Snaakse dinge op die skietbaan?

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Sangoma (IAN) »

Vertel bietjie wat julle op die skietbaan of op die plaas gesien het wat snaaks was ivm skietysters en scopes++>: :laugh:

Ek sal begin-

Het die naweek n ou gesien wat n bipod om sy loop geklamp het. Na nadere ondersoek kon ek vasstel dat dit eintlik vir n paintball gun bedoel is. Hy het die bipod by n pel gekry....

Het ook n ander man gesien wat sukkel om sy scope te zero. Ekt hom probeer help en het agter gekom sy turrets op die scope was verkeerd om gemonteer. Beteken die elevation het links op 9 uur gesit en windage was op 12 uur.... lag my gat af!!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by VdWalt »

Ek weet nie of dit snaaks was nie en of ek net jaloers was nie maar dit het verkeerd gelyk. n 303 sport met 'n z6 Swarovski op.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Silent Hunting »

VdWalt wrote:Ek weet nie of dit snaaks was nie en of ek net jaloers was nie maar dit het verkeerd gelyk. n 303 sport met 'n z6 Swarovski op.
Party ma's se kinders.....
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Louis Kriel »

VdWalt wrote:Ek weet nie of dit snaaks was nie en of ek net jaloers was nie maar dit het verkeerd gelyk. n 303 sport met 'n z6 Swarovski op.
eisshh lekker lag ek nou, hy laaik seker die 303 kwaai!
Nou die dag roep my pel my en se "kyk bietjie as daai ou skiet" en hy wys na n ou met n splinternuwe Tikka en ook n Z6 op. Elke keer as die skiet hou hy sy vinger so 1cm vd die sneller af en dan tap hy die sneller om te skiet. Hy skiet hele oggend op 25 meter. Toe my vriend hom vra hoekom hy nie op 100 ook probeer nie toe se hy, hy dink nie dis nodig nie!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by douw »

Louis Kriel wrote:
VdWalt wrote:Ek weet nie of dit snaaks was nie en of ek net jaloers was nie maar dit het verkeerd gelyk. n 303 sport met 'n z6 Swarovski op.
hy dink nie dis nodig nie!
:o :o
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Pvdw »

Het ook so ruk terug manne met 303 gesien wat 'n Burris Eliminator3 op het. Hulle het op 100m heel skaflik geskiet maar as ek reg onthou wou die 303 en daai bruin pakkie ammo net nie mooi loop op 200m ni. Die mann was erg moedeloos.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by henning »

Laas jaar het n ouerige kerel langs my geskiet met sy 303, en nogal n mooi geweer.
Hy gaan haal sy teiken en toe hy terug kom wys hy die teiken vir my en met n groot smile en trots se hy "kyk, nou is ek reg vir jag"
Ek was half geskok want die groepering is so groot soos een van jou grootste eet borde. Ek smile toe maar net en se niks. Later het ek sleg gevoel want ek dink toe miskien was daar iets wat ek kon doen om hom te help.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Christo »

https://dl.dropboxusercontent.com/u/60613964/Ribbok.jpg

Ek het seker 10-15skote op die baan oor sy kop geskiet na 800 en 1000m. Toe myself wysgemaak hy is met 'n doel daar, hom gerange op 480m, opgestaan en wind gemeet, Strelok geraadpleeg, paralaks reggestel, sy eetpatroon bekyk om te sien hoe lank sy kop op een plek gaan bly, weer alles gecheck, toe die 260 se slot toegedruk en aangelê, asem uitgeblaas, die trofee horingkies al op 'n mooi stuk hout gesien, en toe........ maak ek maar weer die slot oop. Eish, dit was Sondag, en die vrieskas is nog vol.

Is ek besig om 'n softie te word? Voel net verkeerd van 'n skietbank af.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Sangoma (IAN) »

Lekke lag ek nou vir Henning se post!!
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Williel »

Dis nou nie die skietbaan nie maar oppie plaas.

Die all rounder .270 FN Sauer met n vaste 6 x 42 Swarovski scope is n regte plaasbakkie geweer. Hy het al wat ek van weet, 2 keer van die dak (die bakkie) af geval. Eenkeer in die ry. Daai scope stel jy en hy reageer presies (sonder om teen hom te kap met n klip) en hy blink soos n spieel, jy kan jou hare in hom kam van skaaf in die kajuit.

Nou daai konkoksie op die scope is waar die 170 nightforce op mount vir die jakke in die nag. En glo my, dit verander nie die point of impact nie! Vir al die dorpsjapies wat vra wat daai is, word vertel dis n unieke range finder waar jy die kop van n springbok deur meet. Op 200m pas sy lyf net mooi deur daai mikke daar bo en jy weet presies hoe ver die bok is.

Nou ja, met bietjie humor is dit die waarheid en die geweer skiet op n tiekkie. 130 gr SGK @ 3145 fps wil ek graag weet hoeveel springbokke al voor sy loop geval het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete, Willie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by tripodmvr »

Daardie geweer teleskoop kombinasie is werklik vol karakter ;D
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by spekieries »

Willie
Dit is nou 'n houding geweer. Hy is soos 'n Dagha Boy met 'n skrumpet." Was there, done it" .Laat my met heimweë terug dink aan my oom se .308 Mauser in die bosveld. Die teleskoop was net nie Swaro nie maar een van daai staal Weavers.
Rappie
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Mon Jul 14, 2014 4:03 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Rappie »

Dis nou soos Spiekeries se wragtag houding. Met al van dag se nuwerwetse toerusting gaan jy nie gou weer so model sien nie. :)
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by G-force »

Ek hou van die thread,ek hou hom dop!
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Eugene »

Eendag op 'n SAJWV takskiet 'n oom gesien wat 'n 243 rondte in sy 308 geskiet het.... Koeel het so 2 keer gehop voor hy by 200m uitgekom het...

