"'n broodjie" is gebreek die aand, en lang geselsies gemaak, voor ons die volgende oggend, die mozambiek grenspos,sou aandurf, laaste "supplies" in Chicualacuala optel, en dan noordwaarts keer. Die pad noord, is tipies aan Afrika en die laaste 180km neem omtrent 6ure. Teen 5pm was ons in die kamp, en weer is lang geselsies gemaak, en "'n brood" gebreek.
Die roetiene,in die konsessie, skop af teen 2:45am, waneer die generator start. Teen 3am moet jy op wees.3;15 word toast en koffie bedien en teen 3:45 is jy oppad,deur die konsessie,na waar watergate besoek en gefynkam word vir vars spore. Indien daar vars spore is, word hulle gevolg,tot iets meegee. Soms die spoorsnyer ,soms die prooi,maar soms ook die jagters!. Teen 6:15 am, staan die kwik gewoonlik tussen 32 en 36 grade, en teen 10am,is jy te bang om te kyk.
Op dag 2, is ons laat middag na 'n area,ongeveer 4km van die samevloei van die Lundi en Save riviere, om ook 'n paar dinkplekke te gaan fynkam, toe 'n asemrowende gesig ons begroet het. 'n Trop olifante, ongeveer 40, het daar saamgedrom.'n Paar klein kalfies was in die groep en kort kort het een van die koeie trompetter, om die kroos in toom te hou. teen die sonsondergang,oor die vloeiende Save rivier,het 'n groepie die rivier oorgesteek.hulle siluette teen die lig op die horison,het vir fantastiese foto geleenthede gesorg.Al probleem was,nie een van ons het 'n kamera, by ons gehad nie. Dit was egter 'n prentjie wat vir baie lank in my kop sal wees.
Die volgende oggend, is ons weer fort, om watergate te fynkam. Bo-op 'n heuwel, waar mens taamlik ver kon sien, het ons stilgehou, vanwaar ons die gebied wou deur kyk. Een van die spoorsnyers het skielik beduie na 'n kloof ongeveer 50m onder ons. 'n Dagga bul, het alleen geloop en wei en het ons nog nie gewaar nie. Die bul was omtrent 300m voor ons en het dwars voor ons verby beweeg. Ons kon sien dat hy taamlike groot bosse het, maar nie regtig die wydte van sy horings nie. Ons was egter oortuig dat dit 'n ou alleenloper bul was, en Wouter het dadelik ingestem, om hom te bekruip en te skiet.
Ons het teen die rant afbeweeg,met die wind in ons gesigte en kon heeltyd bosse tussen ons en die buffel hou.Na omtrent 30min se bekruip, het ons teen 'n groot sloot/kloof vasgeloop,vanwaar ons nie nader kon gaan, sonder om totaal sigbaar te wees nie. Wouter het homself gemaklik gemaak teen 'n jongerige boom,vanwaar hy die buffel kon sien, maar die bul se "vitals" was agter 'n bos. Na 'n paar minute het die bul vorentoe getree en Wout het die 525gr TSX agter die bul de blad ingedruk. Die bul het in sy spore verstar,na 'n paar sekondes probeer om draai, maar kon eenvoudig net nie een voet voor die ander sit nie. Nog twee koeels,die keer solids, het hom getref, en die bul het net dar gaan le. Die skoot was 110m en Wouter was in sy element.
Die drie hartskootjies

Die res van die dag het ons rustig verkeer, terwyl die slagters hulle ding gedoen het, en die aand is afgesluit met feesvieringe.
Twee dae later,het ons albei,'n noue ontkoming beleef, toe ons 7ure lank, in 40grade hiite, 18km ver, op olifant spore gestap het. Dit was hard op ons lywe, en ons het Loyd mooi verduidelik om 'n herhaling daarvan te vermy
Die volgende middag laat, het ons op "gwacha" (hoop die spelling is reg) gaan stap, in die rigting van die samevloei, toe ons skielik takke hoor breek. Van 'n hoogtetjie af, kon ons 'n olifant bul sien wei. Die bos was egter baie dig en dit was moeilik om sy tande te sien. Ons het begin nader beweeg en alhoewel die rook van Loyd se sigaret in ons rigting getrek het,was die beweging baie gering, en ons moes dus baie versigtig beweeg. Van nader kon ons 'n tweede en 'n derde bul gewaar en later ook 'n vierde.Ons het nader beweeg was later ongeveer 25m van die vier reuse af. Alhoewel ek nie enige grote tande in gedagte gehad het nie, wou ek graag 'n volwasse bul skiet, en ook die grootste een van die vier. Vir ongeveer 45minute, het ons die bulle bekyk tussen die ruie bosse deur, waarna dit begin skemer word het, en ek toe op een van die bulle besluit het. Die bul het met sy kop in 'n bos staan en vreet, wta my geleentheid gegee het om nader te beweeg.. Ek het gereed gemaak, safety af, geweer in my skouer en in gestap. 25m, 20m, 15m. Met elke tree kon ek my hart vinniger en harder hoor klop, minder en minder bewus gewees van wat om my gebeur, en strak opgelet na wat die bul se body language" vertel. Uiteindelik op 12 tree, het die bul my gewaar, agteruit getree, na my toe gedraai,sy kop opgelig, ore opgetel en bo-oor sy slurp my aangegluur. My 577 was vinnig op die merk, en toe die skoot blaf, het die bul se agterbene gevou, sy kop opgetel en toe met fors grond toe. Dit was presies hoe ek dit wou he!
Die hele tyd, het Wouter oor my skouer gekyk, en ek was rustig om hom as back-up te he!







Teen die tyd dat ek die bul se stert afgesny het, was dit pik donker, en ons kon die nag in feesvier, met goeie kubaanse sigare en Johny Walker se uitvoer kwaliteit verversings!
Die volgende oggend, het ons 'n buffel spoor gevolg, deur die Save rivier bed,tot op 'n eiland in die middel van die rivier bed. Ons het besluit om terug te gaan kamp toe, en laat middag terug te kom, om die bul kans te gee om uit die digte bosse op die eiland uit te beweeg. teen 4:30 was ons terug daar, en het ons gesit en wag dat die bul moes uitkom. Teen 8pm het ons besluit om nader te gaan, nadat ons takke hoor breek het, en Loyd die area met sy "thermal imaging " verkyker kon dop hou. Die maan was taamlik helder, maar dit was steeds baie moeilik om enige defenisie teen die donker bosse te kon uitmaak. Na ongeveer 30minute se stap om die eiland, het Loyd skielik beduie, vir die skiet stokke. hy het Wouter in die regte rigting beduie en toe hy gereed was, die spotlight aangesit. 40m Voor ons, het 'n baie ou dagga bul gestaan en vreet, en toe die 505 dreun, het die bul wegespring en deur die bosse verdwyn. 30sek later het hy sy laaste bulk gegee en ons het hom 20 minute later, morsdood in 'n oopte gekry. dit was vir my 'n eerste en beslis baie,baie opwindend
42 Duim


Weereens is daar feesgevier, en toe was dit tyd vir terugdraai
Dit was weereens 'n baie groot voorreg om die jag te beleef. Om in die Afrika wildernis te wees, en om dit boonop met iemand te deel, wat passievol,ingelig,verlig is en nog 'n lekker sin vir humor ook het, het dit soveel meer spesiaal gemaak. Dankie Wouter vir jou bydrae. Dit was 'n voorreg!!


