Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek en my pa het so halwe langtermyn projek waar ons vir my n ordentlike Teikenskiet geweer wat so moet rek tot 800m wil aanmekaar gooi! Op die oomblik sal die geweer n Sabatti Tactical 6XC wat volgende jaar iewers aangeskaf sal word wees!! Ek wil graag by julle hoor watse een van hierdie drie Teleskope sal jy vir jouself kies? Se ook sommer net vinnig hoekom hy jou keuse is!
Sightron SIII 8-32x56 R13000
Vortex Viper HSLR FFP 6-24x50 R14500
Bushnell 4.5-30x50 Elite Tactical Mil Dot Reticle R13000
Sal graag wil hoor wat julle te se het... Asseblief kies net een van die drie wat ek genoem het...
Vir wat dit werd is sal my keuse val op Vortex Viper omdat ek ondervinding het met hom en baie tevrede is.
Met Bushnell het ek n baie slegte ondervinding gehad en persoonlik bly ek weg.
Met Sightron het ek geen ondervinding en kan nie kommentaar lewer nie.
Ek gebruik 'n Viper 6-24 PST op my CZ308 waarmee ek f-klas skiet tot my RSA klaar is. Hy staan vir niks terug. Hieronder is 'n aanduiding van wat die Amerkaners gebruik vir been rek. http://precisionrifleblog.com/2013/12/2 ... -pros-use/
ImageUploadedByTapatalk1418575524.143013.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek verstaan nie oom se qoute nie?? Ek het geskryf Teikenskiet geweer wat so moet rek tot 800m wil aanmekaar gooi! M.a.w. aan mekaar sit ek het dit seker verkeerd gese ek vra onverskoning. Oom JTM ek was onder die indruk dat hy 1/4 MOA is... Die PST sal dan seker beter wees... Die illuminated reticle is net onodig vir my!
Tinyluv wrote:In oom se qoute is daar n gesiggie na aanmekaar in my post is die gesiggie eers aan die einde van my post??
Ou vriend, ek het nou gegaan en elke een van my posts verwyder. Ek glo ek verstaan jou spreek terme verkeerd, en dat jou navraag opreg is. Getrou aan die Jaracal manne glo ek jy sal die antwoord kry waarna jy soek. Ek verwyder myself van die gesprek.
Alles van die beste, die manne hier deel graag hulle kennis!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Nee wat 20x met ordentlike glas is genoeg vir n fclass tyken tot op n 1000y.As jy regtig uit en uit klyn groepe wil skiet op n 1000y kry dan iets met hoe vergroting en bai goeie glas.Tussen daai scopes sou ek ook die s3 vat
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Vir 'n baie lekker teikenskiet teleskoop gebruik ek die SIII 6-24x50, die SIII 8-32x56 sal ook werk hy is net bietjie groot vir my en het minder interne verstelling.