Kopkrap oor herlaai

User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Kopkrap oor herlaai

Post by James Wilson »

dit lyk my ek sukkel kort kort met iets uniek. ek hoop my nuutste probleem is nie vir julle manne uniek nie.

ek help vandag n vriend met sy 300wm om sy patroon lengte te stel. maw die "jump."  nou dit is n proses wat ek al baie en op verskillende maniere  gedoen het. nadat ek sy jump bevestig het, het ek voort gegaan om die punt so raps meer as 1mm dieper te seat.  en toe? nou wil die    bl!ksemse  patroon nie in die magasyn pas nie. >:( hy is te lank.  ek het maar bly dieper en dieper gegaan tot die patroon pas. maar ek meen die geweer gaan nie so akkuraat wees as kan nie. ???

is daar n oplossing?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
jmb

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by jmb »

Dit is maar normaal vir baie van die groter kalibers. Ek laai 270 Barnes punte in my 375 en as ek 1mm van die lands af is pas dit glad nie in die magasyn nie. Ek laai dus maar 1mm korter as die magasyn en kry baie goeie akkuraatheid.

Die 300 behoort heel goed te groepeer met patrone wat in die magasyn pas. Speel maar bietjie rond met die lading. Die geweer gaan heel akkuraat genoeg wees vir jag. As jy wil 500m teikenskiet akkuraatheid he sal jy hom maar as 'n enkelskoot soos die RSA aksie moet hanteer.
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Wismit »

Jagbehep! wrote: is daar n oplossing?
Sover ek dit verstaan is daar nie iets wat jy kan doen nie. Dis of een patroon op `n slag laai vir meer akkuraatheid of 5 patrone in magasyn met minder akuraatheid.

Verder ook kry alle gewere nie altyd die beste groepering na aan die groewe nie. `n vriend van my se .303 kry sy beste groepering met `n 5mm jump. Ek stel voor laai 5 patrone van 0.01mm van die groewe tot op 5mm jump (of tot daar waar patroon in magasyn pas (welke een die langste is)).

As jou beste groepering se patroon nie in magasyn pas nie moet jy maar met die lading speel op die patroon wat in die magasyn pas.

Net my 2c
Last edited by Wismit on Mon Nov 15, 2010 10:01 pm, edited 1 time in total.
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by James Wilson »

wat kan n geweersmmit aan die saak doen? die geweer is n pasmaak geweer uiy die laat negentigs.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
jmb

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by jmb »

Kyk eers hoe hy skiet met die maksimum lengte wat jy in die magasyn kan kry. Dit gaan tien teen een nie te sleg wees nie. Jy se ook nie watter punte jy gebruik nie. Punte wat meer rond is en minder spits behoort die regte TPL te gee en in die magasyn te pas. Om 'n langer magasyn in te sit is na my mening baie moeilik maar ek is nie 'n geweersmid nie.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by James Wilson »

die vriend van my dring aan op 150grn pro-amm.  lag maar vir my maar ek is seker die geweersmit kan die loop afhaal en die agterkant korter maak sodat die jump nie so lank is nie.

ek het maar die col/tpl so gestel dat die patroon net net in die magasyn pas en tot onder gaan as hy vol gelaai is.
sal maar my ladings op 1 lading onder maks,  1 bo min  en 1 in die middel toets sodat ek kan sien waar will hy groep.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
jmb

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by jmb »

Ek is seker mens kan dit doen maar ek dink dit is onnodig. 150gr punte is myns insiens lig vir die 300WM. Die voordeel van die kaliber le meer na die 168 gr plus punte se kant toe. Ek dink egter hy gaan groepeer.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Francois Marais »

Jagbehep

Ek het vi jou heel goeie nuus, hier van 6.5mm/.264kal af hou die gewere in elk geval van n groter spring na die lands toe. Skiet my 260 Rem, met so 2.5mm jump.

