Mossberg

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Mossberg

Post by BLOK »

Wil net weet of enige van julle weet hoe die kwaliteit van die Mossberg gewere is. My Seun is nou 10 en skiet heel goed met .22 so wil vir hom n 243 koop, ma wil nie te veel geld spandeer. Ek kan by Savuti Arms in JHB die ATR100 met scope en mounts kry vir R5000, ma is skepties oor die gewere want ken nie rerig die maak nie. Op die Amerikaanse forums skryf die ouens wat hulle het almal met lof. Ek het nog n spaar Leeupoldt scope wat ek die Tasco mee kan vervang en heelwat 243 doppe om mee te herlaai.

Wag om van julle te hoor.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mossberg

Post by Gerhard »

Ek het 'n mossberg pomp aksie haelgeweer en is baie happy met hom.

Dink nie jy sal spuit wees oor die geweer nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mossberg

Post by BLOK »

Dankie vir die terugvoering Gerhard.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Mossberg

Post by Christo »

Gerhard wrote: Ek het 'n mossberg pomp aksie haelgeweer en is baie happy met hom.

Dink nie jy sal spuit wees oor die geweer nie.
Selfde hier

Ek dink jy kan maar koop
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mossberg

Post by BLOK »

Dankie vir terugvoering Christo.

Ek dink ook nie vir die prys is dit n slegte koop nie, ek wonder net wat kan met n geweer verkeerd loop of breek aan hom en hoe eenvoudig is dit dan om dit te laat regmaak as die mense se naverkope en waarborg nie so kookwater is nie. Sal parte later vrylik beskikbaar wees en gaan die regmaak my dan nie meer as die geweer later kos nie.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Mossberg

Post by Armand Steenkamp »

Jis blok ek weet nou nie of j nou klaar jou kop op die mossberg gesit het nie maar ek dink jy kan gerus ook bietjie na die Howa kyk nog niks sleg van hom gehoor nie.
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
hagar

Re: Mossberg

Post by hagar »

Ek het ook 2 Mossberg haelgewere, n 9200 semi, en n 835 pomp en is baie tevrede met hulle, maar ken glad nie hulle gewere nie. Hoor ook niks van hulle nie, goed of sleg. Ek sal ook eerder n Howa Vangaurd koop, het een in 30/06 gehad wat ek in 1998 mee kom jag het in SA, en toe aan my pel verkoop het. Daardie tyd kon jy maklik n geweer saambring en verkoop, hulle moes net invoerbelasting betaal. Die Howa het geskiet dat die byle huil, het n springbok wat my pel gewond het en kruppel kruppel weggehardloop het op oor die 300 tree in die nek geskiet.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Mossberg

Post by Piet Breedt »

Ek het n maat wat so Mossberg het. Nie slegte geweer nie, maar ook niks om oor opgewonde te word. Ek sal definitief eerder so klein bietjie by sit en n Howa koop. Myne, en almal wat ek ken met een, skiet n hond uit n bos uit, en is vinnig besig om n baie goeie naam vir hulself op te bou, reg oor die w?reld. Ek voorspel dat hulle binne kort sommer baie gesog, en duurder gaan word.
Last edited by Piet Breedt on Sun Aug 08, 2010 7:53 pm, edited 1 time in total.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mossberg

Post by BLOK »

Piet en almal dankie vir julle terugvoering.

As julle almal die Howa so goed praat sal ek graag wil weet wat die gewere se prys min of meer is. Die rede hoekom ek nie nou al te veel wil spandeer nie en hoekom die mossberg vir my na n goeie koop gelyk het is ek dink nie ek gaan so sleg voel om die kolf nou te sny en korter maak nie asook ek sal later as hy ouer is en werklik belang stel in jag en skiet liewers vir hom ook n Sako wil koop wat hy trots op kan wees. Maar as die Howa nie veel duurder is nie sal ek hom orweeg.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Mossberg

Post by Armand Steenkamp »

Blok ek gan nou vir my n Howa varminter koop  hy is so rondom R10 900 Maar daar is ander modelle ook met dun loope wag goedkooper is.So n maand of twee trug het ek een met n sintetiese kolf gesien vir R6800 Maar wat ie pryse nou is weet ek nie.Jy moet maar by verskye geweerwinkels uitvind tot jy die beste prys kry
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Mossberg

Post by Hein M. »

Blok,

Jy kan by S&O navraag doen.  Hulle kan vir jou 'n goeie prys gee.  'n Intreevlak Remington / Ruger sal ook 'n goeie keuse wees.

http://www.safariandoutdoor.co.za/howa-1500-varmint-thumbhole-laminated-p-4244.html

Liewer eenkeer reg koop as wat jy later gaan sukkel met nadiens...

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
green leader
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jan 12, 2010 7:10 am

Re: Mossberg

Post by green leader »

blok waar bly julle ek het gesien dat die Howa hier by die gun shop by my in JHB vir 8500 gaan.
bsa .303
parker hale 30 06
colt .45
webley scott 7.65
aya 16 guage
anschutz .22 hornet
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Mossberg

Post by Nico Harris »

ek kan vir jou n howa reel vir R6700.(model 1500)
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mossberg

Post by BLOK »

MANNE

Dankie vir almal van julle se terugvoering, en ek moet met alle eerlikheid se nadat ek die naweek self na die mossbergs gaan kyk het, stem ek baie meer saam en vat eerder die howa. Niks verkeerd met die geweer nie, ma mens kan sommer dadelik sien die kwaliteit is nie daar nie, die sintetiese kolf lyk sommer so goedkoop gegiet en van plastiek, waar die loop en aksie bymekaarkom laat my sterk dink aan daai goedkoop windbukse wat jy kry as jy 200liter engen olie koop. Newat hy is nie bedoel vir my nie. Gelukkig het ek vanmore in klerksdorp n handelaar gekry wat n Howa mod 1500 met n sintetiese kolf kan kry en vir net R6500, en die kwaliteit sommer 100% beter waarde.

So nou is dit net daai lang wag vir n liksens voor hy die loot in die lug kan sit.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Mossberg

Post by Piet Breedt »

Blok, my Howa Mod 1500 het met n sintetiese (plastiek) kolf gekom, en dit was glad nie n goeie kolf nie. Hy word sag in die son, en druk dan teen die loop as hy op sy sy gel? het. Ek het hom vervang met n gelamineerde kolf wat n geweldige verskil aan die geweer se akkuraatheid en konstandheid gedoen het.

Ek sal jou aanraai om eerder so bietjie meer te betaal en die Howa gelamineerde kolf te vat, Van wat ek gesien en gehoor het van hulle, is hulle baie goed.

My Howa is nou al 5 jaar oud, so ek weet nie of daar al moontlik n nuwe sintetiese kolf uit is op die Howa's wat dalk beter is.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mossberg

Post by BLOK »

Dankie vir daai raad Piet.

Maar omdat die man se arems nog kort is gaan ek vir eers daai sintetiese kolf gebruik hom net laat korter maak, en dan oor so paar jaar as die arms lengte kry kan ons altyd kyk na n pasmaak lam kolf.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply