More manne
Ek het so bietjie raad nodig. Ons gaan die jaar jag, daar in Zastron se wêreld en daar is Swartwildebees, blesbok en springbok op die spyskaart.
My kluis is bietjie beperk as dit by langafstand kalibers kom so die 8x57 sal maar die werk moet doen. Per normaal laai ek 200gr Nosler Partitions in die 8mm en hulle is goed vir so 2400fps, en is uitstekend vir die bos. Ek het egter gedink om ligter koeëls te laai vir die vêr skote in Zastron. Ek is egter tussen die 160gr Barnes TTSX of die 175gr Sierra Pro Hunters.
Ek neig na die Sierras toe, want my redenasie is as jy die bok met die Barnes skiet gaan die bok net 'n mooi gatjie hê want die Barnes sal nie opbreuk nie. As jy egter mey die Sierras skiet, wat 'n sagter punt is behoort die lood wat opbreek meer skade te maak wat dan tot gevolg het dat die bok vinniger vrek. As dit sou sin maak.
In my opinie is die Barnes 'n uitstekende produk, wat dit moontlik maak vir manne om groter bokke met ligter kalibers te skiet. Ek dink egter nie dit is so belangrik in die 8mm op swartwildebeeste, springbokke en blesbokke nie.
Wat dink julle manne? Barnes of Sierra?
Dankie
Alvar
175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
Jy praat van die opbreek van die koeël - nou is jou vleis vol lood.
Ek sou Barnes kies. Hy maak nie klein gaatjie nie. Hy sny 'n groot tonnel deur die organe met die skerp vlerke voor wat omgeklink het.
Ek sou Barnes kies. Hy maak nie klein gaatjie nie. Hy sny 'n groot tonnel deur die organe met die skerp vlerke voor wat omgeklink het.
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
Baie waar!
Lood in jou droëwors is nie die ideal nie.
Ek is net bang die spoed uit die 8mm is te min om daai Barnes te laat omklink op 200m.
Lood in jou droëwors is nie die ideal nie.
Ek is net bang die spoed uit die 8mm is te min om daai Barnes te laat omklink op 200m.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
Spoed vir 160gr behoort by 2800vps te wees. Teen 300m behoort dit nog 2000+ vps te wees en dit sal nog perfek wees.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
alvar
Ek sal eerder die Barnes X gebruik, eerstens gaan jy verseker wees dat jy nie klein stukkies lood in jou vleis kry nie, lood is giftig, en jy gaan verseker wees dat die koeel nie in stukke sal breuk as dit harde been tref nie. Ek dink nie jy hoef te worry oor die Barnes X wat nie gaan oopmaak nie, die 160 grain behoort jy taamlik te kan druk vir genoeg spoed om oop te maak. En laaste behoort jy minder vleis skade te kry op die Barnes x wat ook belangrik is. Al die bokke wat ek met Barnes X geskiet het kon ek nie 'n verskil agterkom dat hulle langer neem om te sterf teenoor ander koeels nie.

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
Sal nie onnodig wil lood eet nie, maar in "Abc of Reloading" gee hulle redelik aandag aan loodvergiftiging. Die "soliede" lood is blykbaar nie die groot probleem nie, maar in ander verbindings soos by verf en veral wat jy inasem soos met die geloode petrol en wat in toe skietbane in die lug hang.
As kind het ons altyd die windbuks koeels sommer in die mond gehou met 'n paar wat per ongeluk gesluk is. Kan nie van enige nagevolge onthou nie.
Ek verstaan die Sierras verbrokkel nie eintlik nie, nie soos PMP nie. Ek wil ook nou Sierras gebruik.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
As gevolg van die lood het jy nie van ernstige gevolge onthou nie. Lood is veral by kinders 'n gevaarlike ding, daarom vermy ek dit nou.Giepie wrote:Sal nie onnodig wil lood eet nie, maar in "Abc of Reloading" gee hulle redelik aandag aan loodvergiftiging. Die "soliede" lood is blykbaar nie die groot probleem nie, maar in ander verbindings soos by verf en veral wat jy inasem soos met die geloode petrol en wat in toe skietbane in die lug hang.
As kind het ons altyd die windbuks koeels sommer in die mond gehou met 'n paar wat per ongeluk gesluk is. Kan nie van enige nagevolge onthou nie.
Ek verstaan die Sierras verbrokkel nie eintlik nie, nie soos PMP nie. Ek wil ook nou Sierras gebruik.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
Onthou lood bou op, dit is nie soos gif dat jy dadelik iets sien nie, en die simtome word baie maal as iets anders gediagnoseer.
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: 175gr Sierra Pro Hunter vir Swartwildebees
Goed, dan is dit so.....
Die Barnes sal voorkeur geniet. Baie dankie vir die raad.
Die Barnes sal voorkeur geniet. Baie dankie vir die raad.