Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Francois Marais »

Skolla

Ek weet Rosenthal het n paar op voorraad, maar die pryse is maar aan die kwaai kant.

As ek weer inni dorp is sal ek daar verbygaan en bietjie pryse kry.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Skolla

Ja ek het ook gesien hulle gee daardie name aan. Ek sien die S&B Zenith 2.5-10x56 lyk baie interessant. Weet jy enigiets meer van die scopes af?


Francois

Miskien kan jy meer oor die Zenith 2.5-10x56 uitvind. Dit lyk nogal of dit kan werk.


Jan
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Freddie101 »

klipspringer wrote: Hello Freddie

Watter model het jy spesifiek en gebruik jy dit vir jakkalse in die nag?

Groete
Jan
Klipspr.
Ja Meopta Meostar r1  3-12 by 56 en ja vir jakkies in nag.
yol bolsun
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Skolla »

klipspringer wrote: Weet jy enigiets meer van die scopes af?
Jan
Nee, ongelukkig nie.
Al hoe ek in elk geval n jakkals op 300m kan doodkry is as dit redelik oop is en ek agter die stokke van n Hilux is.  ;D
Skolla   
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Raven »

Skolla wrote: Al hoe ek in elk geval n jakkals op 300m kan doodkry is as dit redelik oop is en ek agter die stokke van n Hilux is.  ;D
Skolla   
Skolla, nou praat jy, ek wens ons kan daai experience nog eendag vir Taffie gee....  ;D  ;D  ;D

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Freddie

Dankie Freddie. Lyk na gewilde teleskoop. Ek leer maar voortdurend.

Jan
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Skolla

Klink of jy dit toe-oe sonder geweer doen!  ;D

Jan
Last edited by klipspringer on Wed Dec 22, 2010 6:16 pm, edited 1 time in total.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by DSBW »

Skolla

Nou praat jy! Dis hoekom die bakketjie maar altyd moet idle, net ingeval jy weet.

Dawie
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Skolla »

Ja, lyk my die goed is gekoppel aan my regter voet.
As hy uitspring gaan my regtervoet outomaties plat.

Skolla
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Skolla & Dawie

Waarvoor is dit nou nodig om duur teleskoop te koop as mens 'n geleerde voet het en 'n bakkie wat op 120 km/h deur die veld idle!  ;D

Jan
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Ek vra maar weer of daar dalk iemand is wat Schmidt & Bender geweerteleskope gebruik, kennis daarvan het, of terugvoer daarvan gehoor het?

Jan
immelmanw

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by immelmanw »

Hi Jan

Baie goed, optics great. die scope self is bietjie aan die swaar kant. Die Zenith is basies hulle kompetise vir die Amerikaanse scopes wat se reticle in die 2nd focal plane sit, maw die kruishaar raak nie dikker nie. Selfde as wat Swarovski gedoen het met die Z3,4 en Z5. As jy na die Zenith kyk kan jy ook vergelyk met die Swarovski Z4i, Leica ER....

n Mens moet ook na die "backup" gaan loer en op die oomblik sukkel die manne maar met die agente....verskeie redes. Maar dan verwag n mens ook nie n Schmidt und bender moet elke dag breek nie?

Groete

Willem
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Willem

Wat sal so Zenith jou uit die sak jaag? Wat is die verstellings en watter gadgets het hy alles op? Vra maar die dinge om myself bietjie beter in te lig. Wat sal jy verkies: reticle op 1ste focal plane of 2de en jou rede?

Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Dankie Willem

Wat jy se maak vir my baie sin. Die S&B Zenith 2.5-10x56 blyk steeds vir my 'n interessante teleskoop vir nag jakkalsskiet te wees. Dit blyk egter of daar nie baie gebruikers van die S&B teleskope is nie en die rede mag dalk le in wat jy genoem het rakende die naverkoopdiens. Ek sal bly wees as iemand dit anders kan bewys.

Jan
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Klipspringer

In die media is die S&B maar afgeskeep in die laaste klompie jare. Nie goed vir my nie en ook seker nie vir Schmidt en Bender nie. Hoor te veel van die scope is daar of hier gemaak en weet nie altyd wat die waarheid is nie. Zeiss het ook nou al scopes wat in Amerika aanmekaar gesit word, maar Zeiss het seker gemaak dat alles in die media verklaar word en maak dit net vir my makliker om werklike Zeisse te bekom.

