Effek van trans en subsoniese vlug?
-
marco
Effek van trans en subsoniese vlug?
More almal ek sal graag wil hoor of enige iemand bietjie al opgelet het watse effek trans en subsoniese snelhede gehad het op hulle groepe op ver afstande. Ek hrt nog nie so ver geskiet nie maar glo hier sal al n paar manne wees wat dit wel gedoen het.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
sodra n projektiel in die transoniese sone ingaan raak sy vlugbaan onvoorspelbaar. Maw onakkuraat. Die rede blyk te wees die effek van die samepersing van klankgolwe. Soortgelyk aan wat Chuck Yeager ervaar het in die X1 toe hy die klankgrens wou breek.
Op verskillende dae sal die presiese afstand vir n gegewe koeel verskil weens die atmosferiese toestande so dit is nie maklik om te toets nie tensy jy toegang het tot n baie baie lang baan. Meeste mense het nie

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13585
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Van LRH, dalk help dit ook bq
en dit is wat Brian Litz se oor die boonsteLong answer- projectiles with relatively short length and shallow angle boat tails or no boat tail at all have better stability throughout their flight, particularly transonic. Finer meplat dia helps also as does a better transverse to axial inertia ratio.
I agree with Gropers assessment of what geometric and mass properties are good for a bullet's transonic stability.
A recent example of such a bullet is the Berger 175 Tactical OTM which I designed specifically for transonic stability:
308Tactical
Increasing twist rate can help a little, but the biggest outside influence is atmospherics. Many bullets that are not transonic stable at sea level are so at 3000+ feet elevation.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Sekere koels kan beter wees agv hul vorm as ander maar ek kan nie sien hoe enige koel transsonies stabiel kan bly nie. Die probleem hier is reeds dat die opeenhoping van saamgeperste klankgolwe die probleem veroorsaak.
-
marco
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Interesant. Ek het bietjie Todd Hodnet se vudeo reeks gekyk en hy lyk glad nie baie bekommerd oor hierdie verskynsel nie. Hy glo daarin dat die punt sal wys wat gebeur maar soos julle se dis bietjie moeilik om te sien as n mens nie toegang het tot n lekker lang baan nie.
- Mars67
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Dit mag nou snaaks klink maar ek skiet middel en langafstand kompetisie met 'n voorlaaier. Die koeël gaan op omtrent 300m van die tromp af van super na sub-sonies. Ek gebruik 'n lang swaar koniese lood koeël (45 kaliber) met 'n gladde skag wat 583 grein weeg. Die koeël het 'n plat basis met 'n vlak holte in.
Ons het dus elke skoot wat ons skiet van 600 tot 900m te doen met die trans-soniese vlug van ons koeël.
In die trans-soniese fase is die koeël onstabiel en dit is waar ons vind dat die wind kondisies die meeste effek op die koeël het. Ons probeer dus as ons die kondisies lees om 'n geheel beeld te vorm oor wat aan die gebeur is oor die totale afstand maar gee die grootste gewig aan wat die mirage, vlae ens. so 300m van ons af doen.

Jissie 900 m met swart kruit dit wil gedoen wees... Wat is die groote van julle gemiddelde groepe?
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Mars67 wrote:Dit mag nou snaaks klink maar ek skiet middel en langafstand kompetisie met 'n voorlaaier. Die koeël gaan op omtrent 300m van die tromp af van super na sub-sonies. Ek gebruik 'n lang swaar koniese lood koeël (45 kaliber) met 'n gladde skag wat 583 grein weeg. Die koeël het 'n plat basis met 'n vlak holte in.
Ons het dus elke skoot wat ons skiet van 600 tot 900m te doen met die trans-soniese vlug van ons koeël.
In die trans-soniese fase is die koeël onstabiel en dit is waar ons vind dat die wind kondisies die meeste effek op die koeël het. Ons probeer dus as ons die kondisies lees om 'n geheel beeld te vorm oor wat aan die gebeur is oor die totale afstand maar gee die grootste gewig aan wat die mirage, vlae ens. so 300m van ons af doen.
Vir intressantheid, wat gebeur met daai koel as jy hom skiet na n teiken op n afstand waar die koel se spoed binne die transsoniese fase van die koelbaan is? Maw voor die koel subsonies raak tref hy die teiken
Frikkie
- Mars67
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Die beste wat ek nog gedoen het was in April vanjaar met die SA Kampioenskappe toe ek 'n nuwe SA rekord geskiet het met 'n totaal van 69.4/75. Dit beteken 4 skote was onder 10 duim, 9 skote binne 20 duim, 13 skote was binne 25 duim en al 15 tellers was binne 'n 32 duim kol. dit gaan egter nie altyd so goed nie want die koeël se vlug tyd op 900m is amper 3 sekondes. Die wind kan jou lelik knyp op daardie afstand!
Die kortse middelafstand wat ons skiet is 300m. Dit is omtrent by die trans-soniese fase maar dit is werklik moeilik om presies te bepaal. Ons gebruik 'n standaard Bisley teiken so di v-kol is 7 cm, die bull is 14, en die 4 ring is 28 cm. Die manne skiet gereeld onder 'n 28 cm groepring op 300m. Merwe Van Rensburg het in die nasionale kampioenskappe 'n 47/50 geskiet. Sy groepering was net-net nie 14 cm nie.

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1519
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Wat Tertius baie diplomaties bedoel, julle worry oor onbenullighede.
"Its the nut behind the butt!!" wat tel.
"Its the nut behind the butt!!" wat tel.
- Mars67
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Lekker lag ek nou Schalk!!! Is dit nou nie die waarheid nie!!!
Jy bedoel seker Marnus?
Jy bedoel seker Marnus?
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1519
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Hehehe, grysstof probleem.Mars67 wrote:Lekker lag ek nou Schalk!!! Is dit nou nie die waarheid nie!!!
Jy bedoel seker Marnus?
-
marco
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Indrukwekend om te dink n mrns kan dit regkry.. Ek het n ou 303 bsa. Hys oop versier en die verste wat ek nog ooit iets geskiet hrt met hom was n gong op 400 m met n spotter langsaan wat my dkote gelees het en dit was harde werk gewees. Nevrr mind op 900m...
- Mars67
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm
Re: Effek van trans en subsoniese vlug?
Dit is presies hoekom ek dit doen. Dit bly vir my fasinerend om dit te doen met die ou tegnologie!