Goeiedag! Ek't al baie kom oplees hier, maar behalwe my pos by Nuwe Aansluitings is dit my eerste.
'n Paar mense van GS en WS ken my dalk.
Ek wil die teleskoop op my .222Rem vervang.
Die nuwe een moet goed werk vir jakkals skiet in die nag. (Ek het nog maar bitter min ondervinding daarmee)
Ek skiet ook springbok met die geweer.
My begroting is R3000-R4000.
Ek was nogal verbaas wat mens als daarvoor kan kry.
Gee raad asb. tussen die volgende klomp. My eerste keuse is bo:
Rudolp H1 4-16 x 50, D1 Recticle, R3600 by S&O (Het ek so 'n groot vergroting nodig? Ek hou van sy recticle.)
Nicon Prostaff 3-9 x 50 BDC Recticle, R2339 by iWarehouse (Vergroting genoeg? Hou meeste van sy prys)
Redfield Revenge 3-9 x 52 4Plex Recticle, R2829 by iWarehouse
Redfield Revolution 3-9 x 50 Accu Range Recticle, R3549 by iWarhouse (Beter as die Revenge? Kan hom ook kry met 4Plex)
Nicon Fieldmaster 4-12 x 50 SF M, Niconplex Recticle, R3899 by iWarehouse (Is hy R1000 beter as die ander?)
Wat is die gevoel oor die Hawk teleskope met 'n verligte kruishaar? Ek is net skepties oor iets wat 'n battery nodig het. Ek wil hé die teleskoop moet oor 20 jaar nog net so goed werk.
As daar ander teleskope is in die prysklas wat ek nie genoem het nie, laat weet asb.
En is hierdie handelaars goed om mee besigheid te doen? Van die teleskope is vir amper dieselfde prys by Optics International, en 'n paar mense het melding gemaak van hulle goeie diens.
Dankie by voorbaat!
Groete.
Nagskiet teleskoop vir .222Rem
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nagskiet teleskoop vir .222Rem
Rudolph van S&O
Jy het nie noodwendig 16x vergroting nodig in die aand nie maar jy kan die scope op 10x stel waar jy nie n 3-9 na 16x toe kan stel as jy in die dag bq verder wil skiet nie.
Jy het nie noodwendig 16x vergroting nodig in die aand nie maar jy kan die scope op 10x stel waar jy nie n 3-9 na 16x toe kan stel as jy in die dag bq verder wil skiet nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Nagskiet teleskoop vir .222Rem
As ek so na jou keuse kyk sal ek hierdie een aanbeveel.Rudolp H1 4-16 x 50, D1 Recticle, R3600 by S&O (Het ek so 'n groot vergroting nodig? Ek hou van sy recticle.)
Om jpou vraag te beantwoord oor die vergrooting, nee jy het nie 16X nodig nie.8-12 is wat mees algemeen gebruik word vir die rooi honde.
-
Daan dP
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Mar 02, 2014 2:56 pm
Re: Nagskiet teleskoop vir .222Rem
Dankie! Waardeer julle insette baie.
-
Daan dP
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Mar 02, 2014 2:56 pm
Re: Nagskiet teleskoop vir .222Rem
Toe ek uiteindelik koop was die Rudolph nie meer beskikbaar nie. Ek het toe die Nikon Prostaff 3-9x50 gekoop, maar hy was toe reeds net oor die R3000.
Maar hy werk heel goed! Dankie weer vir die raad.
Ek het die reun vroéer vanaand omtrent 300m van die skaapkraal af geskiet. Hy't vroeg in die aand al geroep, maar het eers na omtrent 'n uur naby genoeg gekom.
http://i548.photobucket.com/albums/ii341/daniedp/DSCN3747_zpsf2d7ee08.jpg
Maar hy werk heel goed! Dankie weer vir die raad.
Ek het die reun vroéer vanaand omtrent 300m van die skaapkraal af geskiet. Hy't vroeg in die aand al geroep, maar het eers na omtrent 'n uur naby genoeg gekom.
http://i548.photobucket.com/albums/ii341/daniedp/DSCN3747_zpsf2d7ee08.jpg
-
mariojacobs1
- Jr. Member

- Posts: 72
- Joined: Fri Feb 28, 2014 9:04 pm
Re: Nagskiet teleskoop vir .222Rem
Mooi man sk will nog vir my n 222 koop
270 Sako
222 Sako
22 Mauser
9mm Tupperware gun (Glock)
222 Sako
22 Mauser
9mm Tupperware gun (Glock)