Laai jou patrone so 1mm korter as jou magasynkas se mate en ek reken jy sal heel tevrede met die groepe wees, jy moet  net onthou om jou lading aan te pas as jy punt dieper seat

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Dawie »

Interessante brokkies wat ek op afgekom het

Hoe diep om te "seat" in die doppie se nek in?

Antwoorde....

"I believe that the general rule is, The seating depth should be at least 1 caliber long into the case neck"

en nog....

"All that's "needed" is deep enough to insure the bullet won't be disloged with normal handling."

Oor lang "Jump".....

"I once shot a  .6" 10 shot group with over .400" jump."

Lw.  400" is net oor die 10mm

Vannaf Reloader's Nest Forum
jmb

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by jmb »

Dawie ek stem saam met wat jy daar skryf. As ek 270 barnes punte in my 375 laai tot 1mm van die lands af kan ek hulle nie weer uitkry nie die punt druk teen die voorkant van die slot vas as ek die grendel terugtrek. Ek laai dus vor magasyn lengte. Ek weet nie hoe ver die punt "jump" nie maar dit is baie en daardie geweer skiet onder 'n duim groepering op 100m.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Dawie »

Tools wat vir my onmisbaar is met herlaai.......

'n Handige tool om te h? wat vir 'n verwysing kan gee of jou patrone konstant "geseat" word en min of meer hoe v?r jy van die "lands" af is, is die Stoney Point  O.A.L Gauge.

Nog 'n tool is 'n chronograaf,  ek het onlangs 'n 200fps verkil in snelheid gehad net met 'n ander "batch" kruit op my 22-250.  'n Ander vriend van my het dit gehad op 'n 308 ook 200fps verskil tussen "batches".  Op ver afstande of klein teikens is daardie verskil 'n misskoot.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Stefan764 »

Hallo almal

Verduidelik asb meer oor die "1mm korter as die magasyn" deel?

Ek skiet n Tikka met n los magasyn. Van waar tot waar meet ek?

Dankie dankie!
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by KSV »

Dawie wrote:
Nog 'n tool is 'n chronograaf,  ek het onlangs 'n 200fps verkil in snelheid gehad net met 'n ander "batch" kruit op my 22-250. 
Dawie,

Ek het daai selfde moeilikheid gehad, sonder 'n Chrony sou ek nie geweet het wat was fout nie, moes my lading met .3 gr lig om by dieselfde spoed uit te kom.  As ek nie 'n chrony gehad het nie het ek moontlik die loop vervang.

Kalahari groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
jmb

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by jmb »

Stefan ek spot sommer oor die 1mm korter as magasyn. Ek het maar my TPL gemaak op lengte wat gemaklik in magasyn inpas.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Stefan764 »

J&B, ag ek bedoel jmb  ;D

Ek sien Francois het dieselfde ding gese.... die 1mm biesigheid...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by jmb »

Ek hou nogal van J&B jy is heel reg. Ek dink meeste 7X64 rondtes gaan nie in die magasyn pas as jy hom tot op die lands laai nie. Dit is mos maar die aard van die kaliber tog is die goed mos verbrands akkuraat. Ek hoef dit mos nie vir jou te vertel nie. Ek dink die 1mm van lands maatstaf is die plek waar meeste gewere goed sal groepeer en dus 'n goeie beginpunt vir herlaai. Ek vat my Ferlach RSA as voorbeeld. As ek 150 Sierra Matchkings laai 1 mm van die lands het ek 'n baie lang patroon wat in geen 308 magasyn sal pas nie. Hy groepeer baie mooi hiermee. Dan vat ek army patrone wat baie korter is en dan groepeer die geweer net so goed. Die 308 irreteer my eintlik so 'n klein bietjie omdat ek voel ek mors my tyd om vir hom te probeer 'n lading uitwerk want hy skiet akkuraat met enige ammunisie.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Stefan764 »

jmb

Wat jy nou praat is waar, my pa se 308 gooi net so raak, maki saak wat hy laai nie.
Ja die 764 is lekker akkuraat, maar n man moet maar bietjie werk om daat uit te kom. Ek het altyd met my beperkte kennis redelik reggekom (25mm group op 100m en so 90mm group op 300m) maar ek wil nou en ek GAAN nou met die hulp van gesoute manne hier opi forum my standaarde bietjie opskuif. Wil ook van daai klawertjies skiet op 200m!

