Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
-
Schalk.vdB
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Manne
Ons het op 'n boer se plaas 'n skietbaan seker so 20+ jaar terug gebou. Die baan is nie gerigestreer nie want dit is 'n plek waar 'n paar vriende net voor die jag seisoen gaan kyk of hulle nog die papier kan raakskiet.
Nou die vraag, een van die ouens stel voor dat ons 'n nagjag kompetisie hou waar jy na 'n jakkals skiet uit 'n stoel met 'n "spotlight".
Hulle wil ander mense as die wat normaalweg daar skiet toelaat asook die ouens wat altyd die baan gebruik.
Kan ons die baan veiligheids reels wat ons gebruik vooraf vir almalgee en dit die dag weer vir hulle verduidelik voor hulle skiet.
As elke persoon 'n vrywarings vorm teken en daar gebeur 'n insdent wat is die implikasies en wie is regs aanspreeklik?
Ek luister?

SR = M
Solid rest is equal to meat
Solid rest is equal to meat
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13589
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
Daai vrywarngs form beteken omtrent net wat daai stuk a4 papier werd is...ek sou dit ma tussen die pelle gehou het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Schalk.vdB
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
Baie dankie
Dis presies wat hulle vir my sê, maar nou skep hulle die selfde senario.
Ek reël 'n jagtrip saam met my pelle. Die boer laat ons 'n vrywarings brief teken. Een van die ouens word raakgeskiet deur sy pêl.
Nou sê hulle ek wat die jag gereël en die Boer word ook aangekla?
Groete
Schalk

FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
Schalk ek dink nie dit werk heeltemal so nie. Die vrywaring form spreek die boer vry vir jou eie nalatigheid. Maar nie syne nie.243RSA wrote:Baie dankie
Dis presies wat hulle vir my sê, maar nou skep hulle die selfde senario.
Ek reël 'n jagtrip saam met my pelle. Die boer laat ons 'n vrywarings brief teken. Een van die ouens word raakgeskiet deur sy pêl.
Nou sê hulle ek wat die jag gereël en die Boer word ook aangekla?
Groete
Schalk
EK verstaan dit as volg. Die boer het 'n bakkie waarmee hy jou in die veld aflaai en oplaai. Jy val agter van die bakkie af omdat jy 'n "nar" was en nie plat gesit het nie en ook nie vas gesit het nie. Die boer kan nie vir dit aanspreeklik gehou word nie.
Aan die ander kant weet die boer dat die bakkie se wheel bearing foutief is en vervang moet word, maar bly dit uitstel na die einde van die seisoen. Oppad om jou die oggend te gaan aflaai veroorsaak die foutiewe wheel bearing dat julle in 'n ongeluk kom. Nou kan die boer aanspreeklik gehou word.
As ek verkeerd is help me reg met betrekking tot die vrywarings dokument.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
Dis nie heeltemal so eenvoudig nie....243RSA wrote:Baie dankie
Dis presies wat hulle vir my sê, maar nou skep hulle die selfde senario.
Ek reël 'n jagtrip saam met my pelle. Die boer laat ons 'n vrywarings brief teken. Een van die ouens word raakgeskiet deur sy pêl.
Nou sê hulle ek wat die jag gereël en die Boer word ook aangekla?
Groete
Schalk
Ek verskil met die manne wat beweer dat 'n vrywaring geen waarde het nie. 'n Vrywaring is prima facie bewys dat jy bewus gemaak is van die gevare van die aktiwiteit waaraan jy deelneem. 'n vrywaring kan nooit opmaak vir opsetlike of grof nalatige optrede deur 'n boer of 'n organiseerder nie, maar beskerm 'n boer of organiseerder teen die sotlike of nalatige optrede van ander deelnemers en/of die persoon wat self "skade" gehad het.
Die bewoording en inhoud van die vrywaring, is baie belangrik. Die organiseerders moet egter steeds seker maak dat daar alle moontlike veiligheidsmaatreels in plek is en dat die aktiwiteit op 'n verwantwoordelike manier gedoen word.
Aim small, miss small
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
RSA.Ek bied redelik gereeld Veldskiete en kompitisies aan, Jy as organiseerder sal getoets word teen die "Redelike man toets". Sou daar 'n insident plaasvind sal gekyk word of jy nalatig was en of jy als in jou vermoë gedoen het wat die redelike man sou doen om die insident te voorkom.
Die vrywaringsvorm dra waarde, hoekom sal hy dan meer waarde op 'n skietbaan dra as op 'n jagplaas? Verseker dat jy opgeleide baanoffisiere het wat die reëls van die skiet konsekwent toepas, verseker dat niemand toegelaat word of die geleentheid gebied word om 'n wapen onveilig te hanteer nie en belangrikste van als - hou alkohol en gewere VER van mekaar.
Dis altyd beter om liewer bietjie TE veilig te wil wees as bietjie te gemoedelik.
Belangrik: Backstops - maak seker dat jy weet waarheen die manne se koele gaan nadat hy deur/verby die teiken is.
Sterkte
Jaco

