Ek begin toe oplees oor telescope en soos gewoonlik is dit natuurlik alles in Engels. Net daar begin die popo die hek tref – Ek kom van ‘n plaasskool af en ons het net Engels as selfverdediging geleer.
Ek besluit toe “Bogger” al hierdie mambo Jambo ek sal maar begin by wat ek ken en van daar af vorentoe werk :
OP my 243 het ek ‘n Lynx LX 2.5 – 15 X 50 Met die SAH kruishaar – ‘n baie lekker scope maar oor langer afstande vind ek die kruishaar te dik om presisie skietwerk te kan doen.
Ek waag dit toe weer op die internet met die agtergrond as basis en kon toe darem ‘n paar scopes kry wat ek dink moontlik goed kan werk op die 300.
Maar soos gewoonlik is daar mos weer problem – Die pryse wat scopes kos. (Budget +- R10000.00)
Ek klasifiseer toe maar my seleksie van die duurste na die goedkoopste :
Maak Optics International i-Warehouse Safari & outdoor
Leopoldt VX6 3-18x50 Fine Plex 18900 17689 16000
Burris Eliminator 111 4-16x50 15500 nil 15000
Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 Fine Multi X 11500 11519 10650
Lynx LX 2.5-15x50 Nato RF nil 10769 8400
Rudolph V1 6-24x50 T3 nil 6899 nil
Vrae :
hoe sal hierdie scopes die 300 Win mag se recoil Hanteer
Budget gewys sit ek eintlik net met twee Keuses : Die Lynx of Die Rudolph
Enige ander moontlikhede in my Budget wat ek dalk oorgesien het ??
Enige Advies sal wardeer word
Jagtersgroete


