Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dit wil voorkom asof die dinge weer begin spoed optel, ek het op 25 Nov my aansoek vir my 22-250 ingedien, 18 Des by CFR ontvang en vandag in vir konsiderasie.
Ek dink hulle is opgedeel in provinsies by CFR en duidelik werk party provinsiale afdelings daar harder as ander want dit wil voorkom asof Guateng laaaaaaang verlof geneem het en Vrystaat gewerk het.
My vroutjie se Tanfoglio P19 9mmP is Vrydag goedgekeur, 6 weke vir die proses. Nou nog net die kaartjie maar ek het hom klaar gaan haal op 'n Storage permit.
Na twee en 'n half jaar se gesukkel met die CFR en nadat my lisensieaansoek 4 keer afgewys is, verneem ek gister dat die M&P 9mmP uiteindelik oppad is.
Swede wrote:Na twee en 'n half jaar se gesukkel met die CFR en nadat my lisensieaansoek 4 keer afgewys is, verneem ek gister dat die M&P 9mmP uiteindelik oppad is.
Daai lang wag moet seker erger wees as `n swangerskap......geluk!
Swede wrote:Na twee en 'n half jaar se gesukkel met die CFR en nadat my lisensieaansoek 4 keer afgewys is, verneem ek gister dat die M&P 9mmP uiteindelik oppad is.
Daai lang wag moet seker erger wees as `n swangerskap......geluk!
Jy kan dit weer se, het agtergekom hulle lees nie die motivering nie, elke keer 'n ander rede gegee, maar ja, wag nounet vir die kaartjie!
Eks baie bly vir die manne wat se lisensies so vining deurkom, my aansoek vir 308 Ruger is 20 Okt 2014 by DFO ingedien, 24 Nov 2014 by CFR ontvang en dis waar die status bly. Lyk my Limpopo se afdeling is maar ekstra stadig!!!!!!!
Vir die eerste keer is my aansoek trug gestuur na die DFO toe want my aansoek is "incomplete". Nou moet ek wag dat hy trug kom en dan kyk wats vout en dan mar weer instuur.