Hi manne ek het vanoggend n bietjie met my 243 ackley gaan skiet op n 350mm gong wat ek opgesit het op 684 m. Voorheen het ek maar n skamelike 4 uit 12 skote raak geskiet op daai afstand.
Ek het toe begin vermoed dat iets nie lekker is met my tegniek nie.
Ek het egter vir my 300 winmag en 243 scope levels opgesit en hulle kruishare watrepas gehou op n lyn wat ek 100m ver getrek het op n groot stuk bord en die levels daarop gezero teenoor die scopes.
Vanogend het ek dit reg gekry om mooi aandag te gee aan hoeveel ek die geweer kantel en dis elke skoot mooi skoon gelos en is beloon met 10 raak sokte uit 10.
684 m Lyk nou nie meer so ver nie gaan haar nou probeer druk tot op 1000m.
Scope levels en lang afstand skiet
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Scope levels en lang afstand skiet
Goed gedoen!!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Scope levels en lang afstand skiet
Ek sien gister dat as ek die level op my agterste base(warne) sit en die geweer level en dan die level op die voorste base sit dan is die level weer uit so dan is my bases nie rerig level op die aksie wat tot gevolg het dat kruishare nou lekker skeef sit. So ek weet nie meer hoe gaan ek die scope reg opstel sal nou aangaan sonder die level.
-
marco
Re: Scope levels en lang afstand skiet
Hi ek dink daars maar min gewere wat se aksies regtig mooi regop en square geboor is... In die Todd Hodnet reeks videos bespreek hulle dit... En wat daar gese word is dat dit belangrik is om jou teleskoop maw dit wat jy verstel vir hoogte regop en haks te he met di horison te he... So ek sit my geweer neer soos wat hy gemaklik is en neem dan n groot vel papier of wat ookal beskikbaar en trek met n lekker duk koki n lood lyn van bo na onder wat waterpas is... Stel dan die kruis hare van die teleskoop haks daarop en sit dan my scope level ook level daarop... Glo my die eerste keer of tien wat jy gaan skiet gaan jy dink als is skeef maar dis omdat jy al vi so lank dinge kantel dat dit 2 de natuur geraak het... Try dit en lat weet wat gebeur...