Met die klomp veterogies en skermunkels van grysprodukte wat oral hulle koppe iutsteek moet 'n ou maar ligloop. Ek glo steeds dat as jy nie smokkelprodukte koop nie, die Schmidt en Bender jou nie sommer probleme sal gee nie.
Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
immelmanw

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by immelmanw »

Taffie en Jan

ons het laasjaar op die Shot Show in VSA lank met Carl Heinz gerlach gesels, hy is die eienaar van S&B. Hulle is maar baie klein ivm Zeiss of Swarovski, hulle primere fokus is die PMII scopes wat hulle vir die verskeie weermagte oor die wereld bou. Dit hou hulle baie besig. Die Zenith word in Duitsland gemaak, daar is egter n nuwe reeks, die Summit wat in VSA gemaak word, weereens om die belasting op ingevoerde goedere te vermy. Die Amerikaners beskerm hulle eie mark, selfde rede hoekom die invoerbelasting so hoog is op Mercedes en BMW in die VSA, enige ingevoerde produk is moer hoog belas! Nou bou of sit hulle die goed in VSA aanmekaar en spaar n klomp geld. Dan is daar ook die reticle storie, Amerikaners koop 99.9% 2nd focal plane omdat hulle lange skote skiet en mal is oor die dik kruishaar nie.

Julle manne wat nou al jare skiet het grootgeword met die Zeiss Diavari 3-12x56 scopes en is gewoond aan die kruishaar, ek glo soms dat baie van die nuwe scopes soos die Swarovski Z5 se BRX weer te dun is, ek het nou die dag vir AP Theron van Merweville een gestuur, ek se toe dit is dun, hy se toe geen kruishaar sal ooit te dun wees nie, wel, dit was te dun.

Mense wat n scope gebruik om te range en op ENIGE vergroting dit wil gebruik, kan dit net met n scope doen wat se reticle in die 1st focal plane is, want die kruishaar bly konstant tov die teiken. Dit is hoekom die S&B PMII en die Zeiss Hensolt ens so populer is onder die spesmagte en snipers, hulle het die wereld se tyd om te range.....le op n koppie en vat n uur of twee per skoot.

Ek kan die Zenith 2.5-10x56 en die 3-12x50 kry vir so R14000.00 en die Illuminated modelle vir so R16500.00

Groete vir eers, moet gaan klaarmaak vir werk......

Willem

Die manne moet ook verstaan daar is verskil tussen oes en jakkalsjag, ek verstaan dat julle baie keer die scope wil gebruik om jakkasl uit te ken, in daai geval raak die 10x bietjie min, danmoet n mens na 14+ begin kyk. Die manne wat oes is lief vir 8x of die 10 of 12x, ou Gawie Colyn van Graaff Reinett skiet net met sy Zeiss 3-12x56.....en so ook honderde ander manne.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Louis102 »

Skolla wrote: Ja, lyk my die goed is gekoppel aan my regter voet.
As hy uitspring gaan my regtervoet outomaties plat.
....Ja, nee vir 'n jakkals op 300m is 'n robuuste teleskoop wat die stampe en stote kan vat meer belangrik vir Nambi? se suide-boere, as een wat so v?r kan sien....
Goeie dade oortref goeie woorde.
jakkie 735

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by jakkie 735 »

Skolla,

My buurman in die verre suide van Namibia.  Was in 'n bevoorregte posisie om  'n Schmidt & Bender teleskoop op sy 234 geweer te laat moniteer.  Hy vat toe die span vir 'n oggend uitstappie in sy V8 Landie, en jou wragtig daar Ta uit en daar is daai regtervoet aksie.  Die Schmidt&Bender is toe aan die einde van die dag bont rondgeval in die Landie en Ta is uit!! Wat ek eintlik wil se is: vir 'n suide boer van Namibia is 'n teleskoop 'n bysaak, want as jakkie uitspring is als vergete en  dis voet in die hoek met 2 de rat.

Jakkie 735
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Willem

Jammer dat hulle nie die nut sien om die 56mm optiese lens nie in die 3-12 modelle te gebruik nie. Dink nogal dit is waar die kruks l?. Sien Swarovski sien ook nie die nut om 3-12 modelle met die 56mm lens uit te rus nie. Sal seker hulle fout later(alreeds dink ek) agterkom. Die groter optiese lens het 'n voordeel in die nag teenoor die kleiner voorste lense. Baie jagters sal ook goed regkom met 10x en kan altyd die 2.5-10 modelle aanskaf. Ek hou baie van Schmidt en Bender reekse, maar altyd het die 12x56mm my laat oorhel na die Zeiss. Swarovski is nou regtig seker die top scope in jag(algemene jag en kan nogal 'n goeie paier scope wees ook), maar ongelukkig nie die top nagjag scope nie.

Die reticle wat groter word met die vergrotings wat op gedraai word is ook na my menig nodig vir die langer skote in die nag. As jy lank genoeg jakkalse in die nag gejag het weet jy waar om te mik as jy die jakkals net vaagweg sien. Dit is wanneer die dukker kruishaar tot sy reg kom.

