Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Willem Grobler
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm

Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Willem Grobler »

Ek het met die lekker proses begin om 'n geweer te bou. Dit moet 'n vlaktekaliber wees langs die reeds bestaande "van-die-rak-af" 7x64 Brenneke (my 14-jarige het ontaard in 'n kranige jagter: dus 2 vlaktekabilers..... ja-ja ek weet dis die verskoning). Ek twyfel egter baie oor die spesifieke kaliber wat goed langs die 7x64 sal inpas.

Hier onder gee ek die parameters wat oor tyd ek vir myself gevorm het. Dit is gevorm deur persoonlike voorkeure, persoonlike ondervinding, gewaarwordinge van verskillende kalibers op die baan en jagveld, karkasondersoeke, baie ure se navorsing ens ens (dus waarskynlik meer persoonlik as wetenskaplik).

Doelwit: ek wil, sonder om te twyfel, 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot kan gee

Parameters:
- hierdie geweer gaan uitsluitlik vir vlaktejag gebruik word van springbok tot eland en dan deur die jaar op die skietbaan
- ek is nie fanaties nie
- ek wil nie in die jagveld skote verder as 350m skiet nie, miskien vir pret wel op die skietbaan
- wind moet 'n mimimale effek he in die veld en op die baan
- dis persoonlik maar ek hou nie van "Magnums" nie - volgens my te veel vleisskade en terugskop (ek het egter een opsie op die kortlys hier onder)
- 'n interessante/minder bekende kaliber is goed, solank die herlaaikomponente vrylik beskikbaar en relatief bekostigbaar is
- oormatige loopstytasie sal ek graag wil vermy (ek beplan om nie meer as 360 skote per jaar te skiet nie)
- dit is weer nou maar net ek, maar dit moet minimum 'n 7mm kaliber wees
- ek is links en my seun regs, dus moet die kolf ambidekstries wees

Die kalibers op my kortlys, in min-of-meer voorkeurvolgorde tot dusver, is as volg:

- nog 'n 7x64, hierdie keer net met swaarder loop, beter loop, groter teleskoop, beter sneller, ens ens. Dit is net vir my steeds die een kaliber wat al bogenoemde parameters tik - maar ek weet dit gaan oninteressant wees.....

- 708
- 308 met spesifieke ladingontwikkeling vir vlaktejag
- my bestaande 30-06 'n vlaktelading te ontwikkel (tans jag ek net met 200 gr punte in die bos), ander kolf en teleskoop op te sit (reeds 26" Ferlach loop op) en iets anders vir die bos te kry (en ek noem dit as opsie omdat ek met die baie opleeswerk die afgelope tyd net weereens besef het hoe veelsydig hierdie kaliber eintlik is)
- 25-06 (maar hier is ek onder my minimum van 7 mm en loopslytasie?)
- 300 WSM (hoofsaaklik omdat die kaliber my net sommer opgewonde maak..., terugskop en looplstytasie?)

Ek sal graag van julle wil hoor wat dalk self van hierdie kalibers het en in bogenoemde omstandighede gebruik oor hoe julle voel en/of enige aanbevelings?
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Jaco Naude »

Ek sou die 300 WSM heel moontlik eerder met 'n 338 win mag vervang het, en maar die bietjie meer recoil probeer uitbalanseer het met 'n KD, decelarator pad ens.

Groete,
Jaco
Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Sako75 »

Die 325 WSM maak my opgewonde maar ek weet nie van die beskikbaarheid van doppe nie.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Dawie »

Volgens 'n vriend van my wat verhuis het Namibië toe, het Oom Chris van Niekerk, die ontwerper van die 7mm Tombi, gesê as hy 'n kaliber van die rak af moet vat vir lang afstand dan sal dit 'n 280 Remington wees.

Die 280 Remington is 7mm met 'n dop +- van 'n 30-06. Komponente is redelik beskikbaar.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by NEGE3 »

Het al baie groot bokke met my 270Win bladskote op daardie afstand geskiet en was nog nooit teleurgestel nie. Die 270Win is toevallig ook 7mm in 'n 30-06 dop. Gebruik 'n 150gr koeel teen 2900vt/sek en sit hom op die regte plek en jy sal nie terug kyk nie.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Chevvy SS »

" Doelwit: ek wil, sonder om te twyfel, 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot kan gee".

