Baie mense praat van "gewere" wat platskiet. Dit is nou soos bv. die 300WM in vergelyking met die 30-06 en dan ... ligte koeels teenoor swaarder koeels geskiet uit dieselfde geweer.
Eerste ... vir normale jag, is die plat trajek van die groter "kaliber" {hier meer in terme van dop kapasiteit} die moeite werd {as mens ook ander dinge in ag begin neem soos die toename in recoil, loop leeftyd etc}.
Tweedens ... ligte koeels, moet die algemene skut hom enigsins steur aan die goed {hier praat ek nou van loodkern koeels}. Natuurlik het ligte koeels 'n plek en aanwending, maar waar volgens jou pas hulle nie in nie?
Derdens ... swaar vir kaliber koeels {lees hoe BC en beperkte dop kapasitiet}. Moet mens hierdie koeels vermy en maar bly by die meer algemeen aanvaarde?
Hierdie is nou sommer vir net lekker saam gesels. Julle insette word waardeer.
Platter trajek???
-
Gerard
Re: Platter trajek???
Daar is 'n paar beginsels wat mens in gedagte moet hou, onder andere:
1. Relatief tot die kaliber, het mens langer koeels nodig hoe verder mens wil bykom. Langer koeels vra 'n stywer spiraal en meer dop kapasitiet.
2. Ballistiek is gebonde aan skaal. Daarom is dit makliker om verder by te kom namate die kaliber groter word. Dit is makliker op 1000m met 'n .30 by te kom as met 'n 6mm. Vir 2000m sal 'n .30 nie werk nie maar 'n .50 kan. So kan mens opwerk tot jy by 50km bykom met 'n 15cm kaliber.