Watter sisteem vir elektrifisering?

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

Hallo almal

Ek oorweeg dit nou om in die toekoms my grensdrade te elektrifiseer, ek veg amper 'n verlore stryd met die gate en die wat deur die agte beweeg en dan gereeld sommer skaap en bok agterna. Dit is baie tydrowend en hou nie op nie.

Nou ek weet elektrifisering sal ook aandag nodig hê en onderhou moet word, maar die jakkalsproef sif se prys is erg en dan is die kwaliteit ook swak en jy sit oor 5 jaar weer met dieselfde probleem.
My rowwe koste berekening om nuwe sif aan te sit met 1 nuwe staaldraad onderaan, alles ingereken beloop N$10 000 per/km teenoor elektrisfisering wat +- N$ 3100 per/km is. ( Daar blyk net een opsie vir my te wees op lang termyn)

Ek het nou 'n kwotasie van 'n besigheid op die Gallagher B1600 sisteem gekry, solar/battery sonder draad N$ 98 000 rofweg vir 36km , 2 x lewendige draad, offset. Draad ingereken seker N$ 114 000, sonder arbeid.

Watter sisteem gebruik wie, wat is die koste per km en wat sal julle kan aanbeveel? Vertel asb hoe lyk jou opset, wat werk en wat nie. Ek het ook Nemtek deurgekyk op die web, maar kan nie kosteberekening doen nie. Die draad sal 2 doele hê: hou my diere binne die drade en die ongedierte buite my drade.

Dankie dat ek raad kan vra.
Groete
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Stefan Fourie »

Hallo Johan, het jou gemail
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Beretta »

Ek gebruik net Nemtek se produkte hulle na verkoop diens is die beste in die land
Beretta
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

Beretta wrote:Ek gebruik net Nemtek se produkte hulle na verkoop diens is die beste in die landBeretta
Beretta, ek reeds een energizer van Nemtek LCD 15, maar die wil ek spaar vir 'n binnedraad of 2 vorentoe.
Wat dink jy sal die Nemtek produkte se koste per km beloop? As jy nie kan antwoord nie, is ok, ek vis maar solank.

Stefan, ek praat met jou, dankie.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

Stefan, jou pm het nie by my gekom nie, die sisteem het dit blykbaar verwyder agv filters, ek weet nie hoe die filter ding op Jaracal werk nie. Stuur maar epos asb: zola at iway punt na.

Groete
Johan
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Beretta »

Dit hang alles af van wat jy gebruik. As jy bv pale of stays koop koop waar jy dit die beste prys kry so ook bobbins ens
Beretta
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by JK »

Verkoop die dorpers en koop damaras, hulle het spoed. ;D

Gras is n probleem met elektrifisring, dit lei dit krag af, en moet gereeld gesny word of gif gegooi word wat ook tyd en geld kos. Maar dis wat die ouens my vertel, maar vind liewers self uit by die ouens wat dit al gedoen het.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

JK

Ja nee, die dorper is 'n sprinter en die damara is die marathon atleet ++>: ............ en damaras kruip ook nie draad nie.
Ek verstaan die gras sal 'n probleem wees, so die onderhoud op die krag en die draad sal maar nogsteeds daar wees. Ek glo egter nie koste daaraan verbonde (sny/gif spuit ens) sal meer wees as om 'n nuwe sif te kamp (weer) oor 5jaar, want dit is hoe lank dit gaan vat vir die nuwe swak gehalte sif om weer af te roes.
Daardie oefening van nuwe sif koop en aansit gaan dan ook permanent op my voorstoep lê.

Dit is nou maar soos ek met my karige kennis daaroor redeneer. Ek het nog baie mense se nommers gekry wat ek kan kontak om inligting te bekom oor die benadering wat mens kan gebruik.

Groete
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by JK »

As dit net die gedeelte op die grond is wat afroes kan jy dt behandel of in beton sit maar dit gaan ook n aardige bedrag kos maar dan sal dit hou. Hoop jy kom reg.!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

JK wrote:As dit net die gedeelte op die grond is wat afroes kan jy dt behandel of in beton sit maar dit gaan ook n aardige bedrag kos maar dan sal dit hou.
JK
Ek het nog nie daardie opsie ondersoek nie, maar ek twyfel of daar 'n opsie is wat elektrifisering gaan klop op effektiwiteit en koste.
Die dele wat afroes is maar orals rondom die plaas. My groot probleem met materiaal (sement, draad, pale noem dit) is maar die vervoer koste om dit op die plaas te kry. (..............en die dollars ook)
Vrystaat
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sat May 25, 2013 5:54 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Vrystaat »

Kalahari.

Stuur asb vir my n email na adriaanv@stafix.co.za met jou behoeftes en ek help jou graag met pryse.

Sien. Www.stafix.co.za
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

Vrystaat

Baie dankie , ek sal vir jou epos stuur. My internet (email) is bietjie op die koffie die laaste 2 dae, maar ek sal vir jou inligting stuur.

Johan
Vrystaat
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sat May 25, 2013 5:54 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Vrystaat »

Kalahari.

Jou epos is gestuur.

Adriaan
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

Vrystaat wrote:Kalahari.Jou epos is gestuur.Adriaan
Dankie Adriaan, ek het jou 2 eposse gestuur.

Johan
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Stefan Fourie »

Hallo Johan, het vanmôre vir Wian gesê van jou, jy is welkom om hom te kontak vir raad, veral die probleem met die duine.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by Kalahari »

Stefan Fourie wrote:Hallo Johan, het vanmôre vir Wian gesê van jou, jy is welkom om hom te kontak vir raad, veral die probleem met die duine
Baie dankie Stefan, ek waardeer. Ek sal vanaand plan maak as die klein bekkies kos gehad en gaan slaap het ++>: om vir Wian te bel.

Mooi dag verder.
DinoF
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm

Re: Watter sisteem vir elektrifisering?

Post by DinoF »

HI

Nemtek se agri man se details. Hy is baie hulpvaardig



NEMTEK AGRI

Flip Grobler



Tel: 011 462 8283

Fax: 011 462 8844

Cell: 076 900 3129

Email: agri@nemtek.co.za

Web: www.nemtek.com

Hoop dit help.

Groete
Post Reply