Daar is na my mening 'n groot mark vir scopes wat geskik is om in die nag te kan gebruik. Vir my(ook net vir my) is daar geen scope wat by Zeiss se 3-12x56 Diavari met #4 en 8 reticle kan kers vashou nie. Baie sal baie naby kom, maar nie gelyk nie. Ek gaan nie hieroor debatteer nie, reeds genoem dat dit vir my persoonlik met my eie sig- en skietvermo? is. Wat ook vir my verblydend is, is dat hiedie modelletjie tot die helfte minder kos as van sy eweknie?. Ek dink ook net dat die ander vervaardigers meer op die papierskieters(goeie mark) konsentreer.

Ek is seker dat as daar 10 belangstellendes is, sal S&O dit vir ons teen nog beter prys as die gebruiklikke R12500-00 sal kan verskaf. Nou mos nie flintergat besigheid darie nie.

Mooiloop

[align=center]Hierdie is my eie mening![/align]

Ps. Welkom by ons, reken jy het al darem so bietjie geloer. Soek tog 75grein Vmaxe! :D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Skolla »

jakkie 735 wrote: Wat ek eintlik wil se is: vir 'n suide boer van Namibia is 'n teleskoop 'n bysaak, want as jakkie uitspring is als vergete en  dis voet in die hoek met 2 de rat.
Willie
Vir daai werk moet dit verkieslik nie n Landie wees nie. ;D
Ek het eendag n jakkals met myne gejaag (dis eintlik n lang storie) maar my Landie en die jakkals was later altwee in eerste rat, die jakkals kon net korter draai.
Ek gaan nou ophou want nou hi-jack ek die topic. Nounet gaan dit weer oor Landrovers en_ _ _
Skolla
Ek het gehoor jy was n tyd terug daar na die Swartrante toe maar het n probleem met jou geweer opgetel? Hoorstorie maar ek hoop nie dit was te ernstig nie.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Tafjak en Willem

Ek reken die prentjie raak nou meer duidelik.

Dit blyk of die Zeiss Classic Diavari 3-12x56T* steeds een van die gewildste teleskope onder nag-jakkalsjagters is. Die vergroting, objektiefgrootte, optiese werksverrigting, robuustheid en die prys blyk alles baie na aan reg te wees.

Jan 
immelmanw

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by immelmanw »

Verseker baie nice,  swaar maar robuust soos jy se.....ek kry net soms die gevoel of die field of view min is....maar dit is seker my verbeelding!

Groete
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Willem

So terwyl jy op die onderwerp is kan jy mos gou deur jou boeke blaai en al die scopes soos: Swarovski, S&B, Nikon, Leupold(moenie Hendrik nader roep nie :D), Leica, Zeiss en Lynx se Field of View gee. Sal verseker interresant wees sou ek reken. Kom ons maak dit op 10vergroting vir almal om die meeste darem ingesluit te kry.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Willem
ek kry net soms die gevoel of die field of view min is....maar dit is seker my verbeelding!
...ek weet okkie.

Hier is iets wat ek raakgeloop het:

Nightforce NXS            3.5-12x56= FOV= 7.3 ft     
Nikon SF                    4-12x50  = "      =10.5 ft
Meopta Meostar R1      3-12x56=  "      = 10.5ft
Schmidt&Bender          3-12x50 ="      = 11.4ft
Swarovski  Z6                2-12x50 = "    = 10.5ft
Zeiss T*                        3-12x56=    "  = 10.4
en almal se FOV is op 12vergrotings.


So ou Smittie gee ons pak. Sien darem Swarovski het ook bygekom met die 3.5-15x56. Sal seker een baie lekker scope wees, moet wees as ek so na die prys kyk.

Mooiloop

Ps. S? vir Hendrik ek gaan nie Leupold se FOV plaas nie >:D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Willem

Die 2.5 - 15 x 56 Z6 wat julle adverteer, is daar van hulle beskikbaar en wat sal die regte prys wees as jaracal lid een bestel? Is die FOV omtrent 18.04 ft op 100yards met 12vergrotings ? Kyk net of my berekeninge reg is.

Het enige iemand al met so ding in die nag gejag? Lyk nogal na iets sou ek dink en iets beginne jeuk! Kom nou agter dat daar geen paralaks verstellings op is nie! Dit is regtig my tipe scope en ek hoop die ding kan 'n man laat sien in die nag. Lyk of my ou Zeissie maters gaan kry en hoop die maat kan saam/beter gesels! :D

Mooiloop

Ps. Onthou dat April my shopping maand is, mos 'n ander geloof!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Post Reply