Zeiss Conquest 3x9-40

Post Reply
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Zeiss Conquest 3x9-40

Post by Cor Jacobs »

More Manne,

Ek het so vinnige forum search gedoen, maar kry ongelukkig nie die inligting wat ek soek nie.
Wat ek graag wil weet wat is julle ondervinding van die teleskoop. en is daar van julle manne wat dit huidiglik gebruik.

Ek wil graag my geweer so bietjie opgradeer, maar werk ook maar in n bepaalde budget.
Enige terugvoer sal waardeer word, dankie.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by vriell »

Enige scope met "gekweekte" lense is van die beste soos Zeiss en val in heel ander klas en dus ook baie duurder en beter net jammer hier by ons is GEEN diens vir die herstel van Zeiss Scopes nie.Almal word Duitsland toe gestuur vir herstel.Ek besit die 6x42 Zeiss en is deur die proses.Die herstel het meer gekos as wat ek destyds betaal het vir die scope weke later.Ek sal nie weer 'n Zeiss koop nie.Daar is nou baie ander scopes met beter diens in SA beskikbaar maar nou ja die keuse is nog steeds joune....
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by Piet Pille »

M.a.w. Cor, dis 'n baie lekker scope.... MOET HOM NETNIE BREEK NIE!!

P.S. Eks baie tevrede met my Zeiss Duralyt. As jy daardie een teen 'n goeie prys kry, sal jy baie tevrede wees.
Terloops, weet iemand dalk hoe die waarborg op die Zeiss teleskope werk. Meeste van die top-end Teleskope het deesdae tog lewenslange waarborg op nie waar nie. Gedink dit sal by Zeiss ook geld?
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by junglejulian »

Ek het laas jaar met een van Zeiss se agente gepraat wat van die fabriek hier was vir bemarking.die Eurepese unie of so iemand verhinder die vervaardigers deesdae om lewenslange warborg te gee.dink maksimum is 25 jaar.ek het nooit verder gan oplees daaroor nie so weet nie of hul dit so toepas nie.dit was gedoen om die ekonomie te groei
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by RV »

Al moet jy daai pad stap om n Zeiss te hersien bly dit nog die moeite werd om enige Europese scope te besit.Ek het ongeveer 3 jaar terug n S&B terug gestuur om die kruishaar te verander.Alhoewel ek 3maande moes wag vir hom was dit kosteloos.Ek moes net die vervoer en versekering betaal.Onthou die scope was nie stukkend nie en om alles te kroon het ek dit tweedehands gekoop.Ek het nog die "jobkaart" in my besit.

So ek bly maar by die Europese produkte.Hulle laat jou in elk geval nie sommer in die steek nie.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by vriell »

25 jaar maksimum op Zeiss ! Kruishaar gebreek. Parte gratis maar arbeid was R3500 plus R300 posgeld ongeveer 6mnde gelede.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by Fanie Nel »

So ver my kennis strek is zeiss, swarovski, S&B net 10jaar waarbrog
Groete Fanie nel
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13646
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by Capt. Yoda »

Jy kan ma koop!
Ek het die 3-9x40 en twee 4.5-14 conquest scopes en da is nog n 6.5-20x50 ook oppad

Ja jy kan altyd n "dud" koop maar ek glo dit is maar met enige scope so wat jy koop.
Ek skiet baie met myne en het nog geen fout gesien nie.Tracking is baie goed en as dit eers begin donker word kom die Europese scope werklik tot hul reg.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by vriell »

Capt. Oblivious wrote:Jy kan ma koop!
Ek het die 3-9x40 en twee 4.5-14 conquest scopes en da is nog n 6.5-20x50 ook oppad

Ja jy kan altyd n "dud" koop maar ek glo dit is maar met enige scope so wat jy koop.
Ek skiet baie met myne en het nog geen fout gesien nie.Tracking is baie goed en as dit eers begin donker word kom die Europese scope werklik tot hul reg.
Capt. ,
My scope is 'n 1985 jaar model en ek het baie goeie diens uit hom uit en het so 6mnde gelede die scope se haar laat regmaak ( was nie "dud" nie as jy miskien na myvorige post verwys) Ek glo sterk in Zeiss maar omdat hulle nie hul scopes in SA kan herstel nie sal ek dit sterk oorweeg om liewers iets te koop wat in SA herstel kan word. Daar is scopes vandag wat baie goed kers vashou by Zeiss met vinniger en beter waarborg diens.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13646
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by Capt. Yoda »

vriell wrote:
Capt. Oblivious wrote:Jy kan ma koop!
Ek het die 3-9x40 en twee 4.5-14 conquest scopes en da is nog n 6.5-20x50 ook oppad

