Lynx 8 x 56

Post Reply
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Lynx 8 x 56

Post by rudib »

Is daar iemand wat al deur die nuwe en ouer modelle van die 8 x 56 gekyk het?

Ek sou graag wou weet of die nuwe een so duidelik soos die ouer model 8 x 56 is.

Dis vir nagskiet doeleindes.

Julle terugvoer sal waardeer word.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Lynx 8 x 56

Post by Danie01 »

Ek het nou nie deur die spesifieke scope gekyk nie, maar die ander LX2 reekse lyk vir my wel helderder as die ouer LX1 modelle. Ek hou ook baie van lynx, veral die nuwe 2,5-15x50, met side focus wat nie maklik kan uitstel nie en lekker kruishare om van te kies.

Praat met JANJAK hier op die forum of hier is sy sel nr. nul82 agt94 9643. Hy het regtig baie goeie pryse op lynx scopes en sy diens is ook baie goed.

Ek het 2,5-10x56IR nou onlangs verkoop waarmee ek baie in die aand gejag het. Hoekom kyk jy nie na hierdie model ook nie? Ek het hom net verkoop omdat ek iets soek waarmee ek bietjie verder op die baan op papiere mee kan regkom. Die IR het my baie gehelp in die nag, scope het baie positief verstel, net die side focus wat nie fixed was nie en partymaal in geweersak verstel het sonder dat ek daarvan weet en my so paar sekondes in veld geneem om weer regtestel.

Groete
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Lynx 8 x 56

Post by rudib »

Dankie Danie. Waardeer jou raad.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Lynx 8 x 56

Post by Beer (Christo) »

Ek het nie 'n 8x56 nie, maar het wel 'n paar lynx scopes. Die nuwe LX2 lense is beslis baie beter, maar die Lynx scopes het ook bietjie duurder geword. Het nog nooit probleme met die lynx gehad nie
Post Reply