Al vs Staal KD's

Post Reply
User avatar
SuperVos
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm

Al vs Staal KD's

Post by SuperVos »

Dag almal,
Wil my eerste KD koop en wonder wat die voor- en nadele is van Al teenoor staal behalwe die gewig natuurlik. Skiet die een beter as die ander?
Dankie
SV
Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Al vs Staal KD's

Post by grumpy »

SE vir ons watter maak jy wil koop vir watter kaliber.

Ek self het 2 staal KD en is baie gelukkig met hulle.
Ek het n Terminator en een van Silent Hunting. Albei manne is hier op die forum.
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Al vs Staal KD's

Post by Jaco Naude »

Hallo SV,

Probeer om die forum te "search". Die funksie is regs bo.

Daar was al 'n paar besprekings aangaande die onderwerp, as ek reg onthou.

Hoop jy kom reg.

Groete,
Jaco
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Al vs Staal KD's

Post by LongWolf »

Hitte is n groot faktor op n KD.

so die vraag(net 1x hahahaha) is nou:

hoe wil jy skiet,
met wat gaan jy skiet,
wat gaan jou frekwensie wees- stadig(afkoel kans)- vining(hoeveel tyd tussen skote)
hoeveel skote op n slag,
vir jag,
vir baan, ens ens.

as jy baie min gaan skiet met baie tyd tussen skote- AL
as jy baie gaan skiet met n hoe frekwensie- staal
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Al vs Staal KD's

Post by cassie_calvinia »

ek kan verkeerd wees, maar rssoo ver ek weet, sorg net dat al is dit AL silencer, sorg dat die draad van staal is. al sit later so vas, dat hy hom met 'n pyp spanner moet losdraai.
maar, dit kan seker voorkom word.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Al vs Staal KD's

Post by Christo »

cassie_calvinia wrote:ek kan verkeerd wees, maar rssoo ver ek weet, sorg net dat al is dit AL silencer, sorg dat die draad van staal is. al sit later so vas, dat hy hom met 'n pyp spanner moet losdraai.
maar, dit kan seker voorkom word.
Cassie ek ken daai gevoel. Vice en bobbejaanspaaner.

Al is meeste van die tyd swaarder en groter om dieselfde spasie binne te kan he^
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
SuperVos
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm

Re: Al vs Staal KD's

Post by SuperVos »

Dankie kerels. Ek wil ene vir my 308 kry. Baan en probleemdiere meestal. So klink my staal is die regte opsie. Sal nog bietjie rondkyk en dan geld uithaal.
SV
Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Al vs Staal KD's

Post by LUAN »

Het al gehoor van duur alu silincers wat se baffles vinnig weg gebrand het juis oor dit alu is.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Al vs Staal KD's

Post by LongWolf »

SuperVos wrote:Dankie kerels. Ek wil ene vir my 308 kry. Baan en probleemdiere meestal. So klink my staal is die regte opsie. Sal nog bietjie rondkyk en dan geld uithaal.
SV

ARMS

In Hans Strydom str Centurion se KD van staal.
Ek kan hulle aan beveel.

Het al 600 rondtes deur my 3006 sonder n klagte.
My vrou is 4 voet en n baksteen hoog en klim met gemak agter
daai nul kwes in en gooi 30 - 50 rondes opi teiken sonder n klagte oor terugskop, nadat ek daai KD opgesit het.


http://www.armsonline.co.za/index.html
Post Reply