Veldskiet

Post Reply
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Veldskiet

Post by Jamma »

Middag Manne,

Ek dink daaraan om n bietjie ons omgewing se jagters en geweer liefhebbers bymekaar te bring en het daaraan gedink om een van die boere hier te vra of ek erens op sy plaas n veldskiet kan reel. Ek dink dis hoogtyd dat die manne hier bymekaar kom om bietjie raad,jagstories en grappe uit te ruil met n lekker sosiale geleentheid na die tyd (Niks wat so lekker werk soos n spit na die tyd nie!)

Nou soek ek raad asb - Is daar enige wetlike vereistes as n man so klomp gewere op n privaat plaas bymekaar bring of is dit maar net n geleentheid wat gereel kan word met die boer se toestemming?
Dan wil ek ook graag raad he oor hoe n mens n veldskiet kan opstel aangesien ek nog nie self aan een deelgeneem het nie. Is daar erens waar n man algemene reels en punte toekennings en afstande waaroor n man moet skiet kan gaan naslaan?

Baie Dankie
Jamma
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Veldskiet

Post by JTM »

Jannie Welman
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Veldskiet

Post by ANDRIES »

Jamma jy kan by Jacques Visser of Peter De Vries kers opsteek.Hulle het al 'n hele paar veldskiete gereel.Jy kan my ook skakel 082 783 6541.
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Veldskiet

Post by Jamma »

Ek het na die link gekyk dit lyk soos n lekker dag!

Dankie Andries ek sal verseker by Peter hoor. Ek is hier by die skietbaan aangesluit waar hulle betrokke is so ek sal verseker bietjie by die manne uitvind. As ek nie regkom nie of raad nodig het sal ek n oproep daar in jou rigting stuur!

Groete
Jamma
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Veldskiet

Post by Piet Breedt »

Jamma, bel my. Ek is die Nasionale voorsitter van SAJSV (0825551960)
immelmanw

Re: Veldskiet

Post by immelmanw »

Jamma, watter area is julle?
Ek sal ook graag help, willem@so.co.za
Met al die kontakte kan jy nou n top veldskiet aanbied.

Groete

Willem Immelman
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Veldskiet

Post by PWV »

Christo is mos in daardie wereld. Hy het reeds 'n baan.
Christo, kan jy nie die manne help nie?

Ek vra maar net! ???
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Veldskiet

Post by Jamma »

Dankie Manne!

Ek is hier in die Koue Bokkeveld area. Ek gaan n epos uitstuur en die belangstelling toets en dan gaan ek verseker van almal se dienste gebruik maak! As daar genoeg belangstelling is moet ek dalk n paar van die manne op die forum wat weet hoe die dinge werk uitnooi om as gaste die dag by te woon!

Ek sal julle op hoogte hou van sake en weereens dankie vir die raad en die bereidwilligheid om te help.

Groete
Jamma
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Veldskiet

Post by WillemS »

Jamma

Ek sal enige tyd n gas wees, praat net!

Willem
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Veldskiet

Post by Jamma »

Ek sal die manne wat so bereid is om te help en om n gas te wees verseker op hoogte hou.

Ek hoop net ek kry manne wat belangstel hier in die geweste maar ek is seker ek kan 10-20 hier rond en dan n paar gaste kry om dit n lekker dag te maak!
immelmanw

Re: Veldskiet

Post by immelmanw »

WillemS wrote:Jamma

Ek sal enige tyd n gas wees, praat net!

Willem
Sjoe WIllem, recover jy nie nog van die WP OPE nie! Dit was n awesome skiet, sonder al jou reelings sou die dag nie so sukses gewees het nie!
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Veldskiet

Post by WillemS »

Willie

Jy sien mos ek wil n gas wees!! Soos jy weet na n dag of wat sien n ou weer kans...

Jamma

Met n klein bietjie moeite sal n jy vinnig n paar manne bymekaar kry vir so n skiet! As die datum die manne pas bring ek vir jou 8 na 10 manne!

Sterkte

Willem
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Veldskiet

Post by Jamma »

Willem,

Ek gan jou verseker op hoogte hou! Ek kyk na n datum einde November se kant so wag vir al die manne se kontak besonderhede om die mail uit te stuur en dan moet ek net met die KBV Sportklub reel vir die Spit na die tyd.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Veldskiet

Post by THOMAST »

Ek was so 'n ruk terug by 'n skiet aangebied deur die SuidKaap jagters vereniging, suidoos van Suurbraak, nabySwellendam. Daar kon jy rangefinders en windmeters gebruik het.
Sover ek kon onthou was daar nie een voltelling gewees nie. Lekker , uitdagende skiet gewees.
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Veldskiet

Post by Jamma »

Hierdie ding wat ek wil reel is natuurlik net n lekker sosiale skiet dag. Niks geakrediteerd of iets nie.
Ek wil sommer die manne bymekaar bring sodat ons in die toekoms meer formele goed kan reel in die geweste. Daar sal uiteraard pryse wees vir die eerste 3 manne en dan kan hulle natuurlik 'Brag' dat hulle die top skuts is!
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Veldskiet

Post by Jamma »

Ek sal moet mense van buite betrek want ek het mos geen idee hoe hierdie goed werk nie. En natuurlik word daar weer nuwe mense ontmoet met ietsie kouds in die hand na die tyd!
immelmanw

Re: Veldskiet

Post by immelmanw »

WillemS wrote:Willie

Jy sien mos ek wil n gas wees!! Soos jy weet na n dag of wat sien n ou weer kans...

Jamma

Met n klein bietjie moeite sal n jy vinnig n paar manne bymekaar kry vir so n skiet! As die datum die manne pas bring ek vir jou 8 na 10 manne!

Sterkte

Willem
Willem, ek het al die Sondagoggend in die bad volgendejaar se baan begin uitle.........
Post Reply