Ek gebruik glad nie die o? nie, net die lengte van die lyf(ook net as ek die hele lyf kan sien). Daar is tog gevalle waar jy maar so bietjie die verbeelding-ding moet gebruik.
Ek het jakkalsteiken en het dit gebruik in die begin, maar gesien die teiken is so 10%groter as regte jakkals. Wat ek toe gedoen het is om die teiken op 120meter uit te sit net om die dinge meer in perspektief te bring. So, 3x was toe 300 en nie 360meter gewees nie. As 'n mens lank oefen, is die eerste oogopslag somer dadelik idee hoe v?r dit is. Jy kan ook as jy klaar die mates het en so bietjie geoefen het, iemand die teikens laat uitsit op onbekende afstande en dit met die scope range, jy sal verbaas wees hoe gou en akkuraat jy dit kan doen. Doen dit net in vreemde gebied, leer makliker.
..ek glo nie huidiglik is enige iemand 'n volwaardige pro nie, almal saam ja! Elke jagter het al iets beleef wat die volgende jagter nog nie te?gekom het nie, maar as almal hul idees gee en so bietjie die goete saamvoeg, kan daar iemand wees wat net miskien alles onthou om die doodskote te gee.Ek weet, ek weet jy sal nou weer vir my se ek moet die afstand tussen die oe as hulle agter die kruishaar uitloer gebruik. Maar ek leer nog maar en is nie n pro soos jy nie
Wat natuurlik ook help is die vorm van die kruishaar. Met die Europiese styl #'s 4,6 en 8 kruishare wat reghoekig is en nie plexe is nie, help die spasies baie. Jy het 'n kruishaar wat baie lekker kan werk.
Dit noem ek nie alles om sonder Diarange klaar te kom nie, maar weet ook dat as ek Diarange het, gaan die skote nie by 320m stop nie, dit sal alewig 'n trajek checkery wees om die slimmer ouens nog verder te wil skiet en WEERSOMSTANDIGHEDE gaan die laaste s? h?. Bang dat ek dit sal wil over rule.