300 WM (+ nog) met premium koeëls.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Christo »

7x64 as jy bang is vir recoil, 338WM met tromprem. Ek het albei en dink die 338 met 225gr koeel is net die ding. Met sy tromprem is hy amper makker as 7x64.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by NEGE3 »

Christo wrote:7x64 as jy bang is vir recoil, 338WM met tromprem. Ek het albei en dink die 338 met 225gr koeel is net die ding. Met sy tromprem is hy amper makker as 7x64.
Kan niks verkeerd se van die 338WM nie. Geniet myne ook.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Christo »

Nege3, ek stem. Daai 338 staan heel voor in die kluis en hy het vanmiddag by die huis gebly net omdat ek vroeg Sondag te veel gespeel het. 243 was bevoorreg om saam te ry, maar ek hoor die stel jakkies al 'n paar aande net voor donker en wou eintlik sien hoe lyk Mr. Jak met 338 gat in hom.

Kon hulle nie sien voor donker. Sal later gaan roep, dalk sommer Saterdag met dagroep, net om 338 te toets.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Roger »

300 of 338
Too many to mention ;-)
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Dawie »

NEGE3 wrote:Die 270Win is toevallig ook 7mm in 'n 30-06 dop.
Groete.
Nie Heeltemal nie ....... 6.9mm

Omdat die 7mm gebruik word vir langafstand teiken skiet is daar 'n groter verskeidenheid hoë BC koëels beskikbaar as in 270 Cal.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Geno »

Onder 7mm = .25-06 met 85gr GSC HV koele teen 3750fps.

Bo 7mm = .338WinMag met 225gr koele.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by spekieries »

Nie Heeltemal nie ....... 6.9mm

Omdat die 7mm gebruik word vir langafstand teiken skiet is daar 'n groter verskeidenheid hoë BC koëels beskikbaar as in 270 Cal.


.277 van 'n duim = 7.0358mm dit is 'n 270

7mm =.285 van 'n duim = 7.24 mm
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Carl »

270W
Bore diameter= .270" 6.87mm
Grove diameter= .277" 7.04mm

'n 7x64 sal jou geld spaar met al die herlaai komponente. Maar as ek sien wat die lang afstand teiken skiet manne doen met die 300WSM, sal my stem vir dit gaan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7560
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Wouter Roets »

Hallo Willem

Ons kan regtig mekaar besig hou vir dae met die gesprek van watse kaliber die meeste geskik is vir jou aplikasie. Daar is verseker n hele paar nuwes en oues wat al so rukkie op die blok is wat hulle bitter goed sal gedra in die opsig. Dit is mos net so dat n nuwe geweer/kaliber die bloed net laat anders vloei in ons are.

Ek vir een maak my konstand skuldig aan hierdie optrede en as ek dood eerlik met myself moet wees kan ek seker al my behoeftes bitter goed bevredig met net so handjie vol kalibers. As ek so vinnig loer na jou huidige kalibers dan sit jy al klaar in daai boodjie. Soos jy al eintlik klaar gese het het jy n kaliber wat aan jou spesifieke behoefte omsien.

Jou 30-06 het jy gese het n 26 duim loop wat hom nie werklik verleen aan bosjag nie. Ek weet nie wat se maak of aksie die P17 konnetasie dra nie, maar die meeste aksies met n bietjie werk kan akkuraadheid lewer wat die skut nie altyd eers ten volle kan benut nie. Ek het geloer en gesien dat n 165gr premuim koeel in die orde van 2950-90ft/sek met S365 aangejaag kan word(nodespoed) uit hierdie huidige konfigurasie en dit sal baie mooi voldoen aan jou vereiste. Jy sal dan ook teikenskiet(goedkoper) koeels in hierdie gewigsklas kan gebruik vir baanwerk sowel as oefening met groot sukses. Onthou die kreteria vir langerafstande is om n koeel van hoe BC teen n spoed van tussen 2900-3100ft/sek te kan skiet vir goeie resultate.

Indien jy lus is vir iets meer eksoties kan jy altyd die 30-06 laat Ackley. Nodespoed groei in die orde van 50-90ft/sek in n gegewe looplengte maar jy wen n hele paar ander voordele. Doppe is net so geredelik beskikbaar en met die kaliber is jy werklik net n rapsie agter die 300 magnums. Hierdie hele proses sal jou ook in staat stel om met minder geld reg te kom en as ons bietjie verder loer sal n mens selfs die loop kan verkort vir boswerk en nog steeds aan die langafstand kreteria kan voldoen. n Wen wen situasie as jy my vra.

Groetnis
Wouter
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 358
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Ferdi Bam »

Willem,

Jy het klaar alles wat jy nodig het vir afstande tot 350m. Ek verstaan egter die proses waardeur jy gaan en daar is min dinge so lekker.

My voorstel sou wees n .300WSM met n 200gr punt en >. Onthou net hy skop ook n bietjie.

Geniet die soeke na jou geskikte kaliber.