Ja jy kan altyd n "dud" koop maar ek glo dit is maar met enige scope so wat jy koop.
Ek skiet baie met myne en het nog geen fout gesien nie.Tracking is baie goed en as dit eers begin donker word kom die Europese scope werklik tot hul reg.
Capt. ,
My scope is 'n 1985 jaar model en ek het baie goeie diens uit hom uit en het so 6mnde gelede die scope se haar laat regmaak ( was nie "dud" nie as jy miskien na myvorige post verwys) Ek glo sterk in Zeiss maar omdat hulle nie hul scopes in SA kan herstel nie sal ek dit sterk oorweeg om liewers iets te koop wat in SA herstel kan word. Daar is scopes vandag wat baie goed kers vashou by Zeiss met vinniger en beter waarborg diens.

Jammer vriell ek het nie na jou post verwys nie maar ek het al gehoor van een of 2 manne wat nie 100% gelukkig was met n Zeiss nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
TASCO
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 05, 2011 3:07 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by TASCO »

Net vir intressanthied.....Zeiss Conquest modelle word gemaak deur Optisan, 'n Koreaanse Mpy. met hooffabriek in China......uit 'n redelike betroubare bron verneem!

Mag waar of onwaar wees.....

Groete

Tasco
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13646
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by Capt. Yoda »

TASCO wrote:Net vir intressanthied.....Zeiss Conquest modelle word gemaak deur Optisan, 'n Koreaanse Mpy. met hooffabriek in China......uit 'n redelike betroubare bron verneem!

Mag waar of onwaar wees.....

Groete

Tasco

???

Die scopes word in America aan mekaar gesit, die lense kom nog van Duidsland af.Baie mense glo die lense word deur Meopta gemaak en dan gecoat deur Zeiss in Duitsland
Die conquest scopes word in New York in die Meopta fabriek aan mekaar gesit.Die Swaro Z3 (gebruik ook parte uit China) en Minox ZA3 (gebruik meeste parte uit China) kom ook uit die selfde plek uit.
Selfde soos baie van leupold se goed nou in China gemaak word en meeste Nikon goed nou in die Philippines gemaak word (om maar geld te spaar)

Optisan is well n maatskapy wat scopes maak maar hul groot verspryder is n UK company wat besit word deur Sammie en Garry Cooper
Hul bou scope (goeie scopes) vir die FT en HFT air rifle ouens
Die scopes staan bekend as die MTC reeks
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Rainbird
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by Rainbird »

Capt. Oblivious is 100% correct but be careful about which Zeiss you're refering to.

The old Conquest 3x is as Capt. Oblivious stated.
The new Conquest HD5 is German.

@Cor,

Pieter Vorster is spot on. Save a little longer and buy a Duralyt 3-12x50.
In terms of actual optical quality, there's nothing in SA that can touch it for the same price.
Its FOV also puts any other 3-12 in the same price class to shame.

It's a very, very good scope! I have one on my Sako .223 and have no problem hunting small game out to 300m with it.

@Vriell,

Zeiss does have a local service center and depending on what the problem is, they can be repaired locally.
Most of the riflescopes are sent to Germany though as Zeiss HQ has very strict quality control regarding repairs and they'd rather have the scope in hand to make sure everything is 100% when it's returned.

As an example, I have a Zeiss scope from the 1960's which my grandfather used and they were still able to service and repair it.

How many of the other optics companies can do that after 50+ years?
SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu Aug 15, 2013 3:59 pm

Re: Zeiss Conquest 3x9-40

Post by SAKO »

Ek het Zeiss Conquest 3-9x40 op my 22-250, mis feitlik nooit en dis darem af en toe baie vêr ook!! Vir sy prys werk hy baie goed in die nag ook. My 300 het Swarovski se Z3 4-12x50 BT en ek is gaande oor die scope! Vra my egter watter een skiet die meeste en "lekkerste" en die antwoord is maklik - die kleintjie!! My gat jeuk egter nou vir Zeiss se Conquest HD5, so miskien moet ek 'n staalborsel vir R10 koop en my BAIE suksesolle scope hou net waar hy is!
Post Reply