Ek het nou begin met die skerp Impalas so ek glo nie ek gaan n probleem he met aftand van die lands af nie. Sal mar moet sien vamiddag.

Bells - Groete
Stef  ;)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Dawie »

Kalahari Sands Varminting wrote: As ek nie 'n chrony gehad het nie het ek moontlik die loop vervang.
Hein

Dieselfde het met my gebeur, eers het POI geskuif,  +- 3 clicks op en die groeperings was pateties.  Het ook eers gedink my loop is uitgeskiet toe ek die verskil in spoed sien,  ek moes 0.8gr (S355) opgaan om op spoed te kom.  By iemand gehoor dat by die kruitfabriek daar 'n 7% toleransie wat toegelaat word.

Van nou af met elke nuwe batch kruit...eers deur die chrony.

Tip met elektroniese skale....hou jou selfoon v?r weg,  selfone se seine wat hulle stuur "interfere" met die elektroniese skaal se koppie.

Cheers

D
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by 243Songdaug »

"Tip met elektroniese skale....hou jou selfoon v?r weg,  selfone se seine wat hulle stuur "interfere" met die elektroniese skaal se koppie."

En ek beskuldig my "dom-ass-tic" dat sy my RCBS ChargeMaster van die herlaai tafel afgesmyt het!

Gaan liewer nie toets of jy reg is nie - sal jou maar net glo!

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by KSV »

Jaco,

Sit hom aan gooi n lading en bel dan da naby.

Jy moet sien hoe hol hy dan rond.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Stefan764 »

Wat mens nie als op die blerrie forum leer nie.......
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by JACQUES BOTHA »

LADINGS DRYFMIDDEL.
EK HOOR SO VOELTJIE FLUIT DAAR IS WEER PROBLEME MET S365 EK DINK LOT 061... AS EK HERMAL LAATZ REG AANHAAL.
KWAAI DRUK IN DIE 6MM MET DIE LIGTER PROJEKTIELE(KOELE,PUNTE) ENIG IEMAND PROBLEME GEHAD DIE LAASTE TYD?
GROETNIS
JACQUES
EK het wel verskillende groepe gekry met n nuwe blik 365 en met n ou blik, wonner nou watse lot is die nuwe blik????????????????
(as ek nie n maatemmer fout gemaak het nie.)
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by 243Songdaug »

Nog 'n rede hoekom ek liewer 361 skiet die laaste tyd........
Dont tell me, show me......
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by JACQUES BOTHA »

243SD
HET JY N RESEP VIR CONVERT VAN 365 NA 361. DIE LEKKER AS DIT WERK IS DAT DIE 361 IN BLOEM OMTRENT R60 N BLIK GOEDKOPER IS AS DIE 365.
EK HET OMTRENT N VERMOEDE DAT DIT IN DIE OMGEWING VAN 8% MEER DRYFMIDDEL  GAAN WEES AS 361 ..
EN EK SIEN AL KLA DIE WISKUNDIGES REKEN DAT 8% MEER KRUIT N BARGAIN IS AS DIE BESPARING IN GELD AMPER 35% IS? OF IS MY SOMM NOU VERKEERD?
HOOR GRAAG WAT SE DIE SLIM MANNE , EK WEET HERCULES LOUW SOU AL DIE SOM GEMAAK HET.
dAL;K HET PIET AL DIE RESEP PROBEER IN SY 25.LAAT WEET ASB EK WIL GAAN VOORRAAD AANVUL, DALK GAAN DIT 361 WEES.
EN DIE SLEGTE NUUS IS EK HET N PAAR BLIKKE 365 MET LOT 061 OP. GOU GAAN LOER.
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Kopkrap oor herlaai

Post by Boesman »

En daar hardloop ons almal gou om ons blikke S365 se lotte te beloer! Myne is veilig!
Post Reply