net jou spoed aanpas dan moet hy kompeseer vir die
swakker bc. En hopelik op verafstande het 'n man tyd om seker te mak oor die goed voor 'n bokkie
snif in die neus kry..of miskien nosler in die kop. ;D
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Sangoma (IAN) »

Pinkie, daai is glad nie sleg vir n 100m groep nie...
:-)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3962
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by tau »

Ek sien daai roer het selfs 'n aerial op!!! Is dit hoe die teskoop met die slimfoon praat?

Netjies geskiet
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Carl »

Capt. Oblivious wrote: Kaptein,
Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Het jy 'n geweerwinkel Kaptein? Of is dit net 'n taalfout?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Capt. Yoda »

Carl wrote:
Capt. Oblivious wrote: Kaptein,
Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Het jy 'n geweerwinkel Kaptein? Of is dit net 'n taalfout?

Lol nee Carl hy praat van n vriend van ons sin in Lichtenburg waar ek altyd skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Carl »

Dis reg, want ek het nog nooit specials gesien van jou nie. ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Rolf
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Rolf »

Pinkes watse lading en spoed skiet jy as ek mag vra ?

Capt kom jy gereeld Lichtenburg toe ? Ek is net om die draai van daai geweer winkel oms kan ontmoet as jy kom.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Capt. Yoda »

Rolf wrote:Pinkes watse lading en spoed skiet jy as ek mag vra ?

Capt kom jy gereeld Lichtenburg toe ? Ek is net om die draai van daai geweer winkel oms kan ontmoet as jy kom.

Yes Rolf.

Ja ek kom gereeld daar. My ouers en skoon mense bly nog daar (as die sterre reg op line gaan ek ook weer daar bly so laat weet as jy n tuin engeineer kort) en ou pinkes bly net so glipgooi van daar af.Ek skiet meeste van die tyd of saam pinkes of ek organise daai lekker 1000m baan daar buite net vir my op n Saterdag.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Pinkes »

Subject: Regmaak vir springbok jag
Rolf wrote:Pinkes watse lading en spoed skiet jy as ek mag vra ?

Capt kom jy gereeld Lichtenburg toe ? Ek is net om die draai van daai geweer winkel oms kan ontmoet as jy kom.

Ek skiet S385 lot 13 gooi so 62.3gr in met 140gr CC. ek kry so ±3000fps met die combo in my 264wm.
Gebruik net norma doppe

Van waar is u?
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Riaan Kriel »

Rolf is ook in Lichtenburg. Hy broei eiers uit vir 'n lewe ;) Hy is die Bestuurder by die Opti Chick broei-aanleg.
Rolf
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am

Re: Regmaak vir springbok jag

Post by Rolf »

Yip, nes Riaan hier bo noem... Pinkes bly jy dan ook hier naby Lichtenburg ?
Post Reply