Last edited by 243Songdaug on Thu Sep 18, 2014 4:26 pm, edited 1 time in total.
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
As ek dit ook reg verstaan vrywaar die briefie die boer of skiet organisasie ook slegs teen eise vanaf die beseerde persoon.
Maar sy vrou, kinders en ander afhantlikes kan jou nogsteeds dagvaar vir onderhoud, verlies aan inkomste ens. ens.
Een persoon kan nie `n ander persoon se regte weg teken nie. Jy kan net jou eie regte beperk.
Wonder wat sê die regs kenners?
W.S
Maar sy vrou, kinders en ander afhantlikes kan jou nogsteeds dagvaar vir onderhoud, verlies aan inkomste ens. ens.
Een persoon kan nie `n ander persoon se regte weg teken nie. Jy kan net jou eie regte beperk.
Wonder wat sê die regs kenners?
W.S
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
Dit sal afhang van die omstandighede. As Piet vir Koos op 'n nalatige wyse raak skiet en die organiseerders/boer het op geen wyse nalatig opgetree nie, kan daar geen eise teen die organiseerders/boer ingestel word nie, maar wel teen Piet. Die doel van die vrywaring is om eise teen die organiseerder/boer, weens die nalatigheid van ander deelnemers of derde partye, uit te skakel. As die organiseerders/boer self nalatig opgetree het, gaan die vrywaring nie help nie.Wismit wrote:As ek dit ook reg verstaan vrywaar die briefie die boer of skiet organisasie ook slegs teen eise vanaf die beseerde persoon.
Maar sy vrou, kinders en ander afhantlikes kan jou nogsteeds dagvaar vir onderhoud, verlies aan inkomste ens. ens.
Een persoon kan nie `n ander persoon se regte weg teken nie. Jy kan net jou eie regte beperk.
Wonder wat sê die regs kenners?
W.S
Ter voorbeeld: Piet wys vir Koos sy nuwe EDC pistool agter die skietpunt en tussen die bakkies. 'n Skoot gaan af terwyl Koos die wapen hanteer en Piet verloor 'n been. Piet en sy familie sal teen Koos kan optree, maar as daar 'n behoorlike vrywaring opgestel en geteken is, sal 'n eis teen die organiseerder/boer/baaneienaar nie maklik slaag nie. As Piet egter vir Koos raakskiet terwyl Koos teikens gaan score, omdat daar nie behoorlike kontrole en RO was nie, gaan die vrywaring nie vir die organiseerders beskerm nie, maar Piet gaan steeds ook aanspreeklik wees saam met hulle....
Aim small, miss small
-
Schalk.vdB
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
Eugene
Baie dankie ek het geweet jy is man wat die ding vir my in perspektief sal kan sit.
Vir my is die goed wat eindelik die skietsport wat ek so mal is net kompliseer, dit is hoekom ek graag deelneem en maar net dankie sê vir die ouens wat bereid is om alles te organise.
Baie dankie ek het geweet jy is man wat die ding vir my in perspektief sal kan sit.
Vir my is die goed wat eindelik die skietsport wat ek so mal is net kompliseer, dit is hoekom ek graag deelneem en maar net dankie sê vir die ouens wat bereid is om alles te organise.
SR = M
Solid rest is equal to meat
Solid rest is equal to meat
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
eugene, ek wou lankal vir jou die volgende vra:
1. as iemand weier om so n form te teken en dan wel die slagoffer is van n insident, het hy nog sy volle regte tot kompinsasie, of het hy deur te weier maar tog deel te neem, nie deur sy deelname maar tog ingestem tot die reels, wat ook die vrywaring insluit? ek weet die regte metode is om so n persoon die terein te weier, tog gebeur dit.
2. wat is jou gevoel oor die teken van sulke vorms deur n voog namens n kind? die opinie wat ek gereeld hoor is dat n ouer mag van sy regte tydelik wegteken, soos by n skietbaan, maar hy magnie dieselfde doen namens sy kind nie? anders gestel, hy kan teken, maar dit beteken nie juis iets nie. ek is by die plaaslike skool betrokke, en hierdie saak is gereeld n warm debat.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Skietkompetisie en regs aanspreeklikheid
My mening: En ek gaan my nie uitlaat oor regstegniese sake nie.
Die belangrikste deel van die "vrywaring" is om al die reëls onder almal se aandag te bring. Dit gaan ten minste 'n oscar-tipe verweer uitskakel.
Goed opgeleide baanbeamptes (RO's) wat die skietbaan ten alle tye beheer is ook noodsaaklik. En 'n klomp mense met gewere in die donker, is nie maklik om veilig te beheer nie... Wees wawyd wakker.
Daarna kan jy maar 'n vrywaringsklousule ook insit. Maar dit bevestig net jou praktiese veilgheidsmaatreëls, wat reeds in plek is. Sonder behoorlike reëls en beheer, beteken die stuk papier waarskynlik nie veel nie.