Groete

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by BLOK »

300WSM
338Win (Nie Lapua)
375 Ruger
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13590
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Jou 30-06 het jy gese het n 26 duim loop wat hom nie werklik verleen aan bosjag nie. Ek weet nie wat se maak of aksie die P17 konnetasie dra nie, maar die meeste aksies met n bietjie werk kan akkuraadheid lewer wat die skut nie altyd eers ten volle kan benut nie. Ek het geloer en gesien dat n 165gr premuim koeel in die orde van 2950-90ft/sek met S365 aangejaag kan word(nodespoed) uit hierdie huidige konfigurasie en dit sal baie mooi voldoen aan jou vereiste. Jy sal dan ook teikenskiet(goedkoper) koeels in hierdie gewigsklas kan gebruik vir baanwerk sowel as oefening met groot sukses. Onthou die kreteria vir langerafstande is om n koeel van hoe BC teen n spoed van tussen 2900-3100ft/sek te kan skiet vir goeie resultate.



Groetnis
Wouter
Presies dit wat Wouter da se
Maar wat is nou lekkerder as om n nuwe geweer te koop/bou so as jy een moet bou sou ek se die 300WSM met n Premium 165gr/180gr koel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Carl »

.308
http://static.squarespace.com/static/5163436ce4b0b470bd1fbb00/t/5187ff21e4b07e9ca47e5cf3/1367867171079/30-210gr-ABLR-58317.jpg?format=300w
ABLR 30CAL 210GR. SPITZER
G1 BALLISTIC COEFFICIENT 0.730
G7 BALLISTIC COEFFICIENT 0.366
en
7mm
http://static.squarespace.com/static/5163436ce4b0b470bd1fbb00/t/5187fe9ee4b0c64b3105f03c/1367867039989/7mm-175gr-ABLR-58517.jpg?format=300w
ABLR 7MM 175GR. SPITZER
G1 BALLISTIC COEFFICIENT 0.672
G7 BALLISTIC COEFFICIENT 0.364
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Chevvy SS »

maar die meeste aksies met n bietjie werk kan akkuraadheid lewer wat die skut nie altyd eers ten volle kan benut nie.

Verduidelik asb. hier Wouter?
KC

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by KC »

Willem,

Ek sou nie juis wou skiet met n kaliber kleiner as 6.5mm nie, dis maar n persoonlike keuse.

Gebruik die een wat jy verseker weet waar jou kruishaar sit, daar gaan jou koeel vasslaan

Koeel keuse is seker ook belangrik, gebruik een wat goeie enenrgie oordra op daardie afstand
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by PaulM »

As jy nie 'n verskoning soek om 'n nuwe geweer te koop nie, sal ek saam met Wouter stem. Gaan kyk maar mooi na daardie
30-06 wat reeds in jou kluis staan....
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Piet Pille »

Hallo Willem,

Ek dink nie dit raadsaam om te gaan dupliseer wat jy reeds het nie... en die 7x64 en 30-06 kombinasie dek alreeds 'n wye spektrum, en beide kan alreeds voldoen aan jou vereistes met die regte koeels.

Ek sou een van 2 opsies oorweeg het as ek jy was-

1) Doen soos Wouter se en ackley daai 30-06, rus hom toe met 'n goeie taktiese kolf, KD, bi-pod, scope en al die ander bells & whistles om hom as 'n lekker vlaktekaliber te optimaliseer.

2) Hou jou 7x64 netso vir jou seun (miskien vir hom dan 'n regterhandse kolf opsit), gebruik jou 30-06 vir jou bosgeweer (miskien die loop korter maak na 24"?) en kry dan vir jou 'n .338 met 'n KD op. Dan dek jy 'n spektrum van koeelgewigte:spoed wat aan amper alle aplikasies kan voldoen in die jagveld.

Ek skiet ook links en is self nuuskierig oor ambidekstriese kolwe wat beskikbaar is. My laaitie is nou maar eers 3, maar dit lyk of die mannetjie regshandig is en al my gewere het linkerhandse kolwe op. Ek luister graag saam met jou.
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by Doomslayer »

Eerste prys sal .338 wees in enige variant, maar goeie punte is nie goedkoop nie! Doppe en so ook nie.
300 win mag sal ook great wees, maar korter looplewe, meer recoil. Egter definitief goeie langafstand geweer.
Maar soos andere reeds gese het, .30-06 met lekker swaar punt (180gr accu-bond) behoort goed die ding te kan doen.

Soos altyd is skootplasing eerste...
KC

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee

Post by KC »

Ai mense... Hoekom n 338. Wil julle n pens skoot skiet en nog die bok laat val. Spandeer eerder jou tyd met wat jy het op die skietbaan en dan durf jy 350m aan
Post Reply