En dan natuurlik die manne met hulle 300's en hulle halfmaantjies bokant die neus.... Dit bly maar snaaks om iemand wat lyk of sy huiswerk vir Maandag nog nie klaar is nie, te sien inskuif agter een of ander 300 kanon en dan sy oog teen die teleskoop te druk.... >:D >:D >:D
Aim small, miss small
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by tripodmvr »

Met een van ons SA Jagters skiete sukkel die man ernstig met sy nuwe 30-06. Die aflossing is later sonder hom weg met geen skoot geskiet nie. daar is toe 'n groot gesukkel om die koele uit die magasyn te kry. Na baie gesukkel het ons die probleem. Jare se skiet met sy 303 het hom ingedagte die 303 patrone laat laai in die 30-06 se magasyn.

Hyself was baie verleë maar kon darem saamlag. Gelukkig in die geval sal die 303's nie kan kamer nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by NEGE3 »

Ek het 'n jongman gesien sukkel om sy roer in te skiet. Sy vriend wat saam met hom was het vir hom verduidelik dat as jy die teleskoop stel dan stel jy volgens die nommers op die dail. Ek vra hom toe waarvoor is die strepies tussen die nommers. Hy reken elke strepie stel 1mm voor.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Swede »

Weet nie of dit snaaks is nie, het saterdag nuwe ladings vir my.357Mag revolver gaan toets, besluit toe sommer om my x-bag as dooie rus te gebruik, en natuurlik nie gedink aan al die warm gas wat by die sylinder uitkom nie. Het 'n mooi ses skoot groep geskiet en was baie beindruk met die ladings asook die akkuraatheid van my revolver, maar nie so beindruk toe ek sien waste se groot gate in die x-bag gebrand is, plastiek balletjies die wereld vol :): :):
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Hein22 »

Ek het so twee maande terug op die skietbaan 'n man gehelp wat gese het sy scope wil nie op of af stel nie, maak nie saak hoeveel hy die dial draai nie. Het toe gaan kyk of ek kan help. Hy stel toe ipv die elevation turret die fokus wat afgemerk is 100,200, 300.. Het hom toe verduidelik dat dit eintlik die fokus is wat hy stel maar hy wou my nie glo nie, die verkoopsman het mos verduidelik hoe die scope werk.. as hy zero op 100 dan draai hy met die dail tot by die regte merkie vir daai afstand.

Se toe maar vir hom in daai geval is die Leupold seker maar foutief en moet hy hom maar gaan omruil.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Capt. Yoda »

http://www.jaracal.com/download/file.php?id=16423
Ek sal elke aand in n sweet wakker word en met n koki pen daai scope begin inkleur


Ek het laas December op die baan vir my pa gewys hoe skiet die pellet FT manne soos Oom Piet "dead mans".
Eerste keer met die .243 en dit loop sommer mooi al die skote val op die tyken en ek vat toe sommer sy 300WM en wil hom wys dit gaan alles oor tegniek.Die skoot klap en daar sit ek met n lekker vet halfmaan bo die neus.My pa het so gelag ek het eers gedink die ou kry n hartaanval ma toe hy amper bo van die bakkie af val van die lag het ek maar saam begin lag :'(
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by ANDRIES »

So 'n tyd terug het iemand van Barrydale by my sy Chasa toets kom doen.Toe hy moet gaan skiet haal hy sy 303 uit met die kolf wat met baaldraad reggemaak is en die loop wat ook met baaldraad aan die kolf vasgedraai is.Ek het gedink hier skiet ons heeldag maar hy het met sy eerste rondte deurgeskiet.Ek kon dit eenvoudig net nie glo nie.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by FCLoretz »

Hierdie klink na 'n draad vir Goose en Fanie Venter...
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by spekieries »

Andries

Jy moet asb. volgende keer 'n foto neem. Gewere wat so hard werk en 'n storie het is vir my vrek interessant.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by J le Roux »

Ons baan beampte is vreeslik lief vir die voellewe op ons baan. Spot toe gister met hom dat hy "geslip" het ; een is gepoutsh, daar le dan 'n dooie voeltjie net so 10m van die bankies af.

Nee wat se hy droewig, dit was Oom ***** met sy .444, die blou sysie het sommer van die skokgolf omgedop.
Ek was nou wel nie by vir die doodskoot nie, maar het die arme sysie gesien!
Last edited by J le Roux on Wed Aug 06, 2014 10:37 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Peruvs72

Re: Snaakse dinge op die skietbaan?

Post by Peruvs72 »

Ek het jarige gelede voor 'n jag trippie na die baan gegaan om my nuwe 4x40 teleskoop in te stel wat my Oom op gesit het. My ander Oom het vir my n pak 175gr koeels geherlaai vir die kudu jag. By die baan aan gekom is daar n paar ander manne klaar daar met sulke fancy teikens en yster rame. Ek as 'n 17 jarige laaitjie vra toe die een Oom of ek my geweer kan instel op sy nice teiken want ek het net 'n koffie blik gebring. Ek weet niks van bore sight om die scope naby die senter te bring nie en die eerste skoot skiet die man se 8mm staal raam se paal mors af. Nodeloos om te se die man was nie baie gelukkig nie.
Ander keer het 'n vriend van my dwarfs agter oor sy pa se bakkie se roll bar aangele en die ander kantse bar deurboor.
Post Reply