Eland bul

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Eland bul

Post by Nico Harris »

Ek was die naweek bevoorreg genoeg om n eland te kan jag by n vriend van my! Ons het deur die dag ongeveer 250+ elande gesien. Ons het een massiewe bul gesien wat ngelukkig buite bereik was.
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/imagejpg1-6.jpg

Dit is helfte van een van die troppe wat ons gesien het. Foto is met my selfoon geneem so is nie goeie kwaliteit nie. Na die trop het ons nog n kleiner trop gesien met n skietbare bul in. Ons het bekruip tot op 150yds. Terwyl ek gesit en wag het vir die bul om n skoot te bied het van die elande buite ons sig gewy tot onder ons wind. Daar was dadelik onrustgheid onder die diere en hulle het begin beweeg. Ek het reg gemaak om te skiet- die bul het uitgekom en net n "quartering away" skootbgebied. Ek het hom net voor die regter agter been gskiet. Die bul het dood stil gaan staan en na ruk baie stadig oor die bultjie voor hom verdwyn. Ek het hom so 10min gegee en toe stadignor die bult gestap en hom 30m van waar hy die skoot ontvang het morsdood gekry. Toe ons hom slag sien ons dit was n perfekte hart skoot. Ons het gemeet van waar die koeël in is tot waar ons hom verloor het na hy deer die hart is. Die afstand is 1,55m- regtig ongeloflikke penetrasie. Ek het geskiet met my 9.3x62 met 270gr speer koeëls teen 2450ft/s.

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/imagejpg2-5.jpg

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/imagejpg4-3.jpg

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/imagejpg3-4.jpg

Groete

Nico
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eland bul

Post by Geno »

Netjies Mater!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Eland bul

Post by NEGE3 »

Lekker Nico. Mooi skoot.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Eland bul

Post by joe rocket »

Blikslaer Nico dis n perfekte skoot baie geluk!
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Eland bul

Post by BRNO (Pierre) »

Baie goed gedoen!!
Veiligheid eerste manne!
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Eland bul

Post by Finfan »

Dis baie netjies gedoen!
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Eland bul

Post by Smirre »

Wel gedaan!!
My vraag aan myself is....wat maak jy met die hoop vleis in die hitte?
;D
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3650
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Eland bul

Post by Fanta300 »

Baie mooi!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Eland bul

Post by win270 »

Ek wonder ook oor daardie een, Smirre.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Eland bul

Post by sako 30-06 »

Goeie skiet werk,maar sjoe dis n monster daai.
Wil graag sien hoe lyk so eland se fillets.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Eland bul

Post by Reggie Gerber »

Well Done Nico

Mooi bul daai
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Eland bul

Post by Apie »

Sit gisteraand en wonder.

Hoe vergelyk sy vleis met bees, ons moet een of andertyd bees slag maar eks lus en skiet 'n eland en laat hom bewerk. 2 vliee met een klap.

Groete
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland bul

Post by Nico Harris »

Dankie manne!

Eland vleis is baie lekker. As jy die t-bone in n pan braai sal jy dink dit is bees. As jy dit vir kook vleis wil gebruik is n vers die beste opsie!

Die spesifieke eland was vir n vleis bestelling. N man met n winkel wat net wildsvleis verkoop!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Eland bul

Post by Frikkie Coetzee »

Nico. Mooi geskiet daar mater.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland bul

Post by Nico Harris »

Dankie Frikkie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Eland bul

Post by Stefan764 »

Lekker Nico!

Wat die bul geslag?

Dit wys jou hoe belangrik is koeel konstruksie is, koeel wat opbreek gaan daai eland net kwaad maak.

SAKO ekt n 2009 n eland geskiet wat 450kg uitgeslag het. Fillets was 3.6kg stuk gewees. Lyk en smaak presies soos beesfillet
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Eland bul

Post by win270 »

Plaas gerus 'n foto van daardie reus, Stefan.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland bul

Post by Nico Harris »

Daai was n kort bul glo nie hy sal oor 350kg uitslag nie. Die grotes word gehou vir kliente. Die manne in daai omgewing skiet bulle wat 550kg uitslag!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland bul

Post by Nico Harris »

http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/imagejpg1-7.jpg

Die bul is ook daar geskiet. Hy was oor 400kg uitgeslag. Ons het die naweek n bul gesien wat n glo sal anderkant 600kg uitslag. Lyk soos n brahman stoet bul! Amerikaner gaan hom die jaar jag!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Eland bul

Post by Stefan764 »

Hier is die foto, wil nie Nico se post hijack nie

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... and#p36497
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland bul

Post by Nico Harris »

Jy kan maar post stefan! Eks dikvellig ;)
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Eland bul

Post by sako 30-06 »

Stefan764 wrote:Lekker Nico!

Wat die bul geslag?

Dit wys jou hoe belangrik is koeel konstruksie is, koeel wat opbreek gaan daai eland net kwaad maak.

SAKO ekt n 2009 n eland geskiet wat 450kg uitgeslag het. Fillets was 3.6kg stuk gewees. Lyk en smaak presies soos beesfillet
Ma se stouter,dis n monster.Daar is min goed so lekker soos n Eland fillet.

Nico,lyk my die Natal elande word massief.Elke keer wat ek lees van n groot eland is hy in natal geskiet.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Eland bul

Post by Boesman10 »

Baie mooi. Het jy 'n foto van die koel? Sal graag wil sien hoe lyk hy nadat hy al daai pad deur die Eland is. Het nog altyd gewonder of 'n premium punt sulke lang penetrasie sal kry? Miskien is dit die momentum van die 270 grein koel wat hom daar gekry het. Wonder of 'n 180 grein ook sullke penetrasie sou gekry het?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Eland bul

Post by JohanvanZyl »

Baie geluk Nico! Sowaar i baie mooi bul!!
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Eland bul

Post by Nico Harris »

Dankie Johan. Boesman ongelukkig kon ek nie die koeël opspoor nie.
Post Reply