Elite GT500

Post Reply
Thoei

Elite GT500

Post by Thoei »

Hi Manne

Wat dink julle van die GT 500 boog.

Groette Thoei
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Elite GT500

Post by Gerhard »

Soos reeds ges?

Dis soos die Toyota vs Ford vs Mazda debat.

Persoonlik hou ek nie van Elite boe nie.

Ander is weer mal oor hulle.

Maar nie een van die boog maatskapye vandag maak slegte boe nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Thoei

Re: Elite GT500

Post by Thoei »

Dankie Gerard

Ek wou net weet oor ek n beginner is met die boog ding,het vir my n 500 gekoop.Ek sal maar moet sien wat hy vir my beteken.

Groette Thoei
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Elite GT500

Post by Francois Marais »

Riaan

Daardie boog is n lekker jagboog, kwaai vinnig.

My raad......

Begin aanvanklik op LAE ponde skiet, ek weet dis n 80# boog, as jy hom kan afdraai tot so 60 sal dit goed wees, skiet hom daar dat jy eers goeie vorm kan aanleer. Boogskiet is soos golf, as jy eers n slegte gewoonte inge-oefen het, raak jy moeilik weer van hom ontslae. Daardie boog is baie aggresief, vandaar die spoed, en nie die maklikste boog vir n beginner om baas te raak nie, maar ek reken tog as jy so lig as moontlik beginne, en stadig opwerk, gaan jy hom wen, met die baie spoed wat daardie boog het is so 65# oor as genoeg om gewone wild mee te jag.

Ek het n 80# Mathews Monster, het n Kameelperd met hom geskiet op 72# en jag gewone wild met hom op 63#, niks meer nodig nie.

Met daai boog kan jy basies enige iets skiet, weet sy vorige baas het n buffel geskiet.

Geniet hom, onthou die fotos as jy ietsie skiet.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply