Springbokjag met Chopper

Enige stories/navrae ens ivm nag oes/skiet

Moderator: Global Moderator

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1806
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Location: Philippolis

Re: Springbokjag met Chopper

Post by jaracal »

Net 'n paar gedagtes vir die ouens wat nie geweet het nie.
Kovisco het in die middel 80's reeds van helikopters gebruik gemaak om te jag.
Die grond waarop ons gejag het is 22000ha groot. Dit is 'n natuur reservaat en moes die oor-populasie van wild uitgedun word. Geen biltong en of trofee jag word toegelaat nie. Dit is baie bergagtig met baie vlaktes tussen in. Die vorige ouens het in die dag geskiet en ook in die nag probeer om die Blou wildebeeste te oes. Dit was getalle van tussen 15 en 40 wat per slag oor 6 maande afgehaal was met gemiddeld twee jagte per maand. Alle wild was later sku en nie net die bou wildebeeste nie.
Hier was ook 'n oesspan wat 40 volstruise in 'n dag met bakkies geskiet het, die paaie, veld en alles is opgejaag om by die volstruise uit te kom, baie wilde volstruise na die jagsessie met min sukses. Chopper het die volstruise in tussen een en twee ure geskiet as ek korrek onthou.
Indien die manne bang is die bokke raak op. Ek weet 'n staatsinstelling het 'n tender uitgesit vir 7000 springbokke en indien ek reg onthou 400 Gemsbokke wat ook nie vir biltong jagters beskikbaar sal wees nie. Ongelukkig is sekere getalle op sekere gebiede net te hoog vir biltong jagters. Hoe lank sal dit neem vir biltong jagters om die getalle wild af te haal soos wat ek genoem het. As ek 10 blou wildebeeste per naweek laat skiet het het dit 26 naweke (halfjaar) geneem om net die blou wildebeeste af te haal.
Om die prentjie verder in te kleur wil ek net noem dat ons 80 Elande en 650 blesbokke lewendig verkoop het deur te laat vang.
50 000 stuks wild is baie maar indien die meeste klein wildsoorte is soos springbokke en blesbokke is dit baie moontlik. Soos ek gemeld het neem die groter bokke baie meer tyd in beslag om op te laai en af te slag. Verder wil ek net se ek verdedig nie die 50 000 stuks wild nie want ek was nie teenwoordig nie maar as ek sien wat hier gebeur het en die wyse waarop dit gedoen is het ek geen rede om te dink dat hulle sal lieg nie. Ek vergelyk egter skiet oor 'n tydperk teenoor oes spanne wat dit in 'n korter tyd afhandel.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm
Location: KZN South Africa
Contact:

Re: Springbokjag met Chopper

Post by whisper »

"As die biltongjagters net kan leer skiet sal die getalle nie soveel en so vinnig meer raak nie.  Dit lyk my egter hoe gr?nder die gewere raak , hoe treuriger raak die skuts." Dit is die grootste rede hoekom baie van ons wildboere oorgegaan het na oes spanne in die eerste plek. Ek het al op plase  geskiet waar daar vir biltong geskiet was, en ons moes "skoonmaak" van n' kant af. Dit is nie te se' dat ALLE biltongjagters probleme veroorsaak nie, daar is plek vir almal, die fout le' by die jagter, en die boer. Dit is n' voorreg om op iemands se plaas te gaan skiet, nie jou reg nie, en alhoewel die boer sy geld moet maak uit n jag seisoen (dit is hoekom wild aangehou word of hoe?), dit is sy verandwoordlikheid te sorg dat die jagters KAN skiet, voor hulle in sy lande ingaan, en die jagters se verandwoordlikheid om hulle te gedra soos eerlike, en opregte  groot mense. Daar is niks fout om jouself te geniet as jy uit met die pelle is vir a naweek se skiet, maar gedra jou. Toe ons geoes het, het ons ook op n persentasie van so 30-32% van die totale stuks wild wat beskikbaar is op n sekere plaas, maar daar word ook ander faktore deur gegaan voor jy eers begin skiet (skies manne as my afrikaans swak is). Jaracal, ek ken nie jou plaas nie, maar 22 000 h is n redelike groot stuk grond, veral as dit bergagtig en klipperig is, in my opinie het julle die regte ding gedoen, een van die eerste "considerations" (skies alweer) wat ons gemaak het voor ons eers begin skiet het was "WAT SE SKADE GAAN ONS AAN DIE LAND DOEN" nie eers gepraat/getel van bokke nie. Ek het al van n paar plase weggestap, sonder om een skoot te skiet waar ek sekerlik baie goeie geld kon gemaak het (onthou, dit was my enigste werk) omdat die veldskade te groot sou gewees het. As jy oes beteken nie dat jy net n "cowboy" is nie, dit was my liefde vir die veld en die wild, wat my, my werk gegee het, en die respek vir die boer, en SY veld wat my rekeninge betaal het. OES SPANNE HET N' SLEGTE NAAM GEKRY VIR HIERDIE SPESIFIKE REDES.........Ons almal as mens moet leer om mekaar te respekteer (hoop dis n woord), dan sal daar plek vir almal wees om te skiet, dit is n klein groepie oneerlike jagters wat maak dat dit swaargaan vir die res van ons, in my opinie, is skiet/jag op twee dinge gebaseer (skies alweer) respek vir die wild wat jy gaan skiet, en respek vir die boer, en sy land (maak nie saak of jy betaal om te skiet of nie), julle het seker almal die stories gehoor of hoe?
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Yalair »

Whisper
Stem nogal saam met jou, jy kry jagters en dan kry jy suiplappe met gewere hierdie ouens is 'n nagmerrie op 'n plaas, een ou reken my eendag "Hiers meer reels as bokke op die plaas", dit was nie op my plaas nie, dis nou nadat ek 'n klomp kwesbokke moes uithaal, die groepie is vroeg vroeg van die plaas gehelp, die maandag bel een van hulle my en vra of sal k net sy geweer by die voorsit plek gaan haal hy het dit daar vergeet. ???
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Location: Jansenville

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Kruger »

Daar is plek vir al die metodes maar wat Biltongjagter waarskynlik miskyk is die volgende. Hoe lank dink jy sal dit vat om 266 Blou wildebeeste, 103 swart wildebeeste, 271 springbokke, 259 blesbokke en 118 volstruise te skiet met biltongjagters?
Selde wil 'n biltongjagter meer as 5 bokke self h?, die meeste eerder in die orde van twee, dus het jy 180-450 jagters nodig om daardie getalle wild af te haal. Teen drie jagters per groep raak dit 60-150 jag dae waarvan ons praat en dit raak te duur. (2 tot 5 maande, sewe dae van die week) Vir elkeen van daardie jagdae word werkers, voertuie en die boer se persoonlike tyd vereis, selfs al skiet jou jagters net 2 bokke vir die dag, terwyl jou ander werk stilstaan. Dit maak eenvoudig meer sin om alles klaar te kry in 'n week as om vir 5 maande met biltongjagters te op en af.

Een van die vrae wat gevra is, is hoeveel word gekwes met die chopper. Die teenvraag is ook waar - hoeveel word gekwes deur biltongjagters? Ek glo daar is biltongjagters en biltongjagters, maar nie een van hulle kom met 'n sticker voor die kop wat sy etiek en waardes aandui nie, daarom sal die meeste wild wat in grootmaat afgehaal moet word deur oesspanne gedoen word.

Groete KL
Winners never quit - Quitters never win.
Biltongjagter

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Biltongjagter »

My plasing was hoegenaamd nie bedoel om wildboere en wild oeswerk in 'n swak lig te stel of geheel en al te veroordeel nie.
Wel om die risiko aan sekere maniere van doen uit te wys INDIEN die groter gros wildboere bv. helikopter wild oes, as die norm sou begin gebruik.

Net soos vroeg in die vorige eeu daar verkeerdelik geglo is dat wild die runderpes oordra wat boere se vee op strepe laat vrek het. Destyds was daar nie eers ?200 000 biltongjagters soos tans in die RSA nie, ook het hulle nie vandag se moderne gewere gehad nie, nog minder helikopters.
Maar toe die spul begin skiet, wis hulle in 'n dekade of bietjie langer, omtrent die hele Suid-Afrikaanse wildbevolking uit.
Het oud-president Paul Kruger nie ingegryp en 'n Nas.Park daar gestel vir die bewaring van ons wild en natuur nie, was dit sekerlik neusie verby.

Hierdie opbou en herstel van ons wildbevolking het meer as 30 jaar geneem om tot vandag by die RSA se ?10 000 wildsplase en meer wild as voor die runderpes uit te kom.

En ja, daar is swak tipes biltongjagters, ongetwyfeld. Net so is daar swak wildboere.
Ek en my vriende het een jaar op 'n baie bekende Limpopo wildsplaas gaan jag en voor die Woensdagmiddag van ons aankoms om was, het die eienaar al 6 my Windhoek Lights wat ek saam geneem het + nog ander ouens s'n ook, uitgesuip!
Boonop was die enigste Koedoes op die plaas die wat deur die dro? lope van die Limpoporivier vanaf Botswana kant af ingekom het deur die nag.

Weerens, oes wild oordeelkundig, maar moet nooit die wildbedryf se beste kli?nt, die biltongjagter oor die hoof sien nie. Dit is oor en oor wetenskaplik bewys en 'n feit soos 'n koei.
Leer dus uit die verlede se foute en doen dinge reg die tweede keer.

'I have learned that ..... to ignore the facts, does not change the facts.' ~ Andy Rooney.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3272
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Christo »

Ek stem saam met Kruger

Ek is ook 'n biltongjagter en het ook al 'n paar keer saam met "Corporate" hunts gegaan. Die wildeienaars verkies die groot spanne geborgde jagte bo my tipe jag omdat hy soveel meer wild in dieselfde dae verkoop. My probleem is egter dat die tipe jagte juis die gesuipery is. Ek was nog nie saam met een so jag waar daar nie behoorlik gesuip was nie. Gewoonlik waar ons 2 of 3 jagters wat ernstig is oor ons jag, gaan jag is daar nie gewoonlik kwesbokke nie en as daar is word alles in ons vermo? gedoen om die kwesbok eers van kant te maak voordat die jag verder gaan.

Ek dink die gesuipery stigma en kwes stigma aan jag is hoofsaaklik veroorsaak deur die "geborgde " jagte.

As jy al 'n slag op 'n plaas was waar hulle so Springbokke gejag het sal jy naar word. Ek kan nie dink hoe daai ou sy bok wil eet wat se boud vlenters is of deur die pens en dan nog nie oopgemaak 2 ure later nie.

Ek het laas jaar ook 'n span boogjagters beleef wat sommer op die koelbox'e sit, met 'n glas in die hand, agter op die bakkie oppad na hulle "hides" toe. Vra die eienaar toe ?, hy skud net sy kop en s? hulle betaal vir alles wat raak is. So ou en sy boogjagters hoort mos nie in die "game" nie.

Ek kan ook verstaan dat wildboere kwotas per jaar moet afhaal en dat sommige spesies nie die jaar noodwendig op die jagters se lys was nie. Dit is 'n vinnige en effektiewe manier om die getalle te beheer.

Die ander kostes rondom die jag wat die wildeienaar van 'n jagter verhaal is ook bydraend tot sy inkomste en wanneer wild ge-oes moet word is dit faktor nie meer beskikbaar. Die Julie vakansie het 2 Gemsbokke my net soveel gekos, dalk minder, as wat die verblyf en verwerking gekos het. Ek kla nie oor die kostes nie, probeer net punt maak dat die wildsboer wel meer verdien uit selfs biltong jagters as net oes.

Daar is plek vir al die fasette in die "game".
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
tafjak

Re: Springbokjag met Chopper

Post by tafjak »

Biltongjagter
Ek en my vriende het een jaar op 'n baie bekende Limpopo wildsplaas gaan jag en voor die Woensdagmiddag van ons aankoms om was, het die eienaar al 6 my Windhoek Lights wat ek saam geneem het + nog ander ouens s'n ook, uitgesuip!
..........en jy hoop al die choppers daag op eenslag op om hierie ou se wild te oes! :D Ja-nee, gelukkig het 'n wors ook 2-ente.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Location: Pretoria (oorspronklik Schweizer-Reneke)

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Stefan764 »

Ek sien die gesprek slaat nou n bekende rigting in!

Ek dink, as n biltongjagter (ek sit nou n stuk Kalahari-Springbokbiltong en vreet lat die koljander so spat!), daar in n baie fyn lyn tussen wat die beste manier is om wild in n seisoen van jou grond af te haal, en ek dink een van die grootste faktore is die grootte van die grond van die wildboer. Ek weet terrein speel ook n groot rol, mar ek wil net op grootte (ha) konsentreer. n Wildboer met 30 Gemsbokke moet argumentsonhalwe 10 (35% per jaar) afhaal deur die seisoen, wat nie te moeilik is vir biltongjagters in 5 maande nie (ek weet dis minder maar net om my punt te maak asb maats!  ::)  )

Die kalahari boer wat 600 Springbokke het moet 200 afhaal, wat ook nog bereikbaar is deur biltongjagters (4 jagters @ 5 bokke elk, 10 naweke in die seisoen, wat elke 2e naweek is)

Die probleem kom in by n boer wat 4000 springbokke boer in Namibie, Kalahari, Karoo ensovoorts. Dis fisies onmoontlik om 1400 bokke in die 5 maande van die jagseisoen af te haal. Jy moet 280 bokke n maand of 70 bokke per naweek afhaal, die HELE seisoen, om jou 35% target te maak.....

Soos voorheen deur n paar gekende manne op die forum fese is, daar is n plek vir alle maniere van wildbenutting.

Biltongjagter, ek glo nie ons hoef bekommerd te wees oor die choppers of die manne wat oes nie. Hulle het ook hulle plek, want ek en jy en die ander 199 998 geraamde biltongjagters in ons land sal steeds die kleiner wildboere se wild moet afhaal.

Dis maar my 5c (skies oom FM, maar hulle maak nie meer die blerrie 2c hier in SA nie,  ;D ;D ;D )

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Location: Farm Lauwater Suid (265)

Re: Springbokjag met Chopper

Post by frinam »

Aan al die manne wat so mildelik bygedra tot die onderwerp,jammer dat ek nou eers reageer, ek het nie weggelam of gehol nie, was weg stad toe om te gaan kyk of die bankbestuurder nie dalk 'n tjekboek in die pos gegooi het en die "deposit" boek wat hy my laasjaar gegee het, herroep het nie;). Taffie, jy is baie welkom hier, ons wag op jou wederkoms in spanning, die vorige koms het jy mos daar onder(lees in die suide van Nam), weggelam!!!
Ek dink alle hoeke en voor en nadele van alle benuttingsmetodes is nou fyn deurgetrap en agv my tikspoed of gebrek daaraan, gaan ek verseker nie verder in enige polemiek aangaande hierdie saak betrokke raak nie. Ek wil graag almal wat hul siening ivm die sensitiewe aspek gegee het, komplimenteer hoe verantwoordelik jul die saak hanteer het, (behalwe nou miskien oom Leeu wat so onverantwoordelik oor die skietvermoee en drinkgewoontes van sy pelle gepraat het ::).) Dit is die lekker van die forum, manne gooi na alle kante en dan skielik sonder venyn, neutraliseer die onderwerp homself en die goedertrou gaan aan!!! Dankie aan almal. Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm
Location: KZN South Africa
Contact:

Re: Springbokjag met Chopper

Post by whisper »

Ek stem heeltemaal saam, dit is fantasties om oor sulke "sensitiewe" topics te praat, almal se kant te hoor, en niemand raak vir mekaar kwaad nie. Dit is die rede dat ek juis forums ( veral visvang)vir n lang ruk gelos het. Ek moet vir julle almal se' (sonder dat julle vir my jammer kry of begin huil! lol) dat dit vir my n' groot voorreg is om saam almal van julle te gesels, my hart is in skiet en jag mar situasies buite my beheer, het my in die "suburbs" laat beland, en ek is bitter ongelukkig hier, maar om so te kan praat met so n' klomp "likeminded" (skies ek ken nie die afrikaans woord nie :'(, dalk soortgelyke?) mense maak my dae hierso heel beter, en ek is net vir n paar dae lid van hierdie forum. Baie dankie aan julle almal, en soos Oom Takkie se

Pretty Walk!
Whisper. :D
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Location: Leliekloof STORMBERGE
Contact:

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Biker »

whisper wrote: en soos Oom Takkie se

Pretty Walk!
Whisper. :D
Nou wat se Takkie sal dit wees ??? Doring Takkie of Ouhout Takkie ;)

Groete Biker
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm
Location: KZN South Africa
Contact:

Re: Springbokjag met Chopper

Post by whisper »

Dalk, kameeldoring.........? ::)
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm
Location: KZN South Africa
Contact:

Re: Springbokjag met Chopper

Post by whisper »

Skies Oom Taffie! ::)
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Location: Farm Lauwater Suid (265)

Re: Springbokjag met Chopper

Post by frinam »

Takkie darem beter as Oom Kakkie!!!! ;D- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Biltongjagter

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Biltongjagter »

Ter inligting -

'n Verdere opname wat weereens wys wat die belangrikheid van die biltongjagter in die wildbedryf is.

"Koedoe Kraai Koning onder Jagters
01 Nov 2010

Die gewildste spesies van 2009 gegrond op gelewerde inkomste was koedoe R708 500, blouwildebees R636 750, eland R440 850, rooibok R426 945 en gemsbok R385 400.

Di? spesies het R1 961 695 tot die groottotaal van R3 373 144 bygedra. Jagters het in die jagseisoen van 2009 gemiddeld R11 162 aan wild bestee.

Springbok was die dier wat die meeste gejag is ? 25% - teen ?n gemiddelde prys van R358. Kameelperde het gemiddeld R22 250 per kop gehaal, maar hulle beslaan slegs 0.02% van wat gejag is Die spesies wat die hoogste inkomste opgelewer het, was koedoes met R708 500. Die gemiddelde getal spesies wat in 2009 gejag is, was 3,4 spesies per seisoen, aldus die Universiteit van Noordwes se Biltongjagtersopname.

Die gemiddelde bedrag wat jagters per seisoen aan wild bestee bestee, is R11 471. Dit bring die totale gemiddelde besteding (wild ingesluit) op R 25 102 per jagseisoen te staan. As dit met die potensi?le getal biltongjagters (200 000) vermenigvuldig word, groei dit tot R5 020 580 000. Dit verteenwoordig ?n verhoging van R5 miljoen op die opname van 2007.

Suid-Afrika ontvang naastenby 81% hiervan, wat op R4 066 669 800 te staan kom. Veertien persent van die jagters verkies om in Namibi? te jag en 2% in Botswana, wat respektiewelik ?n inkomste van R702 881 200 en R104 116 00 oplewer.

Die totale inkomste uit wild gejag is R2.3 biljoen en die totale gemiddelde uitgawe van jagters is R2.7 biljoen.

Akkommodasie genereer die grootste inkomste (R571 miljoen), gevolg deur brandstof (R441 miljoen) en kos (R300 miljoen). Jagters het verder R261 miljoen aan ammunisie, R246 miljoen aan vleisverwerking, R171 miljoen aan drinkgoed en R143 miljoen aan jagtoerusting bestee.

Jagters het die minste aan tabak bestee (R16 miljoen). Die totale inkomste uit die bestanddele kom op R2,7 biljoen te staan.

Die meeste (47%) jagters jag vir biltong, 17% vir ontspanning en nog 17% om te sosialiseer, terwyl trofeejag net 9% verteenwoordig."


Die spandering aan drank deur biltongjagters is minder as 8% van hulle uitgawes - dit boonop met twee 17% groepe (34%) wat klink my die werklike suipwerk doen - wat duidelik bewys dat biltongjagters nie so swak is soos soms beweer word nie.

So lyk dit my oom Leeu se bewering hieronder kan eerder toegeskryf word aan daardie 2 groepe van 17% elk wat in elk geval net daar is om te ontspan en te sosialiseer, nie ware biltongjagters nie.

frinam skryf:
Ek wil graag almal wat hul siening ivm die sensitiewe aspek gegee het, komplimenteer hoe verantwoordelik jul die saak hanteer het, (behalwe nou miskien oom Leeu wat so onverantwoordelik oor die skietvermoee en drinkgewoontes van sy pelle gepraat het .)

Nogtans, laat daar diesulkes is soos oom Leeu reken, is ook 'n feit soos 'n koei!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1806
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Location: Philippolis

Re: Springbokjag met Chopper

Post by jaracal »

Biltongjagter wrote: Ter inligting -R171 miljoen aan drinkgoed - Die spandering aan drank deur biltongjagters is minder as 8% van hulle uitgawes - dit boonop met twee 17% groepe (34%) wat klink my die werklike suipwerk doen - wat duidelik bewys dat biltongjagters nie so swak is soos soms beweer word nie.

So lyk dit my oom Leeu se bewering hieronder kan eerder toegeskryf word aan daardie 2 groepe van 17% elk wat in elk geval net daar is om te ontspan en te sosialiseer, nie ware biltongjagters nie.
Ek dink die navorsing gaan vir 'n "loop". Daar is baie meer sosiale jagters, veral die op Maatskappy onkostes, wat werklik diep in die bottel kyk en ek stem saam hulle is nie ware biltong jagters nie. 'n Ware jagter is na my mening nie 'n suiplap nie en soos jy tereg se^, hulle is van onskatbare waarde in die wild bedryf.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Louis102 »

Louis102 wrote: ...  Ns. Miskien oordryf ek moedswillig so effe ;) ...
Biltongjagter

Jy het sekerlik darem die laaste sinnetjie in my post ook ter harte geneem?  Ek het heelwat pelle wat biltongjagters is, kan skiet en nie hulleself hulpeloos suip nie.  Die punt wat ek so tussen die lyne probeer maak het, was juis dat dit uiters onregverdig is om te veralgemeen.  Glo my, daar is egter 'n persepsie onder baie boere met wild, dat biltongjagters oor die algemeen te diep in die bottel kyk.  Net so glo ek dat daar biltongjagters is wat dink dat boere swak gashere is.

Groete
Louis

Ns.  Laat weet maar as die biltong min begin raak, dan maak ons 'n plan vir jou.  Onthou net as jy inpak, ek vat iets so bietjie sterker as Windhoek Light.  ;)
Goeie dade oortref goeie woorde.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Location: Pretoria (oorspronklik Schweizer-Reneke)

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Stefan764 »

Onthou net as jy inpak, ek vat iets so bietjie sterker as Windhoek Light.
HahahahahHAAHAHAHA!!

Oom Leeu, lyk my jy soek nou vir dit! Hahahaha!!

Ja nee wat, niks fout met n paar stywe Bells en soda's na n dag se jag nie.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Biltongjagter

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Biltongjagter »

Louis,

My laaste plasing was bloot ter inligting, nie bedoel om jou of enigiemand by te kom nie, maar wel om die mening wat onder wildboere bestaan, in perspektief te stel.
En nou het 'n verdere opname, dit wat ek lankal weet en glo, met syfers juis dit bewys.
Vrede, ou vriend!

Hierdie deeltjie is interessant -
Ns.  Laat weet maar as die biltong min begin raak, dan maak ons 'n plan vir jou.  Onthou net as jy inpak, ek vat iets so bietjie sterker as Windhoek Light. 

Die planne vir biltong heel jaar rond maak ek al jare lank self - en dit werk!
Maar as jy my wil nooi om verder plan te maak daarmee, is ek bevrees jy sal moet tevrede wees met net Windhoek Light as bydrae van my kant af. Ek is soos een van hierdie fyn diesel enjins, loop net met 'low sulphur content' diesel!  ;D

Groete,
Koos.
Vasvat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Vasvat »

Graag wil ek 'n paar stellings regstel rondom Vasvat. My naam is Willie Bruwer en ek is die skietspanleier van die span. Daar word sowat 50 000+ stuks wild uitgevoer deur die maatskappy waarvoor ons skiet en nie deur ons as skietspan nie. Daar word getalle aan binnelandse markte ook gelewer wat wel die getalle baie opstoot (volstruise en wild van plase  wat nie vir uitvoer geskik is nie) Ons sogenaamde werk is die oes van wild op so 'n volhoubare manier dat dit op 'n konsekwente wyse elke jaar kan geskied. Navorsing het reeds bewys soos daar deur van ons vriende reeds gese is dat daar tans meer wild beskikbaar is as in 'n baie lang tyd. Geoff Cilliers is een van ons skuts wat hom toespits op werwing van wild in die middel-noordkaap streek, vandaar sy advertensie. Ons doel is nie om enige jagter kwaad te maak nie, wel 'n diens te lewer soos Heinrich se waar ander dit nie kan doen nie met trots en so profesioneel moontlik om dit weer te kan doen. Dit is moontlik om groot getalle kleinwild per dag te doen met chopper en is daar beslis ruimte vir die hulpmiddel in ons bedryf, die vleis se ph word ook getoets vir uitvoer vir die wat bekommerd is oor die "taaiheid", dit moet onder 'n sekere waardasie wees en glo my gehalte beheer is ongelooflik goed om ons markaandeel te behou. Groete aan almal ek is nog besig met die 6000+ waarvan Heinrich praat, "skiet gemiddeld 450/nag so daar is nog paar nagte oor. Hoop dit ruim van die misverstande uit.
Willie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Location: Klein Karas

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Louis102 »

Biltongjagter wrote: ... Ek is soos een van hierdie fyn diesel enjins, loop net met 'low sulphur content' diesel!  ;D
Koos

Hierdie is nog 'n ou formaat diesel enjin, ons brand nog mooi skoon met ietsie soos 'n Windhoek Draught of Tafel Lager.  Nee wat, dit was sommer 'n grappie omdat ek lekker gelag het oor die staaltjie waar die boer jou Windhoek Lights uitgedrink het.   Hierdie boer kan darem nog sy eie drinkgoed bekostig!  Ek wou eintlik s? dat indien jy iets sterker op die jag saamvat, sal die boer nie so baie hoef te drink om effek te kry nie, maar was bang ek kry moeilikheid!  

Waaroor ek meer ernstig is, is dat jy kan laat weet as die springbokbiltong min raak (klink egter nie of dit gou by jou sal gebeur nie) dan kan jy kom kyk of jy iets hier by my kan plattrek.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Biltongjagter

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Biltongjagter »

Dankie Louis, waardeer.
Werklik mens-mense op hierdie forum!

Vasvat, of dan liewer Willie -

Dankie vir jou perspektief gegee oor die saak - dit is werlik goed om te hoor wat julle op 'n professionele wyse doen in die chopper jagte.

My hele redenasie oor die saak het daaroor gegaan dat indien die oorgrote gros/meerderheid wildboere van die chopper oes metode gebruik gaan maak, omdat hulle dan ontslae is van die ergernis van biltongjagters, die wildbedryf gevaar gaan loop om die wildbevolking te oorbenut, wat nie net ons as biltongjagters tot nadeel gaan strek nie, maar die hele Suid-Afrikaanse wildbedryf.

S?, my bekommernis het 'n uiterste situasie as voorvereiste gestel.
Nogtans is en bly dit iets wat ons almal altyd in gedagte moet hou en sodoende volhoubare benutting van ons wildbronne verseker.

Daarom ook is dit vir my belangrik om die biltongjagter, die konstante en betroubare vennoot van die wildboer deur al die tye, in 'n goeie lig te stel en verkeerde opvattings die nek in te slaan.

Groete,
Koos.
Vasvat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Vasvat »

Hi Koos,
Jammer antwoord nou eers, was nog besig gewees met die 6000+ waarvan Hein gepraat het. Dit is soos jy se dat daar beslis 'n groot plek deur die gewone jagter gevul word en moet geen plaaseienaar/wildsboer dit nooit mis lees of afskiet nie. Volgens statistieke deur uitvoer maatskappye gehou het ons almal elke jaar gedink dat springbokke se getalle kwaai afneem en dat ons met 'n tekort gaan sit kort voor lank, die afgelope 4 jaar is getalle egter baie konstant wat uitgevoer word. "Grootwild" getalle het in so 'n mate toegeneem dat alternatiewe verbruikers/afsette gekry moet word. Ek het 2 jaar terug 'n voorspelling gemaak dat bv. wildebeeste te veel gaan word, die afgelope jaar se pryse wys ons dan ook dat dit al aan die gebeur is. Daar is vir die wildboere 'n direkte konektasie tussen hoeveelheid beskikbaar en pryse wat hy kan vra. Ons gaan ook van die punt van volhoubare benutting uit. Ons wil en moet elke jaar 'n sekere tonnemaat lewer om ons kontrakte te behou. As ek die Landbouweekblad ook reg lees is daar tans meer wildsboere/wild beskikbaar as ooit in ons bedryf. Daar is 'n tendens by sommige boere dat kleinwild glad nie kan kompeteer met bv huidige skaappryse nie en daarom verwyder hulle alle wild van hulle plase. Dis vir my 'n bron van kommer, gelukkig is daar ander manse wat glo in 'n paar bokkies op sy plaas.Ons jag/oes ook nie alle wild met die choppers nie, net daar waar die getalle/terrein ons nie anders toelaat nie. Ek as oesoperateur probeer my klient gelukkig hou om weer sy besigheid te kry oor 2 jaar, ja tans probeer 'n plaas elke 2de jaar skiet om getalle/ aanwas reg te hou. Lank lewe jag en jagters! Willie
Vlooi1996
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 23, 2013 2:55 pm

Re: Springbokjag met Chopper

Post by Vlooi1996 »

Ek sal kan doen met 'n lekker jag trippie nou....
[glow]HUNTiNG....... If not, why not?[/glow]
Post Reply

Return to “Nag oes/Culling”