Rudolph V1 6-24xx50mm

Post Reply
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Hugo »

Ek kan niu nie soos oom Piet skiet nie, maar ek kan net dink hoe lekker so scope op my 243 sal werk.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 995
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Kallie Fernhout »

stem saam wag net vir die model met die oop turrets
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by mariusr »

Kan jy glo was seker op 'n jakkels plaas? Kry mens so iets!
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by johnny »

Maruis r

Natuurlik is daar so iets, kyk vlakvark 1 se post hy boer met hulle.

groetnis

Johnny
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Pvdw »

Nee magtag Piet; ek gee op. waar kry jy al daai jakke???

Piet daai is mos die scope wat jy aanbeveel het vir die 6.5X55 waarin ek belang stel. Laas het jy nog gesê jy wil hom in die aand toets. Lyk my hy loop toe mooi as die som weg is 8) 8)

Mooi man.

Peet
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Chris Swart »

Ag nee magtag Piet!!!

Los vir die ander manne ook iets oor om te skiet. :laugh: :laugh:

Goeie werk!!!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Piet Breedt »

Dankie almal. Ek was darm nie alleen verantwoordelik vir hierdie klomp nie. Juan snr (JuanPaul hier op die forum) en Juan jnr het almal ook bygedra tot die sukses.

Hier is my volledige bevinding oor die 6 - 24 x 50 Scope.

Van al die Rudolphs wat ek tot nou toe getoets het, is ek verseker die meeste tevrede met hierdie een. Selfs op sy grootste vergroting is hy verstommend helder in die dag, en is sy "tracking" absoluut betroubaar. Toe ons die lang gong challenge oefendag gehou het, het ek met so n Rudolph op my .260 Rem 92 clicks moes opdraai om die 850m gong baie suksesvol by te kom. Ek het hom na die tyd weer afgedraai na sy 100m merk, en 3 skote in die plakker op 100m geskiet. Dit wil gedoen wees. Dit is meer as een volle draai, + n halwe op sy turret. As jy hom vra om n duim en n half te skuif, dan skuif hy presies dit.

Hennie Breytenbach skiet met so scope in die SAJSV veldskiet kompetisies op sy Howa .243 en het nou al een 1ste en 2 x 3de plekke behaal in die onlangse verlede. Hierdie afgelope naweek weer n 3de plek by die Mpumalanga Ope.

My mening is dat hierdie n uiters goeie koop is, en absoluut die idiale scope is om te koop vir iemand met n beperkte budget wat nie R15,000.00 - R20, 000.00 kan bekostig vir die groot naam scopes nie, en wat wil baanskiet en jag met n groterige vergroting scope soos hierdie een. Sy kruishaar is definitief een van die beste wat ek nog gebruik het, en Andre Volschenk wat hom ontwerp het vir veldskiet kan definitief n pluimpie daarvoor ontvang.

Die scope se nagskiet vermoe is nie die beste wat ek al mee geskiet het nie, aangesien meeste scopes met n groot vergroting en paralax verstelling nie die beste keuse is vir nagskiet, aangesien sy "field of view" te klein raak op die groot verstellings, asook dat hy dan te sensitief is vir die korekte paralax verstelling. Maar so ook geld dit vir groot naam teleskope met groot vergrotings.

Nietemin het hy baie goed gewerk op sy verstelling so tussen maks 12 x af tot by 6 x vergroting. Sy helderheid in die nag op die kleiner vergrotings was heeltemal aanvaarbaar en was glad nie n probleem gewees.

Ek het meeste skietwerk op 8 x vergroting gedoen, en daar was hy mooi helder. Ek het selfs so 3 x jakke in die hardloop ge kap, een so op ongeveer 120 - 140m in volle vaart dwars, besig om te probeer ontsnap van die 75gr A - Max'e.

Ek sal die scope nie as my eerste keuse nagskiet scope beskou nie, maar hy kan beslis die werk goed doen, soos wat hier bewys was. Daar was so paar jakkalse wat regtig baie ver was vir die nag, en getuig van sy aanwendings vermoe.
Eerste keuse nagskiet scopes sal waarskynlik nie n groter vergroting as n 12 x moet he, en ook n 56mm objektiewe lens moet he.

Ek is so tevrede met hierdie scope dat ek nou al 2 in my besit het, en geniet dit elke keer om met hulle te skiet.
Vir iemand wat nou begin, of iemand wat nie baie geld wil uithaal vir n "naam" teleskoop, is dit regtig n baie goeie waarde vir geld teleskoop en kan ek dit met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Marc »

Dankie Oom Piet

My 243 kry ook een, sy skippie moet net dok ;)

Mooi loop
Marc
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Piet Breedt »

User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Piet Breedt »

Last edited by Piet Breedt on Sun Apr 14, 2013 8:10 pm, edited 2 times in total.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Piet Breedt »

Ek wil binnekort weer daar gaan roep
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by Flip Nel »

Sorry dit van topic af, Oom Piet ek sukkel om jou met die PM in die hande te kry, kan Oom my asb. dalk kontak op FlipNel@hotmail.com

groete

Flip
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by vlakvark1 »

Hierdie is darem netjies oom Piet

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/JakkalseManjohApril2013008_zps19b6e029%5B1%5D.jpg
Last edited by vlakvark1 on Wed Apr 17, 2013 1:40 pm, edited 1 time in total.
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by vlakvark1 »

mariusr wrote:Kan jy glo was seker op 'n jakkels plaas? Kry mens so iets!
johnny wrote:Maruis r

Natuurlik is daar so iets, kyk vlakvark 1 se post hy boer met hulle.

groetnis

Johnny
Julle moet nie spot nie ;D ;D

Lyk my ek moet vir oom Piet kry hy weet hoe om met n jak tewerk ;)
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by BenG »

Wat kos hy?
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Rudolph V1 6-24xx50mm

Post by BenG »

Dankie.
Post Reply